Jemen (Arabies: ٱلْيَمَنْ,al-Yaman), amptelik dieRepubliek Jemen (ٱلْجُمْهُورِيَّةُ ٱلْيَمَنِيَّةُ,al-Jumhūriyya l-Yamaniyya), is 'nrepubliek in dieMidde-Ooste enWes-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 527 968 km² en het 'n bevolking van 32 140 443 in 2024 gehad.[1] Jemen grens in die noorde aanSaoedi-Arabië, in die noordooste aanOman, in die ooste aan dieArabiese See, in die suide aan dieGolf van Aden, in die suidweste aan dieBab-el-Mandeb en in die weste aan dieRooisee.
In teenstelling met die sentrale deel van dieArabiese Skiereiland het Jemen kontrasterende reliëfs en 'n verskeidenheid van landskappe. Die sentrale gebied is 'n 1 000 tot 3 000 m hoë berglandskap met vrugbare vulkaniese grond. Die hoogste punt van die hele Arabiese Skiereiland is Hadoer Sjoeaib (3 760 m), sowat 50 km suidwes van die hoofstad Sanaa.
In die suidweste van die land is daar ook verskeie hoë pieke. Oos-Jemen bestaan uit 'n plato, wat na die ooste oorgaan in die woestyn Ar Roeb al chali (letterlik: "die leë deel"), een van die mees verlate streke van Saoedi-Arabië. Wes van die sentrale bergland lê 'n middelgebergte wat bekend staan as die Bo-Tihama (500–1 500 m). Dit is 'n weggevrete landskap wat soos 'n muur uit die uitermate droë kusvlakte langs die Rooisee, die Tihama, ontstaan.
Dieklimaat van Jemen word deur die noordewinde en 'n suidwesmoeson oorheers. Die meestereën val in diesomer, terwyl die laagliggende Timaha feitlik geen reën kry nie. Toestande in die hoogliggende Tihama is gunstiger met meer gematigde temperature. Die sentrale bergland het 'n jaarlikse neerslag van 500 tot 1 000 mm. In die hoogste dele van Jemen valsneeu in diewinter.
Daar is geen bevaarbareriviere in Jemen nie. Die meeste riviere loop in 'n oostelike of suidwestelike rigting, maar laasgenoemde riviere bereik nie die see nie. Langs die kus is daar tallekoraalriwwe en klein en groot eilande, waarvan net 'n paar bewoon word. Die Kamaraan-eilande was 'n twisappel tussen Noord- en Suid-Jemen. In 1967 het die bevolking verkies om by Suid-Jemen ingelyf te word, maar in 1972 is die grootste eiland deur troepe van Noord-Jemen beset.
Die presiese bevolkingsyfer van Jemen is onbekend aangesien 'n volkstelling nog nooit gehou is nie. Die mees onlangse skatting (1981) is ongeveer 9 miljoen. Die bevolkingsaanwas word bepaal deur 'n hoë geboortesyfer (sowat 5%) en 'n sterftesyfer van tussen 2 en 4%.
Ongeveer twee derdes van die bevolking woon in die sentrale bergland en Bo-Tihama. Benewens die hoofstad Sanaa is net die hawestad Aden van belang. Die meeste inwoners isMoslems, van wie die meerderheid Saïdiete is. 'n Groot aantal Jemeniete woon in Suid-Jemen. Die onderwys en alle kultuuruitinge word deur dieKoran gereguleer. Laer en voortgesette onderwys, wat gratis is, word hoofsaaklik by Koranskole verskaf.
Dielandbou vorm steeds die fondament van die Jemenitiese ekonomie. Tussen 80 en 85% van die bevolking leef van die landbou, en hoewel dit baie gevarieer is, is dit oor die algemeen nog baie primitief. Die belangrikste landbougebied is die sentrale bergland, waar onder meergraansoorte,sitrusvrugte endruiwe verbou word. Op die hoogliggende dele tussen 2000 en 3000 m wordkoffie verbou.
Koffie uit Jemen word beskou as van die beste ter wêreld en staan bekend as mokka, genoem na die uitvoerhawe Mokka. Langs die sanderige, droë kus wordkatoen, suikerriet en dadels verbou. Ongeveer 5% van die bevolking isnomadies of halfnomadies en beoefen veeteelt.Huide en velle is ’n belangrike uitvoerproduk. Dievisserybedryf is minder belangrik en vis word meestal in die kusstede verbruik.
Na 'nburgeroorlog van sewe jaar (1962–1969) was dieekonomie in 'n benarde toestand. Invoere het toegeneem en uitvoere het tot stilstand gekom. In 1970 het die regering 'n herstelprojek van stapel gestuur: naas landbouhervorming is plaaslike en buitelandse ondernemings gelok omdelfstowwe te ontgin.
Ystererts word op klein skaal in die noorde ontgin enruolie in die suide. Jemenitiese edelsmeewerk,leerware englas is wêreldberoemd. Naas hierdie tradisionele nywerhede is daar min ander nywerhede. DieSowjetunie en dieVolksrepubliek China het enkele nywerhede in Jemen gevestig.
Van die vroegste eeue af is Jemen deur verskillende ryke oorheers, onder meer deur dié van dieRomeine, dieEthiopiërs en diePerse. Na dieEerste Wêreldoorlog het Jemen onafhanklik geword onder die imam ('nIslamitiese titel vir 'n geestelike sowel as politieke leier) Jahja Hamied Said.
Die tydperk tussen die twee wêreldoorloë is gekenmerk deur grensgeskille met Saoedi-Arabië, wat uiteindelik in 1934 in Saoedi-Arabië se guns beslis is. Ondanks die konflikte het Jemen tot dieArabiese Liga toegetree. 'n Staatsgreep teen die imam in 1948 het 'n nuwe periode van verdere onrus ingelui.
Beheer deur dieVAE-ondersteunde Suidelike Oorgangsraad
Beheer deur Tareq Saleh se nasionale weerstandsmagte
Die nuwe imam het vriendskapsbande aangeknoop met onder meer die Sowjetunie, die Volksrepubliek China en Egipte. ’n Misluktestaatsgreep in 1955 het egter getoon dat die era vanabsolutisme verby was, en in 1956 is die eerste kabinet saamgestel.
Sedertdien was daar al meer as 25 kabinette. Na die dood van die imam het die burgeroorlog uitgebreek. Sedertdien het Jemen byna net soveelgrondwette as premiers gehad. Die huidige grondwet dateer uit 1991 en bepaal onder meer hoe die land bestuur moet word deur 'n republikeinse raad van vyf lede, met diepresident asstaatshoof.
Daarbenewens is daar 'n raadgewende vergadering bestaande uit 159 lede. Twintig lede word deur die republikeinse raad benoem en die res word verkies. Die belangrikste aspek van die huidige Jeminitiese politiek is die strewe na eenheid binne die samelewing na die vereniging van Noord- en Suid-Jemen.