Jonathan Larson | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 4 Februarie 1960 White Plains,New York |
Sterf | 25 Januarie 1996 (op 35) New York |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | komponis van musiekblyspelRENT |
Jonathan Larson (4 Februarie1960 –25 Januarie1996) was 'nAmerikaansekomponis.
Larson is in White Plains,New York, gebore. Hy het van jongs af inmusiek belang gestel en het ook op hoërskool musiek gespeel. As student het hy aanvanklik vir klein produksies begin komponeer.
Larson het later toneelstukke begin skryf. Sy eerste musiekblyspel wasSacraimmorality. Gedurende die 1980's is dit opgevoer onder die titelSaved on 42nd Street.
Tussen 1983 en 1990 het LarsonSuperbia geskryf, 'n futuristiese rockmusiekblyspel. Dit is gegrond op 'n vroeëre poging van Larson om 'n musiekblyspel vanGeorge Orwell seNineteen Eighty-Four te maak, maar Larson het nie die nodige regte hiervoor verkry nie.[1]Superbia is nog nooit as 'n musiekblyspel opgevoer nie.
Larson se volgende projek was 'n rockmonoloog;Boho Daya. Die titel het later verander na30/90 en is vandag bekend onder die titelTick, Tick... BOOM!. Die stuk is geskryf in reaksie op die industrie se weiering om sySuperbia te laat opvoer. Die vertoning is op buite-Broadway (off-Broadway) vertoon. Hierdeur het hy vir Stephen Sondheim, ‘n bekende komponis, ontmoet, wat hom by verskeie vervaardigers sou aanbeveel.
Die skrywer Billy Aronson het in 1988 'n moderne weergawe vanLa Bohème geskryf. Vanaf 1989 het Larson saam met hom begin werk. In 1991 het hy gevra of hy die projek heeltemal kan oorneem omrede hy sy eie lewenservaring deel wou maak daarvan.
Die musiekblyspelRENT is in 1996 op die planke gebring en het 'n groot sukses geword. Larson kon nie die sukses van die musiekblyspel beleef nie, aangesien hy op 25 Januarie 1996dood is aan 'n aorta disseksie, veroorsaak deur Marfan se sindroom.