Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Jim Carrey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jim Carrey
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jim Carrey in 2020

GeboortenaamJames Eugene Carrey
Geboorte17 Januarie 1962 (1962-01-17) (63 jaar oud)
Newmarket,Ontario,Kanada
NasionaliteitKanadees,Amerikaans
Aktiewe jare1981-
Internet-rolprentdatabasis-profiel

James Eugene "Jim" Carrey (gebore 17 Januarie 1962) is 'nKanadees-Amerikaansekomediant enakteur. Hy is veral bekend vir sy verskillende gesigsuitdrukkings in komedies. Sy films sluit in:The Truman Show (1998) enHow the Grinch Stole Christmas (2000).[1] Hy het meer as veertig filmpryse gewen, waaronderGolden Globes virThe Truman Show enMan on the Moon (1999).

Lewensloop

[wysig |wysig bron]

Carrey is op17 Januarie1962 in Newmarket inOntario gebore. Hy is die jongste van Percy en Kathleen Carrey se vier kinders. Hy tree al van kindsbeen voor enige iemand op wat bereid is om te kyk.

Carrey ly aanaandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring. Op 10 stuur hy sycurriculum vitae aan die Carol Burnett-show en op hoërskool mag hy elke dag aan die einde van sy lesse vir tien minute optree, op voorwaarde dat hy hom vir die res van die dag gedra.

Sy familie was arm en hy moes as tiener na skool in die Titan Wheels-fabriek inScarborough werk. Hulle gesin het vir 'n geruime tyd in 'n Volkswagen-kampeerwa woon.

Hy verlaat skool op 16 en begin om in klubs op te tree. In 1979 is hy naHollywood, waar hy deur Rodney Dangerfield ontdek is. Carrey het vanaf 1985 in rolprente verskyn. Hy speel sy eerste hoofrol inOnce Bitten (1985). In die 1990's was hy een van die hoofspelers in die komediereeksIn Living Color, saam met Keenen Ivory Wayans.

Carrey het in Oktober 2004 'n Amerikaanse burger geword (naas sy Kanadese burgerskap).[2]

Filmografie

[wysig |wysig bron]
  • The All-Night Show TV-reeks – Verskillende stemme (1980–1981)
  • Copper Mountain (1983) – Bobby Todd
  • Introducing...Janet (1983) – Toni Moroni
  • The Sex and Violence Family Hour (Video, 1983) – Verskillende rolle
  • All in Good Taste (1983) – Ralph
  • Buffalo Bill TV-reeks – Jerry Lewis-impersonator (Afl.,Jerry Lewis Week, 1984, nie gekrediteer)
  • The Duck Factory TV-reeks – Skip Tarkenton (1984)
  • Finders Keepers (1984) – Lane Bidlekoff
  • Once Bitten (1985) – Mark Kendall
  • Peggy Sue Got Married (1986) – Walter Getz
  • The Dead Pool (1988) – Johnny Squares
  • Earth Girls Are Easy (1988) – Wiploc
  • Mike Hammer: Murder Takes All (Televisiefilm, 1989) – Brad Peters
  • Pink Cadillac (1989) – Comediant
  • High Strung (1991) – De Dood (nie gekrediteer)
  • The Itsy Bitsy Spider (1992) – The Exterminator (Stem)
  • Doing Time on Maple Drive (Televisiefilm, 1992) – Tim Carter
  • Ace Ventura: Pet Detective (1994) – Ace Ventura
  • In Living Color TV-reeks – Verskillende rolle (1990–1994)
  • The Mask (1994) – Stanley Ipkiss
  • Dumb & Dumber (1994) – Lloyd Christmas
  • Batman Forever (1995) – Riddler/Dr. Edward Nygma
  • Ace Ventura: When Nature Calls (1995) – Ace Ventura
  • The Cable Guy (1996) – The Cable Guy
  • Liar Liar (1997) – Fletcher Reede
  • The Truman Show (1998) – Truman Burbank
  • Simon Birch (1998) – Volwassen Joe Wenteworth
  • Man on the Moon (1999) – Andy Kaufman/Tony Clifton
  • Me, Myself & Irene (2000) – Officer Charlie Baileygates/Hank Evans
  • The Grinch (2000) – Grinch
  • The Majestic (2001) – Peter Appleton
  • Pecan Pie (2003) – The Driver
  • Bruce Almighty (2003) – Bruce Nolan
  • Eternal Sunshine of the Spotless Mind (2004) – Joel Barish
  • Lemony Snicket's A Series of Unfortunate Events (2004) – Count Olaf
  • Fun with Dick and Jane (2005) – Dick Harper
  • The Number 23 (2007) – Walter Sparrow/Fingerling
  • Horton Hears a Who! (2008) – Horton (stem)
  • Yes Man (2008) – Carl Allen
  • A Christmas Carol (2009) – Ebenezer Scrooge, Geeste
  • I Love you Phillip Morris (2010) – Steven Russell
  • Mr. Popper's Penguins (2011) – Thomas "Thom" Popper Jr.
  • The Incredible Burt Wonderstone (2013) – Steve Gray
  • Kick-Ass 2 (2013) – Kolonel Stars and Stripes
  • Dumb and Dumber To (2014) – Lloyd

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Stepen M. Silverman –Jim Carrey Becomes New U.S. CitizenGeargiveer 3 Maart 2016 opWayback Machine, People, 13 Oktober 2004

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Jim_Carrey&oldid=2770722"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp