Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Joule

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Diejoule (J) is 'n energie-eenheid wat gebruik word om alleenergie mee te meet. Dit is na die19de-eeusewetenskaplikeJames Prescott Joule vernoem.

Die eenheidsstelling vir energie is[Nota 1]

E=Fx=max =MLT2L=ML2T2{\displaystyle E=F\cdot x=m\cdot a\cdot x\ =M\cdot {\frac {L}{T^{2}}}\cdot L={\frac {M\cdot L^{2}}{T^{2}}}}

waar

E is energie
F is druk
x is afstand
m is massa
M is massa (basiseenhgeid)
L is lengte (basiseenheid)
a is versnelling
t is tyd
T is tyd (basiseenheid)

Dus is die basiseenheidsstelling vir die joule

J=Nm=kgms2m=kgm2s2{\displaystyle {\rm {J=N\cdot m={\frac {kg\cdot m}{s^{2}}}\cdot m={}{\rm {\frac {kg\cdot m^{2}}{s^{2}}}}}}}

Die joule is 'n betreklik klein energie-eenheid. 'n Huishoudelikegloeilamp van 100watt gebruik 100 Jelektriese energie per sekonde. Die meeste verskaffers vanelektrisiteit meet elektriese energie in 'n nie-SI-eenheid, diekilowatt-uur. Dit is gelyk aan 3 600 000 joule. Maar die kilowatt-uur is 'n klein eenheid om die energieverbruik van 'nland mee te meet. 'n Groter eenheid wat hiervoor gebruik word, is diemtce. Dit is die energie wat verkry word uit 'n miljoentonsteenkool en is gelyk aan ongeveer 10 miljard kilowatt-uur. In1978 was die totale energieverbruik van dieVerenigde State 339,8 mtce.

Notas

[wysig |wysig bron]
  1. Simbole volg die aanbevelings vanISO 80000

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Joule&oldid=1802942"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp