Joas was die agtste koning van diekoninkryk van Juda en het 40 jaar regeer. Hy was uit die familie vankoning Dawid en die seun van koningAhasia. Hy is as baba deur prinsesJehoseba gered en vir 6 jaar in dietempel inJerusalem versteek, nadatAtalia, koning Ahasia se moeder, al die aanspraakmakers op die troon laat vermoor het. Toe hy 7 jaar oud was het die priesterJojada vir Atalia laat doodmaak en Joas as koning laat verklaar. Volgens dieBybel het hy aanvanklik gedoen wat reg was in die oë van die Here, maar het later na die vleitaal van die volk se leiers geluister en die seun van die priester Jojada laat vermoor. Hy is opgevolg deur sy seunAmasia.