Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

John Wayne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Wayne
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
GeboortenaamMarion Robert Morrison
AliasDuke; Duke Morrison
Geboorte26 Mei1907
Winterset,IA (VSA)
Sterfte11 Junie1979
Los Angeles,CA (VSA)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur, regisseur, rolprentvervaardiger
RolprenteTrue Grit,The War Wagon
Webwerfwww.johnwayne.com
ToekenningsOscar & Golden Globe virTrue Grit
Internet-rolprentdatabasis-profiel

John Wayne (1907 – 1979) was 'n Oscar- en Golden Globe-bekroonde Amerikaanse rolprentakteur. Hy was die verpersoonliking van robuuste manlikheid en het 'n blywende Amerikaanse ikoon geword. Hy is beroemd vir sy kenmerkende stem, stap en lengte. Hy was ook bekend vir sy konserwatiewe politiese sienings en sy ondersteuning vir anti-kommunistiese posisies in die 1950's.

Die plakaat vir die 1938-rolprent,Pals of the Saddle.

Sy loopbaan het met stilprente in die 1920's begin en hy was 'n beroemde rolprentster van die 1940's tot die 1970's. Hy word veral geassosieer met Wilde Weste-prente en oorlogprente, maar hy het ook in 'n wye verskeidenheid ander rolprente verskyn: biografieë, romantiese komedies, polisiedramas en ander. Hy het nou saam met die regisseurs John Ford en Howard Hawks gewerk. Saam met Hawks maak hy die beroemde trilogie:Rio Bravo,El Dorado enRio Lobo. Alhoewel Wayne in byna 200 rolprente verskyn het, het hy slegs een keer 'nOscar-toekenning gewen: as beste manlike hoofrol inTrue Grit (1969). Hy is ook vir dieselfde toekenning genomineer vir sy rol inSands ofIwo Jima (1950) en as beste produsent virThe Alamo (1960).

Te wyte aan sy kettingrokery is Wayne in 1964 gediagnoseer met longkanker: hy het 'n operasie ondergaan waartydens sy linker long verwyder is. Vyftien jaar later word hy met maagkanker gediagnoseer en beswyk hy op 72-jare ouderdom daaraan.

In 1999 het dieAmerican Film Institute Wayne tot die 13de geweldigste manlike ster ter aller tye benoem.

Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=John_Wayne&oldid=2779228"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp