a.Jokohama is die grootste ingelyfde stad. b. Volgens legende is Japan op die dag gestig deur Keiser Jimmu, eerste keiser van Japan; dit word as hoofsaaklik simbolies beskou.
Japan bestaan uit meer as 3 000eilande;[8] die grootstes daarvan, van suid na noord isKioesjoe,Sjikokoe,Honsjoe, die grootste eiland, enHokkaido wat saam 97% van die land se grondoppervlak beslaan. Die meeste van die eilande is bergagtig en baievulkanies. Japan se hoogste bergpiek, bergFoedji, is byvoorbeeld 'n vulkaan. Japan het met ongeveer 123 miljoen inwoners die wêreld se elfde grootste bevolking. Die Groter-Tokiogebied, wat die hoofstadTokio en verskeie omliggendeprefekture insluit, is die grootste metropolitaanse gebied ter wêreld met meer as 30 miljoen inwoners.
Argeologiese navorsing dui daarop dat die eilande van Japan reeds in die Jong-paleolitikumtydperk deur mense bewoon is. Die eerste geskrewe verwysing na Japan begin met vlugtige verwysings in Chinese geskiedkundige tekste van ongeveer die eerste eeu n.C. Invloede van buite gevolg deur lang tydperke van isolasie, is kenmerkend van Japan se geskiedenis. Sedert die aanvaarding van sygrondwet in 1947 handhaaf Japan 'n unitêregrondwetlike monargie met 'nkeiser en 'n verkose parlement, dieKokkai.
Japan is 'n reuse ekonomiese moondheid[9] en was met die eerste kwartaal van 2010 nog die wêreld se tweede grootste ekonomie, volgens nominalebruto binnelandse produk, totdat dit deur China ingehaal is.[10][11] Japan is 'n lid van dieVerenigde Nasies,G8, G4 en ESASOG, met die wêreld se vyfde grootste verdedigingsbegroting. Dit is ook die vierde grootste uitvoerder ter wêreld en die vierde grootste invoerder asook 'n wêreldleier integnologie en masjinerie.
InJapannees is die land se naam日本kode: ja is verouderd Nihon of Nippon, amptelik日本国kode: ja is verouderdNippon-koku(hulp·inligting) of Nihon-koku. Voordat Japan verhoudinge met China gehad het, het dit bekendgestaan asWa (倭) ofYamato (大和). DieJapannese naamNippon word gebruik vir meeste amptelike doeleindes, insluitende geld,posseëls, en internasionalesportbyeenkomste.Nihon is ook 'n gewilde term in Japan. Die naam "Japan" is afgelei uit die Chinese weergawe van die naam. Die vroeëMandaryns-Chinese woord vir Japan is opgeteken deurMarco Polo asCipangu. InAfrikaans word die land eenvoudig "Japan" genoem. Die amptelike Japannese titel isNihon-koku (日本国), letterlik "Staat Japan."
'n Houer uit die Middel-Jōmon-periode (3000 tot 2000 v.C.)Byodoin (1052)Samoerai konfronteerMongole tydens die Mongoolse invalle van Japan in 1293Een van Japan se Rooiseëlskepe (1634), wat vir handel oral in Asië gebruik isMurasaki Shikibu seVerhaal van GenjiKaart van Japan in 1790Die atoombomaanval in 1945 opNagasakiSamoerai van die Satsuma-stam gedurende die Bosjinoorlog, ca. 1867
Die eerste tekens van menslike vestiging in dieJapanse Argipel het verskyn met 'n Paleolitiese kultuur in ongeveer 30 000 v.C, gevolg van ongeveer 14 000 v.C. deur die Jōmon-tydperk, 'n Mesolitiese tot Neolitiese halfgesette jagter-versamelaar kultuur van kuilwonings en 'n rudimentêre vorm vanlandbou. Versierde kleihouers uit die tydperk, baie keer met gevlegte patrone, is van die oudste oorblywende voorbeelde van pottebakkery ter wêreld.[12]
DieYayoi-tydperk, wat in omtrent die 3de eeu v.C. begin het, het nuwe gebruike ingevoer, soos nat-rysverbouing,yster- enbronsvervaardiging en 'n nuwe pottebakkerstyl, ingevoer deur handelaars uit China ofKorea. Met die ontwikkeling van die Yayoi-kultuur het hoofsaaklik 'n landbougemeenskap in Japan ontwikkel.[13][14][15][16]
DieJapannese verskyn vir die eerste keer in geskrewe geskiedenis in China seBoek van Han. Volgens die ChineseKronieke van die Drie Koninkryke was die naam van die magtigste koninkryk op die Japanse Argipel gedurende die derde eeu "Yamataikoku".Asuka-kyō enFujiwara-kyō het gedien as hoofstede van die Yamatostaat.[17]
Japan is vir die eerste keer aanBoeddhisme bekendgestel uit Baekje op die Koreaanse Skiereiland, maar die ontwikkeling van Japannese Boeddhisme en Boeddhistiese beelde is hoofsaaklik deur China beïnvloed.[18] Ondanks vroeë weerstand is Boeddhisme deur die heersende klas aangemoedig en dit het uiteindelik in die Asuka-tydperk inslag gevind.[19]
DieNara-tydperk van die 8ste eeu het die opkoms van die eerste sterk sentrale Japannese staat aangedui wat gesentreer was om die keiserlike hof in die stadHeijō-kyō, of die hedendaagseNara. Benewens die volgehoue aanneming van Chinese administratiewe gebruike, word dieNara-tydperk gekenmerk deur die verskyning van ontluikend geskrewe letterkunde met die voltooiing van die massiewe kroniekeKojiki (712) enNihonshoki (720).[20] Nara was egter nie die eerste hoofstad in Japan nie.
In784 het keiser Kammu die hoofstad vlugtig vir tien jaar van Nara na Nagaokakyō geskuif voor dit na Heian-kyō (die hedendaagseKioto) geskuif is in 794, waar dit vir meer as 'n millennium gebly het.[21] Dit het die begin van die Heian-tydperk aangedui, waartydens 'n bepaalde inheemse Japannese kultuur verskyn het wat welbekend is vir sykuns,poësie enletterkunde.
Murasaki Shikibu seVerhaal van Genji en die lirieke van moderne Japan se nasionale volkslied,Kimi ga Yo, is in die tydperk geskryf.[22]
Japan se feudale era is gekenmerk deur die opkoms van 'n heersende klas van soldate, diesamoerai. In 1185, na die omverwerping van die mededingende Taira-familiegroep, is Minamoto no Joritomo aangestel asSjogoen en het hy 'n magsbasis inKamakura gevestig. Ná Joritomo se dood het dit uitgewerk dat die Hōjō-familiegroep as regente van die sjogoens regeer het.Zen-Boeddhisme is in die Kamakura-periode (1185–1333) uit China ingevoer waarna dit gewild geword het onder die samoerai-klas. Die Kamakura-sjogoenaat het in 1274 en 1281 daarin geslaag om dieMongoolse invalle af te weer, bygestaan deur 'n storm wat die Japannese as 'n kamikaze, of "Goddelike Wind" geïnterpreteer het. Die Kamakura-sjogoenaat is uiteindelik deur keiser Go-Daigo afgeset, wat weer spoedig daarna in 1336 deur Ashikaga Takauji verslaan is.[23] Die Ashikaga-sjogoenaat wat daarop gevolg het kon nie daarin slaag om die feudale oorlogshere (daimyo) onder bedwang te bring nie, en 'nburgeroorlog (die Ōnin-oorlog) het in 1467 uitgebreek wat 'n eeu-lange Sengoku-tydperk ingelui het.[24]
Gedurende die 16de eeu het handelaars enJesuïetsendelinge uitPortugal Japan vir die eerste keer bereik en aktiewe kommersiële en kulturele bande tussen Japan en dieWeste (Nanban-handel) gevestig.
Oda Nobunaga het talle anderdaimyo verower deur Europese vuurwapens en ander tegnologie te gebruik en het byna daarin geslaag om die nasie te verenig voor hy in 1582 vermoor is.Toyotomi Hideyoshi het Nobunaga opgevolg en die nasie in 1590 verenig. Hideyoshi het Korea twee keer binne geval, maar na verskeie nederlae deur Koreaanse enMing-Chinese magte en Hideyoshi se dood, is Japannese troepe in 1598 onttrek.[25]
Na Hideyoshi se dood het Tokugawa Ieyasu sy posisie as regent vir Hideyoshi se seun, Toyotomi Hideyori, gebruik om politieke beheer en militêre ondersteuning te bewerkstellig. Toe oorlog openlik uitgebreek het, het hy verskeie mededingende clans in die Slag van Sekigahara in 1600 verslaan. Ieyasu is in 1603 as sjogoen aangestel en het die Tokugawa-sjogoenaat by Edo (moderneTokio) gevestig. Die Tokugawa-sjogoenaat het 'n verskeidenheid maatstawwe soosBuke sjohatto in plek gestel om die outonome daimio te beheer. In 1639 het die sjogoenaat die isolasionistiesesakoku ("geslote land") beleid aangeneem, wat gestrek het oor die twee en 'n half eeue van tenger politiese eenheid wat bekendstaan as die Edo-tydperk. Die studie van Westerse wetenskap, wat asrangaku bekend staan, het in die tydperk voortgeduur deur kontak met dieNederlandseenklawe byDejima inNagasaki. Die Edo-tydperk het ook aanleiding gegee totkokugaku, of letterlik "nasionale studies", die studie van Japan deur die Japannese self.[26]
Op 31 Maart 1854 het Kommodoor Matthew Perry en die "Swartskepe" van dieAmerikaanse Vloot die opening van Japan tot die buitewêreld afgedwing met die Konvensie van Kanagawa. Soortgelyke verdrae wat daarop gevolg het met die Westerse lande in die laat Tokugawa-sjogoenaat het Japan in 'n ekonomiese en politiese krisis gedompel. Die oormag van die prerogatief en die bedanking van die sjogoenaat het gelei tot die Bosjin-oorlog en die vestiging van 'n gesentraliseerde staat onder die naam vanKeiser Meiji (Meiji-Herstelling). Met die aanneming van Westerse politiese, geregtelike en militêre instellings het die Kabinet die Geheime Raad ingestel, die Meiji-grondwet ingevoer en die Ryksdag van Japan gevestig. DieMeiji-Herstelling het dieJapannese Keiserryk in 'n geïndustrialiseerde wêreldmoondheid omskep wat 'n reeks militêre konflikte van stapel gestuur het om die nasie se invloedsfeer uit te brei. Na oorwinnings in die eerste Chinees-Japannese oorlog (1894–1895) en die Russies-Japannese Oorlog (1904–1905), het Japan beheer vanTaiwan, Korea en die suidelike helfte vanSachalin bewerkstellig.[27]
Die vroeë 20ste eeu het 'n kort tydperk van "Taishō-demokrasie" (genoem na die regeringstyd vanKeiser Taishō) gesien wat oorskadu is deur die opkoms van Japanneseekspansionisme en militarisasie. DieEerste Wêreldoorlog het Japan, wat by die seëvierendeGeallieerdes aangesluit het, toegelaat om sy invloed en territoriale besittings uit te brei. Japan het sy ekspansionistiese beleid voortgesit deurMantsjoerye in 1931 in te val. As gevolg van internasionale veroordeling van die besetting het Japan twee jaar later uit dieVolkebond bedank. In 1936 het Japan dieAnti-Kominternpakt metNazi-Duitsland seNasionaalsosialistiese regering gesluit en in 1941 by dieSpilmoondhede aangesluit.[28]
In 1947 het Japan 'n nuwe pasifistiese grondwet aanvaar wat klem gelê het op liberaaldemokratiese beginsels. Die Geallieerde besetting is in 1952 met dieVerdrag van San Francisco beëindig[32] en Japan is in 1956 lidmaatskap van dieVerenigde Nasies toegeken. Japan het later skouspelagtige ekonomiese groei behaal om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word met 'n jaarlikse groeikoers wat vir vier dekades gemiddeld 10% was. Dit het eers in die middel-1990's tot 'n einde gekom toe Japan 'n grootresessie beleef het. Positiewe groei in die vroeë 21ste eeu dui op 'n geleidelike herstel in die groei.[33]
Keiser Heisei is op 12 November 1990 asKeiser van Japan gekroon, nadat sy pa,Hirohito, op 7 Januarie 1989 oorlede is. Akihito was die 125stetennō[34] van Japan en sy regeringstyd het bekend gestaan asHeisei (平成, "vrede oral"). Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend asReiwa (令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na dieTweede Wêreldoorlog gebore is.[35][36] Die kroningseremonie volgensSjintoïsme (即位の礼,Sokui no Rei) het op 22 Oktober 2019 plaasgevind.[37]
KeiserNaruhito van JapanDie Nasionale Ryksdaggebou (国会,Kokkai) in Nagatachō,TokioDie Laerhuis of Huis van Verteenwoordigers (衆議院,Shūgiin)Sanae Takaichi, die huidige eerste minister van JapanDie Hoërhuis of Huis van Raadslede (参議院,Sangiin)
Japan is 'n grondwetlike monargie waar die mag van die keiser baie beperk is. As 'n seremoniële figurant word hy deur die grondwet gedefinieer as "die simbool van die staat en van die eenheid van die volk". Mag word hoofsaaklik gehou deur die Eerste Minister van Japan en ander verkose lede van dieKokkai (Ryksdag van Japan), terwyl soewereiniteit gesetel is in die mense van Japan.[38] Die Keiser tree in effek by diplomatieke geleenthede op as diestaatshoof.Naruhito is die huidige Keiser van Japan.
