Jan Steytler | |
![]() Jan Steytler, eertydse Kaaplandse leier van dieVerenigde Party, het in 1959 die eerste leier van dieProgressiewe Party geword. | |
Lid van die Parlement | |
Ampstermyn 1953 – 1961 | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | (1910-10-26)26 Oktober 1910 Burgersdorp,Kaapprovinsie |
Sterf | onbekend |
Politieke party | Verenigde Party Progressiewe Party |
Kiesafdeling | Queenstown, Kaapprovinsie |
Dr.Jan Steytler (Burgersdorp, 26 Oktober 1910 - † onbekend) wasKaaplandse leier van dieVerenigde Party (V.P.) ten tyde van dieBloemfonteinse kongres van die party in1959 toe die progressiewes weggebreek het om dieProgressiewe Party onder leiding vanColin Eglin,Helen Suzman en andere te stig. Hy het ook uit die V.P. bedank.
Steytler wen in1953 met 'n meerderheid van 1 492 stemme teen C.G. Vorster, 'nNasionalis in die destydse veilige Verenigde Party-setelQueenstown. 'n Buitengewone hoë stempersentasie van 96,2% in1958 kos die V.P. amper die setel toe Steytler met slegs 13 stemme wen teen die Nasionale Party seH.H. Smit. In die volkstemming van 1960 oor republiekwording is die uitslag eweneens feitlik gelykop toe 5 378 kiesers teen die republiek stem en 5 257 daarvoor. Queenstown teken weer 'n baie hoë stempersentasie van 95,8% aan. In dieverkiesing van die volgende jaar wen die Nasionale Party die eerste keer in Queenstown toe J.J. Loots 369 stemme meer as die V.P. se C.J.S. Wainwright kry. Omdat Queenstown toe so gelykop was, het Steytler in daardie verkiesing inPort Elizabeth-Suid vir dieProgressiewe Party gestaan en met 2 730 stemme teen die V.P. se R.P. Plewman verloor. Hy is nooit weer tot die parlement verkies nie.
Steytler het die partyleier van die P.P. geword op die stigtingskongres op13 November1959 en dit gebly tot in Desember1970, maar was baie minder sigbaar asHelen Suzman, die party se enigste Parlementslid van die verkiesing op18 Oktober 1961 tot en met die verkiesing van1974, toe vyf ander L.P.'s ook verkies is. 'n Sesde lid is kort daarna in die tussenverkiesing inPinelands verkies.
Steytler is eers deurHarry Lawrence, voormalige kabinetsminister en die mees senior V.P.-lid wat die party in1959 verlaat het, opgevolg as tydelike leier, waarnaColin Eglin leier geword het in Februarie1971.