Jo-Ann Strauss | ||
![]() | ||
Gebore | 3 Februarie 1981 (1981-02-03) (44 jaar oud) | |
Plek | Kaapstad,Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | ![]() | |
Geboortenaam | Jo-Ann Cindy Strauss | |
Beroep | TV-aanbieder, model, sakevrou | |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. Suid-Afrika 2000 | |
Haarkleur | Bruin | |
Oogkleur | Bruin | |
Persoonlike gegewens | ||
Webtuiste | http://www.joannstrauss.com/ |
Jo-Ann Strauss (*3 Februarie1981 inKaapstad) is ’nSuid-Afrikaansemodel, TV-persoonlikheid en sakevrou. Sy is in2000 asMej. Suid-Afrika gekroon en het die land in 2001 by die Mej. Heelal-kompetisie inPuerto Rico verteenwoordig, sowel as die Mej. Wêreld-kompetisie bySun City, Suid-Afrika.[1]
Strauss het haarBA-graad aan dieUniversiteit Stellenbosch verwerf. Jo-Ann het in haar jaar as Mej. Suid-Afrika haar medialoopbaan by dieAfrikaanse TV-geselsprogramPasella begin en was daarna ook op die Engelse leefstylprogramTop Billing, waar sy onderhoude gevoer het met belangrike persoonlikhede soosCharlize Theron,Antonio Banderas enGeorge Clooney. Sy was 'n voorbladmeisie op meeste Suid-Afrikaanse tydskrifte.[2] ’n Jaar ná haar kroning het sy aan die sterweergawe vanBig Brother South Africa deelgeneem, waar sy tweede geëindig het. Sy was te sien in die 2001 musiekvideo van die Ierse popgroep Westlife se enkelsnitWhen You're Looking Like That.
Op 10 Junie 2010 het Jo-Ann die openingseremonie vir die 2010 FIFA Wêreldbeker in Suid-Afrika vir die Duitse televisienetwerk ZDF aangebied saam met Thomas Gottschalk in 'n regstreekse uitsending vanaf Johannesburg.[3]
Voorafgegaan deur Heather Joy Hamilton | Mej. Suid-Afrika 2000 | Opgevolg deur Vanessa Carreira |