Japan se wetgewende orgaan is die Kokkai of Nasionale Ryksdag, 'n tweekamerparlement. Die Ryksdag bestaan uit dieShūgiin of Huis van Verteenwoordigers en die parlement se laerhuis, met 465 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word, en dieSangiin of hoërhuis met 242 setels, wie se algemeen verkose lede 'n ses jaar termyn dien. Daar is algemene stemreg vir volwassenes oor 20-jaar,[9] met 'n geheime stem vir alle verkose ampte.[38] Die liberaal-konserwatieweLiberaaldemokratiese Party (LDP) was tussen 1955 en 2009 aan bewind, behalwe vir 'n kortstondige koalisieregering wat in 1993 deur opposisiepartye gevorm is.[39] In die algemene verkiesing, wat op 30 Augustus 2009 gehou is, het die sentrum-linkseDemokratiese Party 'n historiese oorwinning behaal.
Die Eerste Minister van Japan is die regeringshoof. Die posisie word aangestel deur die Keiser van Japan ná aanwysing deur die Ryksdag van uit sy geledere en moet die vertroue van die Huis van Verteenwoordigers behou om sy amp te hou. Die Eerste Minister is die hoof van die Kabinet (die letterlike vertaling van sy Japannese titel is "Eerste Minister van die Kabinet") en stel die Ministers, waarvan die meerderheid Ryksdaglede moet wees, aan en dank hulle af.Sanae Takaichi van die Liberaaldemokratiese Party dien tans as Eerste Minister van Japan.[40]
Die Japannese Reg, wat histories deur Chinese reg beïnvloed is, het in dieEdo-periode onafhanklik ontwikkel deur tekste soosKujikata Osadamegaki. Sedert die laat 19de eeu is die regstelsel egter grootliks op die siviele reg vanEuropa gegrond, veral dié vanFrankryk enDuitsland. In 1896 het die Japannese regering byvoorbeeld 'n burgerlike wetboek saamgestel gegrond op die Duitse model. Met na-Tweede Wêreldoorlogse aanpassing, bly die wetboek steeds in hedendaagse Japan in plek.[41] Wettereg vind sy oorsprong in Japan se wetgewer, die Nasionale Ryksdag van Japan, met outomatiese goedkeuring deur die Keiser. Die huidige grondwet vereis dat die Keiser wetgewing wat deur die Ryksdag aanvaar word uitvaardig, sonder dat hy spesifiek die mag het om die aanvaarding van wetgewing teë te staan.[38] Japan se howe word in vier basiese vlakke verdeel: die Hooggeregshof en drie vlakke van laerhowe.[42] Die hoofdeel van Japannese wettereg is 'n versameling wat bekend staan as dieroppō of "Ses kodes".[41]
Japan se nasionale belang word in sy buitelandse beleid weerspieël. Die belangrikste hiervan is Japan se vermoë om vrede en sekuriteit te handhaaf, tweedens om die vryehandelstelsel te ondersteun, derdens om vryheid, demokrasie en menseregte te beskerm en vierdens om mens tot mens interaksie en ontwikkeling van menslike hulpbronne te ondersteun in gebiede soosakademie,kultuur enopvoeding. Die land se huidige beleid plaas ook klem op 'n groter betrokkenheid by wêreldaangeleenthede.[43]
Japan handhaaf tradisioneel noue ekonomiese en militêre bande met die land se sleutelbondgenoot, die Verenigde State, en die VSA-Japan sekuriteitsalliansie dien as die hoeksteen van die land se buitelandse beleid.[44] Japan, wat sedert 1956 'n lid van die Verenigde Nasies is, het as nie-permanente lid van die Veiligheidsraad reeds vir altesaam 22 jaar as verkose lid gedien, mees onlangs in 2016–2017. Japan is ook 'n lid van die G4-nasies wat hulle vir permanente lidmaatskap van dieVeiligheidsraad beywer.[45] As 'n lid van die G8, ESASOG, die "VSAN Plus Drie" en 'n lid van die Oos-Asië Vergadering, neem Japan aktief aan internasionale aangeleenthede deel. Dit is ook die tweede grootste skenker van amptelike ontwikkelingshulpverlening en het in 2004 VSA$8,86 miljard geskenk.[46] Japan het nievegtende troepe aan dieIrakse Oorlog toegewys, maar het sedertdien sy troepe onttrek uitIrak.[47]
Afrika is histories die minsbelangrike wêreldstreek vir Japan. Japan het min historiese ondervinding met Afrika en beperkte ekonomiese belang wat hoofsaaklik gefokus is op roumateriaalbronne. Japan se grootste handelsvennoot in Afrika isSuid-Afrika. As gevolg van sanksies teen Suid-Afrika deur die VSA en ander lande het Japan in die 1980's as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot ontwikkel. Dit het Japan internasionaal in 'n onbenydenswaardige posisie geplaas wat gelei het tot die afgradering van diplomatiese en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika. Met die einde vanapartheid en die normalisering van internasionale betrekking het Japan se spesiale rol in Suid-Afrika na 1994 geëindig. Vandag is Japan se buitelandse beleid teenoor Afrika daarop gevestig om demokrasie en gesonde regering te vestig ter wille van wêreldstabiliteit en vooruitgang. Hulpverlening aan die kontinent is nie gemik op korttermyn opbrengste nie, maar word eerder gesien as deel van internasionale pogings om orde te handhaaf.[43]
Japan is betrokke by verskeie gebiedsgeskille met sy buurlande: metRusland oor die Suid-Koerile-eilande, metSuid-Korea oor dieLiancourtrotse, met dieVolksrepubliek China enTaiwan oor dieSenkaku-eilande en die EES oor Okinotorishima. Japan is ook in 'n voortslepende geskil metNoord-Korea betrokke oor die land se ontvoering van Japannese burgers en kern- en missielprogramme.
Japan se militêre magte word beperk deur Artikel 9 van die Japannese Grondwet, wat Japan se reg om oorlog te verklaar of militêre mag te gebruik om internasionale geskille te besleg opsê. Daar word egter 'n debat gevoer oor die moontlike wysiging van die grondwet, wat deur die Amerikaanse besettingsowerheid opgestel is na die Tweede Wêreldoorlog, om die grondwet deur 'n referendum aan te pas.[48] Japan se weermag word deur die Ministerie van Verdediging bestuur en bestaan hoofsaaklik uit die Japan Land-selfverdedigingsmag, die Japan Maritieme-selfverdedigingsmag en die Japan Lug-selfverdedigingsmag. Die magte is onlangs in vredebewaringsoperasies en in die ontplooiing van Japannese troepe in Irak gebruik, wat die eerste oorsese gebruik van die land se militêre magte was sedert die Tweede Wêreldoorlog.[47]
Japan bestaan administratiefgewys uitsewe-en-veertig prefekture wat elkeen deur 'n verkose goewerneur, wetgewer en administratiewe burokrasie bestuur word. Prefekture wissel in grootte van die Hokkaido-prefektuur wat die hele eilandHokkaido beslaan tot die stadTokio, wat op sigself 'n prefektuur is. Die Tokio-prefektuur word verder verdeel in drie-en-twintig spesiale wyke wat elkeen dieselfde magte as 'n stad het. Verder bestaan daar agt algemeen aanvaarde gebiede van Japan.
Japan ondergaan tans 'n administratiewe herorganisering wat die samesmelting van baie stede en dorpe behels. Hierdie proses sal lei tot die vermindering van sub-prefektuur administratiewe gebiede en daar word verwag dat dit tot besnoeiings in administratiewe koste sal lei.[49]
Japan het dosyne groot stede wat 'n belangrike rol in die land se kultuur, erfenis en ekonomie speel. Dié wat hieronder gelys word verteenwoordig die twaalf met die grootste bevolking en is almal prefekturale hoofstede en deur-die-staat-ingestelde stede:
Ongeveer 70% tot 80% van die land is bebos, bergagtig[51][52] en ongeskik virlandbou, industriële of residensiële gebruik. Dit is as gevolg van die styl hellings,klimaat en die gevaar wataardbewings, sagtegrond en swaarreën inhou. Dit het daartoe gelei dat die bewoonbare gebiede naby die kus geweldige hoë bevolkingsdigthede het. Japan is die dertigste mees digbevolkte land ter wêreld.[53]
Die land se ligging op die PasifieseRing van Vuur, by die samekoms van drietektoniese plate, veroorsaak dat Japan gereelde lae-intensiteit-aardskuddings en van tyd tot tyd vulkaniese uitbarstings beleef. Vernietigende aardbewings, wat baie keer tottsoenamis lei, kom elke eeu verskeie kere voor.[54] Die mees onlangse aardbewings was die Tōhoku-aardbewing van 2011 en dieGroot Hanshin-aardbewing van 1995. Talle warmwaterbronne word aangetref en baie hiervan is tot ontspanningsoorde ontwikkel.[55]
Die klimaat van Japan is hoofsaaklik gematig, maar dit verskil skerp tussen die noordelike en suidelike punte van die land.[56] Japan se geografiese eienskappe verdeel dit in ses hoofklimaatsones:
Hokkaido: Die noordwestelike sone het 'n gematigde klimaat met lang, kouewinters en koelsomers. Neerslag is nie swaar nie, maar die eilande ontwikkel gewoonlik diepsneeubanke in die winter.
See van Japan: Aan Honsjoe se weskus bring die noordwestewind in die winter swaar sneeuval. In die somer is die gebied koeler as die Stille Oseaan-gebied. Dit beleef egter soms uiterste warm temperature as gevolg van die Föhn-windverskynsel.
Sentrale Hoogland: 'n Tipies binnelandse klimaat met groot temperatuurverskille tussen somer en winter, en tussen nag en dag. Neerslag is lig.
Seto Binnelandse See: Berge van die Chūgoku- enSjikokoe-gebiede beskut die gebied van die seisoenale wind en bring gematigde weer deur die hele jaar mee.
Stille Oseaan: Die ooskus ondervind koue winters met min sneeuval en baie warm vogtige somers as gevolg van die suidoostelike seisoenale wind.
Ryukyu-eilande: Die Ryukyu-eilande het 'n subtropiese klimaat met warm winters en baie warm somers. Neerslag is swaar, veral gedurende die reënseisoen.Tifone kom algemeen voor.
Die warmste temperatuur wat nog ooit in Japan aangeteken is — 41,1 grade Celsius — was op 23 Julie 2018 in Kumagaya[57] en die koudste temperatuur nog in Japan was −41,0 °C op 25 Januarie 1902 in Asahikawa, Hokkaidō.
Die hoofreënseisoen begin vroeg in Mei in Okinawa en die stilstaande reënfront wat daarvoor verantwoordelik is beweeg stadig noord totdat dit in noordelike Japan verswak raak voor dit Hokkaidō in laat Julie bereik. In die grootste deel van Honsjoe begin die reënseisoen voor die middel van Junie en hou dit aan vir omtrent ses weke. In die laat-somer en vroeë lente bring tifone baie keer swaar reën.[56]
Japan beskik oor nege woud-ekogebiede wat die klimaat en geografie van die eilande weerspieël. Hulle wissel van subtropiese nat breëblaarwoude in die Ryūkyū- en Bonin-eilande, tot gematigde breëblaar en gemengde woude in die gematigde klimaatdele van die eilande tot matige naaldeboomwoude in die koue wintergedeeltes van die noordelike eilande.[58]
Herfskleure (momiji) by Kongōbu-ji op Berg Kōya, 'nUnesco-wêrelderfenisgebiedDie kersieblomme van Berg Yoshino is die onderwerp van baie toneelstukke en waka-gedigte
Japan se omgewingsbeleid en geskiedenis weerspieël 'n tenger balans tussen ontwikkeling en modernisasie aan die een kant en omgewingsbewaring aan die ander kant.
Japan is waarskynlik een van die wêreld se leiers in die ontwikkeling van omgewingsgunstige tegnologie.Honda enToyota is aangewys as die motorvervaardigers met die beste brandstofverbruik en die laagste vlakke van nadelige uitlaatgasse.[59] Dit is as gevolg van gevorderde tegnologie in hibriede-stelsels, biobrandstof, die gebruik van liggewigmateriale en beter ingenieurswese.
Japan neem ook sake soosklimaatverandering enaardverwarming ernstig op. As 'n ondertekenaar van dieKioto-protokol, en gasheer van die 1997-kongres waar dit opgestel is, is Japan onderhewig aan verdragsverpligtinge om sy koolstofdioksiedemissies te verminder en om ander stappe te doen wat verband hou met die teëwerk van klimaatverandering. DieCool biz-veldtog wat onder die voormalige eerste minister Junichiro Koizumi ingevoer is, was daarop gemik om energieverbruik te verminder deur vermindering in die gebruik van lugversorging in regeringskantore.
Japan het egter ook 'n lang geskiedenis met die opoffering van natuurlike hulpbronne en die vernietiging van die natuur ter wille van vooruitgang. Reeds in die 18de eeu het Japan so te sê al sy natuurlikegoud ensilwer voorrade opgebruik. Beduidende ontbossing het oor al die eilande plaasgevind wat tot erosie en rivierbesoedeling gelei het. Moerasse en ander natuurgebiede is herwin vir landbou-doeleindes en talle spesies is tot uitsterwing gedryf, insluitend die inheemsewolfspesie wat as 'n bedreiging gesien is.[60]
Die massiewe landswye heropbouingsprogramme na die Tweede Wêreldoorlog en die ontwikkeling in die dekades daarna het tot verdere verstedeliking en konstruksie gelei. Die boubedryf in Japan is een van die grootste nywerhede in die land en hoewel Japan baie natuurlike parke en ander natuurlike gebiede in stand hou, self in die middel van die land se stede, is daar min belangrike beperkings op waar en hoe bouwerk onderneem mag word.[61]
Verder is oorbevissing reeds lank 'n probleem binne Japan; in die moderne era het Japannese vissersvlote 'n ernstige bedreiging tot die handhawing van volhoubare vis en skulpdiere oral ter wêreld geword.[62] Japan is ook een van die laaste lande ter wêreld wat steeds kommersiëlewalvisvangs beoefen.
Japan word die 30ste beste ter wêreld gelys in die Omgewingsvolhoubaarheidindeks.[63]
Die motorindustrie is een van die hoofelemente van Japan se ekonomie en uitvoereTōkaidō Shinkansen 700 & 300, by die Tokio-stasie
Japan is met 'n aandeel van 3,5 persent van wêrelduitvoere en 4,3 persent van wêreldinvoere in 2015 een van die vier grootste handelsnasies, al het die land se belangrikheid vir die wêreldhandel sy hoogtepunt reeds oorskry. Die buitengewoon snelle groei ná die Tweede Wêreldoorlog het voortgeduur tot 1993 toe die Japanse ekonomie ten opsigte van sy buitelandse handel 'n periode van stagnasie en krimpende aandele betree het. Sy aandele op die wêreldmark het afgeneem teen die agtergrond van China en ander nuut geïndustrialiseerde lande se groeiende buitehandel, maar ook as gevolg van swakker mededingendheid teenoor ander uitvoerlande. So het Japan sy vroeëre posisie as die wêreld se grootste invoerder van onverwerkte natuurlike hulpbronne, grondstowwe en landbouprodukte intussen ingeboet.[64]
Noue regering-nywerheid-samewerking, 'n sterk werksetiek, gevorderde tegnologie en 'n relatief klein verdedigingsbegroting het onder andere Japan gehelp om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word,[65] na die VSA, teen ongeveer US$4,5 miljard in terme van nominalebruto binnelandse produk[65] en derde na die VSA en die Volksrepubliek China in terme van koopkragpariteit.[66]
Bankwese, versekering, eiendom, kleinhandel, vervoer en telekommunikasie is almal belangrike sektore. Japan het 'n reuse industriële vermoë en is die tuiste van sommige van die wêreld se grootste, leidende en mees tegnologies gevorderde vervaardigers van motorvoertuie, elektroniese toerusting, werktuigmasjinerie, staal en nieystermetale, skepe, chemikalieë, tekstiele en verwerkte voedsel.[9] Konstruksie is reeds lank een van Japan se grootste industrieë, aangehelp deur multi-miljard dollar regeringskontrakte in die siviele sektor. Onderskeidende eienskappe van die Japannese ekonomie het tradisioneel samewerking tussen vervaardigers, verskaffers, verspreiders en banke in hegte groepe genaamdkeiretsu en die waarborg van lewenslange indiensneming in groot maatskappye ingesluit.[67] Meer onlangs het Japannese maatskappye begin om van die norme te laat vaar in 'n poging om winsgewendheid te verbeter.[68]
Japan huisves ook sommige van die wêreld se grootste finansiële dienstemaatskappye, banke en sakegroepe soos Sony, Sumitomo, Honda, Mitsubishi, Nissan en Toyota. Dit beskik ook oor die wêreld se grootste bank, volgens bates, die Japan Post Bank Co., Ltd (VS$3.2 miljard)[69] en ander soos Mitsubishi UFJ Finansiële Groep (VS$1,2 miljard)[70]), Mizuho Finansiële Groep (US$1,4 miljard[71]) en Sumitomo Mitsui Finansiële Groep (VS$1,3 miljard[72]). Die Tokio Effektebeurs is met 'n markkapitalisasie van meer as VS-$5120 miljard (5,12 biljoen) tans die derde grootste ter wêreld.[73]
Met markkapitalisasie van meer as VS-$5 biljoen, is die Tokio Effektebeurs die derde grootste ter wêreld
Die algehele reële ekonomiese groei van die 1960's tot die 1980's staan bekend as 'n "wonderwerk": gemiddeld 10% in die 1960's, 5% in die 1970's en 4% in die 1980's.[74] Groei het dramaties afgeneem in die 1990's, hoofsaaklik as gevolg van die nagevolge van oorinvestering in die laat 1980's en binnelandse beleid wat daarop gemik was om die spekulatiewe oordadigheid van die eiendoms- en effektemarkte in toom te hou. Regeringspogings om ekonomiese groei te laat herleef was nie juis suksesvol nie en is verder belemmer deur die verlangsaming van die globale ekonomie van 2000 tot 2001.[9] Die ekonomie het na 2005 tekens van herstel vertoon met BBP vir daardie jaar wat op 2,8% gestaan het.[75]
Omdat slegs 15% van Japan se grondgebied vir landbouverbouing geskik is[76] word 'n stelsel van terraslandbou gebruik om klein gebiede optimaal te benut. Dit het gelei tot een van die wêreld se hoogste gewasopbrengste per oppervlakeenheid. Japan se klein landbousektor is ook swaar gesubsidieer en beskerm. Japan moet ongeveer 50%[77] van sy graanbehoeftes en ander voergewasse behalwerys uit invoere bevredig en die land is van invoere afhanklik vir meeste van syvleisverskaffing. Invissery is Japan tweede ter wêreld na China in tonnemaat en vir wat gevang word. Japan handhaaf een van die wêreld se grootste vissersvlote en dra byna 15% van die globale vangs by.[9] Japan steun op ander lande vir byna al sy olie en kos.
