Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

John Bolton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Bolton
John Bolton

27ste Nasionale Veiligheidsadviseur van dieVerenigde State
Ampstermyn
9 April 2018 – 10 September 2019
ViseNadia Schadlow
Ricky L. Waddell
Mira Ricardel
Charles Kupperman
PresidentDonald Trump
Voorafgegaan deurH.R. McMaster
Opgevolg deurCharles Kupperman (waarnemend)

25ste Ambassadeur van dieVerenigde State in dieVerenigde Nasies
Ampstermyn
2 Augustus 2005 – 31 Desember 2006
PresidentGeorge W. Bush
Voorafgegaan deurJohn Danforth
Opgevolg deurZalmay Khalilzad

3rde Adjunkminister van Buitelandse Sake vir Wapenbeheer en Internasionale Veiligheid
Ampstermyn
11 Mei 2001 – 31 Julie 2005
PresidentGeorge W. Bush
Voorafgegaan deurJohn D. Holum
Opgevolg deurRobert Joseph

18de Assistentminister van Buitelandse Sake vir Internasionale Organisasies
Ampstermyn
22 Mei 1989 – 20 Januarie 1993
PresidentGeorge H. W. Bush
Voorafgegaan deurRichard S. Williamson
Opgevolg deurDouglas J. Bennet

Minister van Justisie vir die Siviele Afdeling
Ampstermyn
1988 – 1989
PresidentRonald Reagan
Voorafgegaan deurRichard K. Willard
Opgevolg deurStuart M. Gerson

Adjunkminister van Justisie vir die Kantoor van Wetgewende Sake
Ampstermyn
1985 – 1988
PresidentRonald Reagan
Voorafgegaan deurRobert A. McConnell[1]
Opgevolg deurThomas M. Boyd[2]

Assistentadministrateur vir die Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling vir Program- en Beleidkoördinasie
Ampstermyn
1982 – 1983
PresidentRonald Reagan
Voorafgegaan deurAlexander Shakow[3]
Opgevolg deurRichard A. Derham[4]

Persoonlike besonderhede
Gebore20 November 1948 (1948-11-20) (76 jaar oud)
Eggenoot/-noteChristine Bolton (∞ 1972, geskei in 1983)
Gretchen Smith Bolton (∞ datum onbekend)
Kind(ers)Jennifer Sarah
Alma materYale-universiteit (BA summa cum laude, JD)
ReligieLutheranisme

John Robert Bolton (gebore20 November1948 inBaltimore,Maryland) is 'nAmerikaanse prokureur, politieke kommentator, konsultant (in diens van dieRepublikeinse Party), regeringsamptenaar en vroeëre diplomaat wat van 9 April 2018 tot 10 September 2019 die amp van 27ste Nasionale Veiligheidsadviseur van die Verenigde State beklee het.

Bolton is 'n gewese senior vennoot van dieAmerican Enterprise Institute (AEI) en kommentator vir die nuuskanaalFox News Channel. Hy was adviseur oor buitelandse beleid virMitt Romney, die Republikeinse Party se kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 2012. Bolton was betrokke by 'n verskeidenheid konserwatiewe organisasies, waaronder dieGatestone Institute waar hy tot Maart 2018 as voorsitter gefungeer het, en as 'n direkteur vir die Projek vir die Nuwe Amerikaanse Eeu (Project for the New American Century) wat vir die militêre intervensie inIrak gepleit het.

Bolton word deur politieke opponente as oorlogsvalk beskryf, onder meer weens sy steun vir regimeverandering inIran,Sirië,Libië,Venezuela,Kuba,Jemen enNoord-Korea. Ondanks sy betrokkenheid by organisasies wat as «neokonserwatief» bestempel word, hou Bolton nie daarvan om as aanhanger van hierdie stroming binne die Amerikaanse politiek gekategoriseer te word nie.

Bolton het hom as 'n kenner van Britse politiek voorgedoen en het persoonlike kontak met 'n verskeidenheid Britse politici. Die Verenigde Koninkryk (VK) seonttrekking uit dieEuropese Unie geniet sy entoesiastiese steun. So het hy 'n omvattende bilaterale handelsooreenkoms in die vooruitsig gestel.[5] Kritiese Britse kommentatore vrees dat Bolton se ware agenda een of ander soort regimeverandering in die VK was wat die land se internasionale status tot dié van 'n Amerikaanse vasalstaat sou laat daal.[6]

John Bolton kom uit 'n beskeie agtergrond. Hy is gebore as seun van Virginia Clare, 'n huisvrou, en haar eggenoot Jack Bolton, 'n brandweerman in Baltimore. Hy het die grootste gedeelte van sy kinderjare in Yale Heights, 'n werkersklasbuurt in Baltimore se Suidwesdistrik, deurgebring. Hy was 'n briljante leerder wat 'n beurs verwerf het om aan die prestigieuse McDonough-skool in Owings Mills, Maryland te studeer.

Op 10 September 2019 het presidentDonald Trump aangekondig dat John Bolton van sy pos as nasionale veiligheidsadviseur onthef sal word. Blykbaar was daar meningsverskille oor baie van Bolton se voorstelle.[7]

Bolton publiseer syoutobiografie in Junie 2020, getiteldThe Room Where It Happened.[8]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "PN690 – Nomination of John R. Bolton for Department of Justice, 99th Congress (1985–1986)".www.congress.gov (in Skotse Gallies). 16 Desember 1985.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020. Besoek op22 Julie 2018.
  2. "PN1250 – Nomination of Thomas M. Boyd for Department of Justice, 100th Congress (1987–1988)".www.congress.gov (in Skotse Gallies). 14 Oktober 1988.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020. Besoek op22 Julie 2018.
  3. "Ronald Reagan: Nomination of John R. Bolton To Be an Assistant Administrator of the Agency for International Development".www.presidency.ucsb.edu (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2018. Besoek op22 Julie 2018.
  4. "Ronald Reagan: Nomination of Richard A. Derham To Be an Assistant Administrator of the Agency for International Development".www.presidency.ucsb.edu (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2018. Besoek op22 Julie 2018.
  5. CNN Politics, 12 Augustus 2019: Bolton pushes for Brexit, telling UK officials ‘we are with you’. Besoek op 13 Augustus 2019
  6. Simon Tisdall:John Bolton doesn’t want a trade deal with the UK – he wants to colonise us. In:The Guardian, 13 Augustus 2019. Besoek op 14 Augustus 2019
  7. The Washington Post, 10 September 2019: Bolton out as national security adviser after clashing with Trump. Besoek op 10 September 2019
  8. Baker, Peter (17 Junie 2020). "Bolton Says Trump Impeachment Inquiry Missed Other Troubling Actions".The New York Times. Besoek op 17 Junie 2020.
Wikimedia Commons bevat media in verband metJohn R. Bolton.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=John_Bolton&oldid=2214523"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp