Jovianus (Grieks: Ἰοβιανός; 331 - 17 Februarie 364) was van Junie 363 tot Februarie 364 keiser van dieRomeinse Ryk. Hy was lid van die keiserlike wag en het keiserJulianus vergesel op sy veldtog teen dieSassanidiese Ryk. Ná Julianus se dood tydens die veldtog is Jovianus deur die soldate tot keiser verklaar. Met die leër én voorraad wat uitgeput was en omdat hy nie in staat was om dieTigrisrivier oor te steek nie, het hy op vernederende terme vrede metPersië gesluit. Ná sy aankoms inEdessa het Jovianus ’n petisie van biskoppe ontvang oor dieChristelike geloof, en teen September 363 het hy dit weer die staatsgeloof gemaak.
Teen Desember 363 het Jovianus byAncyra sy babaseun, Varronianus, konsul gemaak.[1] Terwyl hy van daar op pad terug was naKonstantinopel, is Jovianus op 17 Februarie 364 by Dadastana, halfpad tussen Ancyra enNicea, dood in sytent aangetref.[2] Sy dood, wat nooit ondersoek is nie,[3] was moontlik as gevolg van giftige gasse van die nuut geverfde slaapkamermure.[4][3][1][5] Jovianus was 33 toe hy dood is. Hy is opgevolg deur twee broers,Valentinianus I enValens, wat die ryk tussen hulle verdeel het.[6]
Valentinianus en Valens het enige bedreigings vir hulle amp uit die weg geruim.[7] Jovianus se seun, Varronianus, is verblind om te verseker hy sou nooit op die troon sit nie.[7]
Baynes, Norman H. (1967). "Constantine's Successors to Jovian: And the Struggle with Persia". In Gwatkin, H.M.; Whitney, J.P. (reds.).The Cambridge Medieval History. Vol. I. Cambridge at the University Press. p. 55-86.ISBN9781463690311.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Curran, John (1998). "From Jovian to Theodosius". In Cameron, Averil; Garnsey, Peter (reds.).The Cambridge Ancient History: The Late Empire, A.D. 337-425. Vol. XIII (2de uitg.). Cambridge University Press. p. 78-110.ISBN978-0521302005.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Lenski, Noel (2002).Failure of Empire: Valens and the Roman State in the Fourth Century A.D. University of California Press.ISBN978-0520-23332-4.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Treadgold, Warren (1997).A History of the Byzantine State and Society. Stanford University Press.ISBN9780804726306.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)