Japan se vervoerstelsel is hoogs ontwikkel. Teen 2004 het die land oor 1 177 278 km geteerde paaie, 173 lughawens en 23 577 km spoorlyne beskik.[9] Lugverkeer word hoofsaaklik deurAll Nippon Airways (ANA) enJapan Airlines (JAL) bedryf. Spoorweë word onder andere deur Japan Railways Group bedryf. Daar is uitgebreide internasionale vlugte uit talle stede van en na Japan. DieShinkansen (新幹線) sneltrein is 'n simbool van Japan se tegnologiese vooruitstrewenheid. Die aanvanklike Tōkaidō Shinkansen, wat teen 210 km/h geloop het, is in 1964 in gebruik gestel. Vandag verbind die netwerk met 'n totale lengte van 2 459 km meeste groot stede op dieHonsjoe- enKioesjoe-eilande teen werksnelhede van 300 km/h. Toetslopies is al teen 443 km/h op gewone spore uitgevoer (1996) en in 2003 is 'n landspoedrekord van 581 km/h met 'n magnetiese sweeftrein opgestel.
Japan se hoofuitvoervennote is die VSA 19,4%, die Volksrepubliek China 19,0%, Suid-Korea 7,6%,Hongkong 5,1% enThailand 4,2% (vir 2017). Japan se hoofuitvoere is vervoertoerusting, motorvoertuie, elektronika, elektriese masjinerie en chemikalië.[9] Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Japan op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoof-invoervennote is die Volksrepubliek China 24,5%, die VSA 11,0%,Australië 5,8%, Suid-Korea 4,2% enSaoedi-Arabië 4,1% (vir 2017). Japan se hoof invoere is masjinerie en toerusting, brandstof, voedsel (veralbeesvleis), chemikalieë, tekstiele en ander grondstowwe vir sy industrieë. Japan se algehele grootste handelsvennote is China en die VSA.[78]
Nuusbekendstelling van die mees onlangse ASIMO-model
Japan is een van die voorste lande in wetenskaplike navorsing, veral in tegnologie, masjinerie en mediese navorsing. Byna 700 000 navorsers deel 'n navorsings- en ontwikkelingsbegroting van VS$130 miljard, die derde grootste ter wêreld.[79] Van Japan se vernaamste tegnologiese bydraes word aangetref in elektronika, motorvoertuie, masjinerie, industriëlerobotika,optika, chemikalië,halfgeleiers enmetale. Japan lei die wêreld se vervaardiging en gebruik van robotika en beskik oor meer as die helfte (402 200 van 742 500) van die wêreld se industriële robotte wat vir vervaardiging gebruik word.[80] Van die robotte wat in die land ontwikkel is sluit in QRIO, ASIMO en Aibo. Japan is ook die wêreld se grootste vervaardiger van motorvoertuie[81] en die tuiste van ses van die wêreld se vyftien grootste motorvervaardigers en sewe van die wêreld se twintig grootste halfgeleier-verkopers.
Japan het planne in ruimteverkenning, insluitend die bou van 'nmaanbasis teen 2030.[82] Die Japan Aerospace Exploration Agency (JAXA) voer ruimte- en plantêre navorsing, lugvaartnavorsing, en ontwikkeling van vuurpyle en satelliete uit. Japan is 'n deelnemer aan dieInternasionale Ruimtestasie en die Japannese Eksperimentmodule (Kibo) is in 2008 tot die stasie toegevoeg as deel van dieRuimtependeltuig-vlugte.[83]
Japan se bevolkingsontwikkeling sedert 1872; vanaf 2010 geprojekteerde bevolkingSjinto torii by Fushimi Inari-taisha, KiotoGeboortes- en sterftesyfers van Japan sedert 1950'n Uitsig oor die Shibuya-kruising, 'n voorbeeld van Tokio se dikwels besige strate
Japan se bevolking word op ongeveer 127,1 miljoen geskat.[84] Die Japannese samelewing is taalkundig en kultureel grootliks homogeen met slegs klein bevolkings buitelandse werkers, ZainichiKoreane, Zainichi Chinese, Filippyne, Brasiliane en ander. Die mees dominante etniese groep is die Yamato; die hoofminderheidsgroepe sluit die inheemseAinoe en Ryūkyūane, sowel as sosiale minderheidsgroepe soos dieburakumin in.
Japan het een van die hoogste lewensverwagtingkoerse ter wêreld teen 81,25 jaar (soos in 2006).[85] Die Japannese bevolking verouder egter spoedig, die gevolg van 'n naoorlogse geboortegolf gevolg deur 'n daling in geboortes in die latere gedeelte van die 20ste eeu. Teen 2004 was ongeveer 19,5% van die bevolking ouer as 65 jaar.[86]
Die verandering in demografiese struktuur het 'n aantal maatskaplike probleme veroorsaak, veral 'n potensiële krimping van die arbeidsmag en stygings in die koste van maatskaplike veiligheidsvoordele, soos die openbare pensioenplan. Baie van die Japannese jeug verkies ook al hoe meer om nie te trou of gesinne te hê nie.[87] Japan se bevolking sal na verwagting teen 2050 tot 100 miljoen daal en tot 64 miljoen teen 2100.[86] Demograwe en regeringsbeplanners is tans in hewige debat gewikkel oor hoe om die probleem op te los.[87] Immigrasie en geboorteaansporings word soms voorgestel as 'n oplossing om jonger werkers te verskaf om die land se verouderende bevolking te ondersteun.[88] Immigrasie is egter nie 'n gewilde oplossing nie.[89]
Die hoogste skattings vir die aantalBoeddhiste enSjintoïste in Japan is 84–96%, wat 'n groot aantal volgelinge in 'n sinkretisme van beide gelowe verteenwoordig.[9][90] Sommige skattings meen egter dat slegs 30 persent van die bevolking hulleself identifiseer as deel van 'n godsdiens.[91]Taoïsme enKonfusianisme uit China het Japannese geloof en mitologie beduidend beïnvloed. Godsdiens in Japan neig om sinkreties van aard te wees en dit lei tot 'n verskeidenheid van gebruike soos ouers en kinders wat Sjinto-rituele beoefen, studente wat voor eksamens bid en paartjies wat huwelike inChristelikekerke hou en begrafnisse by Boeddhiste tempels hou. 'n Klein minderheid Japannese (0,7%) beskou hulself asChristene. Verder het daar sedert die middel van die 19de eeu talle sektes (Shinshūkyō) in Japan ontstaan soos Tenrikyo enAum Shinrikyo/Aleph.
