| John Flamsteed |
 |
Portret van John Flamsteed deur Godfrey Kneller in 1702 |
|
| Gebore | 19 Augustus1646 Denby, Derbyshire, Engeland |
|---|
| Oorlede | 31 Desember 1719 (op 73) Burstow, Surrey, Engeland |
|---|
| Nasionaliteit | Engeland |
|---|
| Vakgebied | Sterrekunde |
|---|
| Alma mater | Jesus College, Cambridge |
|---|
| Bekend vir | Eerste koninklike sterrekundige |
|---|
| Invloed op | Joseph Crosthwait, Abraham Sharp |
|---|
John Flamsteed (19 Augustus1646 –31 Desember1719) was ’nEngelsesterrekundige en die eerste koninklike sterrekundige (Engels: Astronomer Royal). Hy het meer as 3 000sterre aangeteken.[1]
Flamsteed is in 1646 in Denby,Derbyshire,Engeland, gebore. In ’n tyd toe hy sy studies moes staak weens siekte, het hy ’n belangstelling ontwikkel inwiskunde ensterrekunde. Op 12 September 1662 het hy sy eerste gedeeltelikesonsverduistering gesien. Hy het ook verskeie boeke gelees wat sy belangstelling in verskeie aspekte van sterrekunde geprikkel het. In Augustus 1665 het hy op 19-jarige leeftyd sy eerste sterrekunde-artikel,Mathematical Essays, geskryf oor die ontwerp, gebruik en bou van ’n sterrekundige hoekmeter.
Op 4 Maart 1675 is hy deur koningKarel II aangestel as die eerste koninklike sterrekundige. In Junie 1675 is die stigting van die koninklike Greenwich-sterrewag gelas. In Februarie 1676 het hy ’n fellow van dieRoyal Society geword en in Julie het hy in die sterrewag ingetrek, waar hy tot in 1684 gewoon het toe hy as priester in Burstow,Surrey, aangestel is. Hy was ’n priester en die koninklike sterrekundige tot met sy dood.
Flamsteed het die sonsverduisterings van 1666 en 1668 korrek bepaal. Hy was verantwoordelik vir die eerste bekende waarneming van dieplaneetUranus, hoewel hy dit vir ’n ster aangesien en as "34 Tauri" in sy katalogus aangeteken het.
As koninklike sterrekundige het Flamsteed sowat 40 jaar bestee aan die bestudering van sterre vir sy katalogus, waarin die inskrywings inTycho Brahe se lugatlas eindelik verdriedubbel is. Hy wou nie sy werk bekend stel met ongeverifieerde data nie en daarom het hy sy onvolledige rekords in Greenwich toegesluit. In 1712 hetIsaac Newton, toe president van die Royal Society, enEdmund Halley die data verkry en ’n katalogus gepubliseer. Flamsteed het 300 van die 400 gedrukte eksemplare in die hande gekry en hulle verbrand.[2]
In 1725 is Flamsteed se eie weergawe van dieHistoria Coelestis Britannica ná sy dood gepubliseer. Dit het ’n katalogus ingesluit met 2 935 sterre waarvan die gegewens akkurater was as in enige vorige werk. Dit is beskou as die eerste merkwaardige bydrae van die Greenwich-sterrewag en die numerieseFlamsteed-name vir sterre wat in daaropvolgendeFranse weergawe verskyn het, word vandag steeds gebruik.[3]
Die krater Flamsteed op diemaan is na hom genoem, asook dieasteroïde (4987) Flamsteed en verskeie skole en kolleges inDerbyshire.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Akademie | |
|---|
| Mense | |
|---|
| Ander | |
|---|