Zelt Musik Festival 2015. Freiburg,DuitslandZelt Musik Festival 2015. Freiburg, Duitsland
Juan Vasquez Esteban Aristizabal (gebore9 Augustus1972 inMedellín,Antioquia,Colombia), beter bekend asJuanes is 'nsanger,liedjieskrywer, regisseur en aktivis. Hy sing Colombiaansepop enrock wat inSpaans versmelt is met verskillende musikale ritmes. Hy is ook 'n uitgesproke aktivis vir maatskaplike en humanitêre kwessies. Sy verhoognaam, Juanes, is sy bynaam uit sy kinderjare, en is 'n samestelling van sy eerste naam en die eerste lettergreep van die tweede. Juanes het 'n deel van sy kinderjare in die munisipaliteit van Carolina del Principe (westelike Colombia) en later in Medellín deurgebring.
Juanes het wêreldwyd meer as miljoen eksemplare van sy vier albums verkoop, en dié was suksesvol op al vyf kontinente. Hy is 'n wydreisende sanger na Spaanssprekende lande, en is die mees erkende kunstenaar in Colombia.