Diejen (円,en?) is die geldeenheid vanJapan. Dit is die derde mees verhandelde geldeenheid in die buitelandse valutamarkte ná dieAmerikaanse dollar en dieeuro. Dit word ook algemeen gebruik as 'n reserwegeldeenheid na die dollar, euro enBritse pond. DieISO 4217-kodes vir jen is JPY en 392. DieLatynse simbool is¥ terwyl dit in Japannees ook met diekanji-simbool円 aangedui word. Soos dikwels inAsië die gebruik is, word groot bedrae dikwels uitgedruk in veelvoude van 10 000 (man, 万), nes dit in Westerse lande in veelvoude van duisend uitgedruk word.
Die jen is in 1872 deur dieMeiji-regering ingevoer as 'n geldstelsel soortgelyk aan dié inEuropa. Dit het die ingewikkelde monetêre stelsel van dieEdo-tydperk, gegrond op die mon, vervang. Die Nuwe Geldeenheid-wet van 1871 het die aanvaarding van die desimale stelsel van jen (1, 圓), sen (1⁄100, 錢), en rin (1⁄1000, 厘) tot gevolg gehad met ronde munte wat in die Weste geslaan is. Die jen is wetlik gedefinieer as 0,78 troois-onse (24,26 g) suiwersilwer, of 1,5 gram suiwergoud. Dieselfde hoeveelheid silwer is vandag ongeveer 1 181 moderne jen werd,[3] terwyl dieselfde hoeveelheid goud ongeveer 3 572 jen werd is.[4] Die wet het Japan ook na die goudstandaard laat oorskakel. (Die sen en rin is uiteindelik aan die einde van 1953 uit sirkulsie verwyder.[5])
↑A law of the abolition of currencies in a small denomination and rounding off a fraction, July 15 1953 Law No.60 (小額通貨の整理及び支払金の端数計算に関する法律,Syōgakutsūka no seiri oyobi shiharaikin no hasūkeisan ni kansuru houritu?))