Hy is inBalcarce,Argentinië gebore. Hy het sy renloopbaan in1934 inSuid-Amerika begin, hoofsaaklik in langafstandwedrenne en is in 1940 en 1941 as die nasionale kampioen gekroon. Die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog het sy opgang vertraag en hy kon eers in 1947 inEuropa begin deelneem.
Hy was aanvanklik nie baie suksesvol nie, maar dit het alles verander toe hy virAlfa Romeo begin jaag het in 1950. Hy het die tweede plek in die kampioenskap van 1950 beklee en sy eerste titel in 1951 verower. Hy het goed gedoen in die 1952-seisoen in 'nMaserati totdat sy seisoen kortgeknip is deur 'n nekbesering wat hy in 'n ernstige ongeluk te Monza inItalië opgedoen het. In 1954 het hy weer teruggekeer en in 'n Maserati begin jaag en oorgeskakel naMercedes toe hulle in die middel van die seisoen ingeskryf het. Hy het in daardie jaar agt van die twaalf wedrenne gewen (ses van die agt wat deel gevorm het van die amptelike kampioenskapskalender) en weer vir Mercedes in 1955 gejaag. Teen die einde van die tweede suksesvolle seisoen (wat oorskadu is deur die tragiese ramp teLe Mans waarin 81 toeskouers gesterf het), het Mercedes al die 1955-titels gewen en toe onttrek uit Formule Eenwedrenne.
In 1956 het Fangio naFerrari verskuif waar hy vir Alberto Ascari vervang het wat in 'n ongeluk gesterf het en toe sy vierde titel verower, deur eerste in drie wedrenne te eindig en tweede in al die oorblywende kampioenskapswedrenne. In 1957 het hy weer sy terugkeer na Maserati gemaak waar hy sy vyfde titel gewen het met 'n uitsonderlike poging om sy finale oorwinning by dieNürburgring inDuitsland te verseker. Na sy reeks agtereenvolgende kampioenskappe het hy in 1958 afgetree ná dieFranse Grand Prix na hy 24 Grands Prix gewen het uit 'n totaal van 51 waaraan hy deelgeneem het.
Hy is op 23 Februarie 1958 deurKubaanse rebelle ontvoer maar is later weer vrygelaat. Hy was daarna tot en met sy dood 'n verteenwoordiger virMercedes-Benz, waar hy dikwels in sy voormalige renmotors in vertoonrondtes deelgeneem het. In1990 is hy ingelyf by die Internasionale Motorsport se Ererol. Hy is na sy dood in die Ciudad de Balcarce begraafplaas in Argentinië begrawe.