Depp word beskou as een van die beste akteurs ter wêreld.[2][3] Hy het in die 1980's bekend geraak in dietelevisiereeks21 Jump Street en ’n tienerafgod geword. Sedertdien het hy uitdagende rolle aanvaar – onder meer inOliver Stone seViëtnamoorlogsprentPlatoon (1986), die donker romantiese fantasieEdward Scissorhands (1990), die drama oor ’n disfunksionele gesinWhat's Eating Gilbert Grape (1993, saam met ’n jongLeonardo DiCaprio), die biografiese prentEd Wood (1994) en die misdaaddramaDonnie Brasco (1997).
Hy het ook sukses behaal in die fantasie-avontuurprentSleepy Hollow (1999), die fantasieprentPirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl (2003) en sy opvolge, die musiekavontuurfliekCharlie and the Chocolate Factory (2005), die semibiografieFinding Neverland, die fantasieprentAlice in Wonderland (2010) en as die stem van die titelkarakter in dieanimasie-aksiekomedie-westernRango (2011).
Depp is vir verskeie rolprentpryse benoem, onder meer drieOscars. Hy het ’n Golden Globe gewen virSweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street (2007) asook ’n Screen Actors Guild Award virPirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl. DieGuinness World Records het hom in 2012 gelys as die akteur wat die meeste verdien ($75 miljoen).[4]
Depp was van 2015 tot 2017 met die aktriseAmber Heard getroud. Hulegskeiding het media-aandag getrek met Heard wat beweer het dat Depp dwarsdeur hul verhouding beledigend was en belowe het om haar egskeidingsooreenkoms van $7 miljoen aan liefdadigheid te skenk.[6] In 2018 het Depp die uitgewers van die Britse poniekoerantThe Sun vir laster gedagvaar en Heard van mishandeling beskuldig. In 2020 het 'n regter bevind dat die gedrukte artikel "wesenlik waar" was.[7] Vroeg in 2019 het Depp Heard gedagvaar vir laster oor 'n opinie wat sy oor huishoudelike mishandeling inThe Washington Post geskryf het. In 2020 het Heard 'n teensaak teen Depp aanhangig gemaak. Die verhoor Depp v. Heard het in April 2022 inVirginia begin.