Die soen van Judas (tussen 1304 en 1306, deur Giotto di Bondone) beeld Judas se soen uit om Jesus te verraai in die Tuin van Getsemane.
Judas Iskariot (Koine: Ἰούδας Ἰσκαριώτης; KlassiekeSiries: ܝܗܘܕܐ ܣܟܪܝܘܛܐ; oorlede omstreeks 30 of 33 n.C.) was 'n dissipel en een van die oorspronklik 12apostels vanJesus Christus. Volgens al vierevangelies het Judas Jesus aan die priesterhoofde veraai in dieTuin van Getsemane deur hom op die wang te soen en hom as "Rabbi" aan te spreek om hom in die donker te identifiseer aan die skare wat gekom het om hom gevange te neem.[1] Sy naam word dikwels gebruik in verband met verraad.
Markus verskaf geen motief vir Judas se verraad nie, maar sê Jesus het die verraad voorspel op die paasmaaltyd, 'n gebeurtenis wat ook in al die ander evangelies beskryf word. VolgensMatteus het Judas dit gedoen in ruil vir 30 silwermuntstukke.Lukas enJohannes beweerSatan het in Judas ingevaar. Volgens Matteus 27:1-10 het Judas, nadat hy gehoor het Jesus word tot die dood veroordeel, probeer om die geld terug te gee wat hy vir sy verraad gekry het enselfmoord gepleeg deur hom op te hang. Die priesterhoofde het die geld gebruik om 'n stuk grond te koop om vreemdelinge in te begrawe. Hulle het dit "Akeldama" (Bloedgrond) genoem omdat dit met bloedgeld gekoop is.Handelinge 1:18 haalPetrus aan wat sê Judas het self die stuk grond gekoop. "Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul." Sy plek onder die 12 apostels is later deurMattias ingeneem.
Weens sy berugte rol in al die evangelies bly Judas 'n omstrede figuur in dieChristelike geskiedenis. Sy verraad word beskou as die begin van die gebeure wat tot Jesus sekruisiging enopstanding gelei het, en dit het volgens die Christeliketeologie redding vir die mensheid bewerkstellig. Volgens dieGnostieseEvangelie volgens Judas – wat deur die proto-ortodokse Kerk askettery verwerp word – het Judas sy dade uitgevoer omdat hy gehoorsaam was aan opdragte wat Jesus aan hom gegee het, en was hy die enigste dissipel wat Jesus se ware leringe geken het.
Sedert dieMiddeleeue is Judas soms uitgebeeld as 'n verpersoonliking van dieJoodse volk en sy verraad is gebruik om Christelikeantisemitisme te regverdig.[2]