Java is 'n veeldoelige, konkurrente, klasgebaseerde,objekgeoriënteerdeprogrammeertaal wat spesifiek ontwerp is om so min as moontlik implementeringafhanklikhede te hê. Dit is bedoel om programmeerders toe te laat om op 'nskryf eenkeer, hardloop enige plek-basis te werk, wat beteken dat die kode wat loop op 'n platform nie hersaamgestel hoef te word om op 'n ander platform te werk nie. Java-toepassings is tipies saamgestel uit bytecode (klaslêer) wat dan kan loop op 'n Java Virtual Machine (JVM), ongeag van die rekenaarargitektuur. Java is een van die gewildste programmeertale in gebruik, veral vir kliëntbedienerwebprogramme, met meer as 10 miljoen gebruikers gerapporteer. Java is oorspronklik ontwikkel en vrygestel deur James Gosling bySun Microsystems (wat sedertdien metOracle Corporation saamgesmelt het). Die taal deel baie van die sintaks van die programmeertaleC enC++.
Die oorspronklike en die verwysinguitvoeder-Java-opstellers, virtuele masjiene, en klasbiblioteke is ontwikkel deur Sun in 1991 en die eerste keer in 1995 vrygestel. In Mei 2007, in ooreenstemming met die spesifikasies van die Java Gemeenskapproses, het Sun Java tegnologie geherlisensieer onder die GNU General Public License. Ander het ook alternatiewe implementering van hierdie Sun tegnologie, soos die GNU Compiler vir Java en GNU CLASSPATH, ontwikkel.
Die sintaks van Java word grootliks beïnvloed deur C++. Java is ontwerp as 'n objek-georiënteerde taal (maar nie as 'n suiwer objek-georiënteerde taal nie, aangesien daar ook primitiewe datatipes bestaan, soos int.)
Java se styl van aanmerkings op kode is soortgelyk aan C++, met 'n spesiale sintaks wat ook beskikbaar is omJavaDocs te skep.
Kritiek gerig op Java sluit in uitvoertyd,[1] die implementasie van generika,[2] hoe getalle wat slegs positief kan wees hanteer word,[3] die implementing van dryfpunt-bewerkings en 'n geskiedenis van sekuriteitsfoute in die hoof JAVM Hotspot.