Ongeveer 99% van die bevolking praat Japannees as hulle eerste taal. Dit is 'n agglutinatiewe taal wat onderskei word deur 'n stelsel van beleefdheidsvorme wat die hiërargiese aard van die Japannese samelewing weerspieël, met werkwoordvorme en besondere woordeskat wat die relatiewe status van die spreker en luisteraar weerspieël. Japannees het groot dele van sy woordeskat uit Chinees geleen of afgelei. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is baie woorde ook uitEngels ontleen. DieJapannese skryfstelsel gebruikkanji (Chinese karakters) en twee versamelingskana (lettergreepskrifte) gegrond opvereenvoudigde Chinese karakters, sowel as dieLatynse alfabet enArabiese syfers. DieRyukyu-tale, wat ook deel vorm van dieJapannese taalfamilie waartoe Japannees behoort, word inOkinawa gepraat, maar min kinders leer vandag hierdie tale.[92] DieAinoe-taal staan op die randjie van uitsterwing met slegs 'n paar ou eerste taalsprekers wat inHokkaido oorbly.[93] Meeste openbare en privaatskole vereis dat leerlinge kursusse in beide Japannees en Engels neem.[94]
Primêre, sekondêre skole en universiteite is in Japan ingevoer in 1872 as 'n gevolg van die Meiji-Herstelling.[95] Sedert 1947 bestaan verpligte onderwys in Japan uit basisskool en middelskool, wat nege jaar duur (van die ouderdom van 6 tot 15). Byna al die kinders sit hulle onderwys voort by 'n drie-jaar hoërskool, ongeveer 75,9% van die skoolverlaters woon universiteit, junior kollege, vakskool, of ander vorme van tersiêre onderwys by.[96] Japan se onderwys is uiters mededingend[97] veral vir toelating tot hoëronderwysinrigtings. Die twee mees hoogsaangeskrewe universiteite in Japan is dieUniversiteit van Tokio en Kioto Universiteit.[98] Die Program vir Internasionale Studentebeoordeling, wat deurOESO gekoördineer word, plaas Japannese kennis en vermoëns van 15-jariges as die sesde beste ter wêreld.[99]
In Japan word gesondheidsdienste deur die nasionale regering en plaaslike owerhede verskaf deur 'n universele gesondheidssorg- en versekeringstelsel wat relatiewe gelyke toegang bied, met tariewe wat deur 'n regeringskomitee bepaal word. Inwoners sonder versekering deur hulle werkgewers kan aan die nasionale gesondheidsversekeringprogram deelneem wat deur plaaslike owerhede geadministreer word. Sedert 1973 word alle bejaardes deur regeringsgeborgde versekering gedek.[100] Pasiënte mag van die geneeskundige of gesondheidsfasiliteit van hulle keuse gebruik maak.[101]
Groot Golf van Kanagawa (1832), 'nukiyo-e uit36 Aansigte van Berg Foedji deur Hokusai'n Tradisionele Japannese teehuis12de eeuse geïllustreerdeboekrol vanDie Verhaal van Genji, 'n nasionale skat
Japannese kultuur het oor baie jare ontwikkel, van die land se oorspronklike Jōmon-kultuur tot sy huidige kultuur, wat invloede uitAsië,Europa enNoord-Amerika kombineer. Histories is Japan gekenmerk deur skielike invoering van vreemde idees gevolg deur lang tydperke van minimale kontak met die buitewêreld. In die proses het die Japannese die vermoë ontwikkel om elemente van buitelandse kulture te absorbeer, na te volg en uiteindelik elemente van die vreemde kultuur te assimileer en deel te maak van die eiesoortige inheemse Japannese kultuur.
TradisioneleJapannese kuns sluit in kunsvlyt (ikebana,origami, ukiyo-e, poppe, lakwerk, pottebakkery), opvoerings (bunraku, dans, kabuki, noh, rakugo), tradisies (spele, teeseremonie, budō, argitektuur, tuinbou, swaarde) en kookkuns. Die versmelting van tradisionele houtblokdrukwerk en Westerse kuns het gelei tot die skep vanmanga, 'n tipies Japannesestrokiesverhaalformaat wat nou ook buite Japan gewildheid verwerf het.[102]Animasie virtelevisie enfilm wat deur Manga beïnvloed is, wordanime genoem. Japannese videospeletjietoestelle het sedert die 1980's opgang gemaak.[103]
Japannese musiek is eklekties met instrumente, skale en style wat van buurlande geleen is. Baie instrumente, soos die koto, is in die 9de en 10de eeue ingevoer. Die gepaardgaande, verhalende Noh-drama dateer uit die 14de eeu en die gewilde volksmusiek, met die ghitaaragtige shamisen, uit die 16de eeu.[104] Westerse musiek, wat in die laat 19de eeu ingevoer is, vorm nou 'n integrale deel van die kultuur. Naoorlogse Japan is hewig deur Amerikaanse en Europese moderne musiek beïnvloed, wat gelei het tot die ontwikkeling van 'n popmusiek-vorm wat as "J-Pop" bekend staan.[105] Karaoke is die kulturele aktiwiteit wat die meeste beoefen word.[106]
Die vroegste Japannese letterkundige werke sluit in twee historiese boeke, dieKojiki en dieNihon Shoki en die 8ste eeuse digbundel,Man'yōshū, wat almal in Chinese karakters geskryf is.[107] In die vroeë jare van die Heian-tydperk het diekana-transkripsiestelsel,Hiragana enKatakana, ontwikkel.Die verhaal van die bamboessnyer word as die oudste Japannese verhaal beskou.[108] 'n Mededeling van Heian-hoflewe word deurMakura no Sōshi ("kussingboek") weergegee en is deur Sei Shōnagon geskryf, terwylDie Verhaal van Genji deur Murasaki Shikibu baie keer as die wêreld se eerste roman beskryf word. Tydens die Edo-tydperk het letterkunde deel geword van die chōnin, die gewone mense, se lewe en is dit nie meer beperk tot diesamoerai-aristokrasie nie. Yomihon het byvoorbeeld gewild geword en dui op die diepgaande verandering in leser- en outeurskap.[108] In die Meiji-tydperk het tradisionele letterkundige vorms begin taan soos wat Japannese letterkunde Westerse invloede opgeneem het. Natsume Sōseki en Mori Ogai was die eerste "moderne" romanskrywers van Japan, gevolg deur Akutagawa Ryūnosuke, Tanizaki Jun'ichirō, Kawabata Yasunari, Mishima Yukio en meer onlangs, Murakami Haruki. Japan het twee Nobelprysbekroonde outeurs —Yasunari Kawabata (1968) enKenzaburō Ōe (1994).[108]
Japannese beeldende kuns dek 'n wye verskeidenheid style en media insluitend pottebakkery, beeldhou in hout en brons, inkverf op sy en papier en talle ander tipies kunswerke. Skilder is die gewildste vorm van kunsinigge uitdrukking in Japan. Die Japannese het tot met die aanbreek van die moderne era met 'n borsel geskryf eerder as 'n pen wat waarskynlik bygedra het tot die waardering van skilder en skildertegniek. Met die opkoms van populêre kultuur in die Edo-tydperk het dieukiyo-e houtdruk style ontwikkel. Beeldhou word meestal met godsdiens geassosieer en is aan die taan met die verminderde klem op tradisionele Boeddhisme. Japannese keramiekware word as van die gevorderdste ter wêreld beskou. In argitektuur word Japannese voorkeur vir natuurlike materiale en 'n interaksie tussen buite- en binneruimtes duidelik uitgedruk. Japannesemoderne kuns neem talle vorms aan en druk net soveel idees soos moderne kuns in die algemeen uit. Dit wissel van advertensie, anime, videospeletjies en die meer tradisionele argitektuur, beeldhou, skilder en skets. Een van Japan se mees bekende eietydse Japannese kunstenaars is Takashi Murakami wat werke skep waarvan die styl deur anime geïnspireer is en wat as "superflat" beskryf word.
