Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Japannese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Japannese tale
Japannees-Ryukyu
Geografiese
verspreiding:
Japanse Argipel
Genetiese
klassifikasie
:
Altaïes (omstrede)
 Japannese tale
Onderafdelings:

Verspreiding van Japannese tale

DieJapannese tale ofJapannees-Ryukyu is 'ntaalfamilie wat uit 12tale bestaan en deur sowat 130 miljoen mense op dieJapanse Argipel gepraat word. Dié taalfamilie bestaan uit twee groepe, naamlikJapannees en dieRyukyu-tale.[1]

Padtekens vir verkeersveiligheid in Kin, Okinawa, in beide Japannees (middel) en Okinawaans (links en regs)

Die grootste tale (volgensmoedertaalsprekers) is:Japannees (129 miljoen), Okinawa-Amami (900 000) en Sakisjima (100 000). Al die Japannese tale word met dieJapannese skryfstelsel, bestaande uitKanji,Hiragana enKatakana, geskryf.

Die Ryukyu-tale word deur sommigetaalkundiges asdialekte van Japannees beskou wat dus gesamentlik as een Japannese taal gegroepeer word. Ander taalkundiges sien egter groter verskille tussen die Ryukyu-tale en Japannees wat nie hierdie klassifikasie regverdig nie.[2] Hulle argumenteer dat Japannees en die Ryukyu-tale nie onderling verstaanbaar is nie. Net die genetiese verwantskap tussen albei takke is 'n algemene konsensus. Die Japannese tale is nie verwant aanJapan se ander inheemse taal,Ainoe, nie; laasgenoemde word dus as 'ngeïsoleerde taal beskou. Soms word dit saam metTurkse,Mongoolse enToengoesiese tale,Koreaans asook Ainoe by dieAltaïese tale gegroepeer, hoewel dit algemeen betwis word.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017)."Japonic".Glottolog 3.0. Jena, Duitsland: Max Planck Institute for the Science of Human History.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op25 November 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. (en)Patrick Heinrich (24 November 2005)."Language Loss and Revitalization in the Ryukyu Islands". The Asia-Pacific Journal. Besoek op17 Maart 2022.
  3. (en)"The Altaic family controversy – Languages Of The World".Languages Of The World. 16 Februarie 2011.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019. Besoek op25 November 2018.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Primêretaalfamilies
Oorkoepelende terme
Taalfamilies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Japannese_tale&oldid=2489126"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp