Jane Eyre (/dʒeɪn ɛər/) is 'n beroemde en invloedrykeroman deur dieEngelse skryfsterCharlotte Brontë. Dit is in 1847 inLonden met die titelJane Eyre deur Smith, Elder & Co. gepubliseer. Die roman het in dieselfde jaar verskyn as Charlotte Bontë se suster,Emily, seWuthering Heights. Terwyl Emily die skuilnaam Ellis Bell gebruik het, het Charlotte haarself Currer Bell genoem, 'n naam wat volgens Charlotte die naam van 'n man óf van 'n vrou kon wees. Die boek se onderliggende emosies is egter bloot vroulik. Letterkundige kritiek word op die oordrywing, melodrama en gebrekkige struktuur van die roman gerig, maarJane Eyre is nietemin al baie geslagte lank 'n gewilde verhaal. Die roman is in die vorm van 'noutobiografie geskryf, en die digterlikheid en spanning in die verhaal het 'n nuwe era in die romankuns ingelui.