Die geskiedenis van Japannese film strek meer as 'n honderd jaar terug en het begin met die stilprenteBake Jizo ("Jizo die Spook") enShinin no sosei ("Heropstanding van 'n Lyk"), beide uit 1898.[109] In Japan is stilprente tot laat in die 1930's gemaak. In die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog het vermeerderde sensorskap tot veroordeling van linksleunende filmregisseurs soos Daisuke Ito gelei. Een van Japan se bekendste regisseurs,Akira Kurosawa, het sy eerste film, Sugata Sanshiro, in 1943 gemaak. Na die oorlog het die westerse besetting van Japan daartoe gelei dat Japan vir 'n dekade lank blootgestel is aan Amerikaanse animasie wat tydens die oorlog verban is. Die bloeitydperk van Japannese film is in die 1950's bereik met films soos Kurosawa se Rashomon en Sewe Samoerai en Yasujiro Ozu se Tokio Storie, wat as onder die beste films ooit gereken word.[110] Meer onlangs het Shohei Imamura diePalme d'Or (ook soms na verwys as die "Goue Palm") vir 'n tweede keer gewen vir sy en dieIranese regisseur Abbas Kiarostami seThe Eel (1997).Hayao Miyazaki sePorco Rosso (1992) enPrinses Mononoke het (1997) nuwe rekords by die loket gestel wat slegs deur die AmerikaanseTitanic geklop is. Nuwe anime-regisseurs het ook in die 1990's op die toneel verskyn met Hideaki Anno se Neon Genesis Evangelion, wat algemeen as een van die mees invloedryke anime van alle tye beskou word. In die 21ste eeu hetBattle Royale kultusstatus Japan en in die Verenigde Koninkryk verwerf en Hayao Miyazaki seSpirited Away (2001) Japannese loketrekords gebreek en 'nOscar vir beste geanimeerde film gewen.
Tradisioneel wordsoemo as Japan se nasionalesport beskou en dit is een van die gewildste toeskouersportsoorte in Japan.[111]Vegkunste soosjudo,karate en kendō word ook wydverspreid beoefen en deur toeskouers geniet. Na die Meiji-Herstelling is talle Westerse sportsoorte na Japan ingevoer en het dit deur die onderwysstelsel versprei.[112] Gelyktydig het die Japannese vegkunste in Westerse lande gewild geword en word nou wêreldwyd beoefen.
Sokker enbofbal word tradisioneel as die gewildste sportsoorte in Japan beskou. Die Japannese Bofballiga is in 1936 gestig en is een van die gewildste bofballigas wêreldwyd.[113] Sedert die vestiging van die Japannese Professionele Voetballiga in 1992 het sokker ook 'n beduidende gevolgskap verkry.[114] Japan was 'n gasheer vir dieIntercontinental Cup van 1981 tot 2004 en het saam metSuid-Korea dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 aangebied, die eersteFIFASokker-Wêreldbeker in Asië. DieJapannese nasionale sokkerspan is een van die suksesvolste spanne in Asië en het die Asiatiese Beker al vier keer gewen (in 1992, 2000, 2004 en 2011). Hulle kon tot dusver sewe keer vir die Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer en drie keer die agtste eindrondte haal (in 2002,2010 en2022). Daarbenewens het hulle vyf keer aan die FIFASokker-Konfederasiebeker deelgeneem en tydens dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 as naaswenner geëindig.
Gholf is ook gewild in Japan[115] en so ook motorresies, die Super GT sportmotorreeks en Formule Nippon.[116]Krieket word ook in Japan beoefen, die nasionale krieketspan spel egter slegs teen "kleiner" nasionale spanne en kon tot dusver nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie. Hulle kon wel vir dieo/19-krieketwêreldbeker 2020 kwalifiseer.[117]
Ander ontspanningsaktiwiteite sluit ook die bordspeletjiesGo enShogi in. Albei spele het omtrent 10 miljoen amateurspelers en 'n paar honderd professionele spelers.[118][119]
↑(en)Roland H. Worth jr. (1995).No Choice But War: the United States Embargo Against Japan and the Eruption of War in the Pacific. McFarland.ISBN0-7864-0141-9.
↑(de)www.swp-berlin.org Hanns Günther Hilpert:Japans multiple Handelspolitik. Die Chancen des europäisch-japanischen Freihandelsabkommens. Berlin: Stiftung Wissenschaft und Politik (SWP) 2017, bl. 17
↑(en) Kisala, Robert (2005). in Robert Wargo: The Logic Of Nothingness: A Study of Nishida Kitarō. University of Hawaii Press, 3–4.ISBN 0-8248-2284-6.
↑(ja) 言語学大辞典セレクション:日本列島の言語 (Selection from the Encyclopædia of Linguistics: The Languages of the Japanese Archipelago). "琉球列島の言語" (The Languages of the Ryukyu Islands). 三省堂 1997
↑(en)"J-Pop History". The Observer.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2008. Besoek op1 April 2007.
↑(en) Kelly, Bill. (1998). "Japan's Empty Orchestras: Echoes of Japanese culture in the performance of karaoke",The Worlds of Japanese Popular Culture: Gender, Shifting Boundaries and Global Cultures, bl. 76. Cambridge University Press.