Java (Balinees enIndonesies:Jawa;Javaans: ꦗꦮ,Soendanees: ᮏᮝ), die wêreld se 13de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 138 793,6 km² en word begrens deur die oopIndiese Oseaan in die suide en dieJavasee in die noorde. Java is die kleinste, maar mees bevolkte en mees suidelike van die vierGroot Soenda-eilande asook die vyfde grootste eiland van dieeilandstaatIndonesië. Dit is in die ooste vanSoematra, in die suide vanBorneo en in die weste van dieKlein-Soenda-eilande geleë. Die Javasee word in die weste deur die Soendastraat en in die ooste deur die Balistraat met die Indiese Oseaan verbind.
Nasa-Satellietbeeld van JavaDjakarta,Indonesië se hoofstad en grootste stad op JavaVerspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
Java is met 'n bevolking van meer as 145 miljoen die mees bevolkte eiland en ook een van die digs bevolkte gebiede ter wêreld. Dit is die kleinste van die vier Groot Soenda-eilande, maar ook die belangrikste een. In Java se noordweste isDjakarta, Indonesië sehoofstad en grootste stad. In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo die plan aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.[1]
Java se naam is moontlik afgelei van dieSanskrit-woordyava vir "gierst", 'n groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrikestapelvoedsel inAsië vorm.[2]
Java het 'n bevolking van sowat 145 miljoen, van wie die meesteJavane is, gevolg deur verwanteetniese groepe soosMaleiers enSoendanese. Java se inheemse en mees gebruiktetaal is Javaans,
hoewel dit in Indonesië nie 'namptelike taal is nie; dit is Indonesies wat veral rondom die hoofstad Djakarta gebesig word. In die weste word veral Soendanees gepraat en in die oosteMadoerees en Balinees. Al dié tale behoort tot dieMaleis-Polinesiese tale.Chinees is die moedertaal van dieHan-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Java kom vestig het. Java beskik oor 'n uiters diverse godsdienstige tradisie metIslam,Christendom,Hindoeïsme enBoeddhisme wat al sedert eeue beoefen word, die meerderheid inwoners is egterMoslems.
Java segeologie is gekenmerk deur baie aktiewevulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Net wes van Java isKrakatoa geleë, veral bekend vir sy enorme uitbarsting in 1883. Java se vulkane behoort tot dieRing van Vuur wat dieStille Oseaan vanNieu-Seeland totChili omsirkel.
DieJavaanse kat is nie van Java of Indonesië afkomstig nie. Die naam is egter van die feit ontleen, dat dié kat van dieBalinese kat (wat ook niks met Bali te doen het nie) afkomstig is en dus is 'n soortgelyke naam aan dié katras gegee. As gevolg van die voortgesette verstedeliking en ontbossing word Java se inheemse dierelewe ernstig bedreig; dieJavaanse tier is al uitgestorwe en die Javaanse renoster is ernstig bedreig.