Johannes Henricus Brand | |
![]() | |
Ampstermyn 2 Februarie1864 – 14 Julie1888 | |
Voorafgegaan deur | M.W. Pretorius |
---|---|
Opgevolg deur | F.W. Reitz |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 6 Desember1823 Kaapstad,Kaapkolonie |
Sterf | 14 Julie 1888 (op 64) Bloemfontein,Oranje-Vrystaat |
Eggenoot/-note | Johanna Sibella Zastron |
Alma mater | Suid-Afrikaanse Kollege,Universiteit van Leiden |
Professie | Prokureur, Opvoedkundige |
Religie | Nederduits Gereformeerd |
SirJohannes Henricus Brand,GCMG (algemeen bekend asJan Brand en soms asJohn Henry Brand) (6 Desember 1823,Kaapstad – 14 Julie 1888,Bloemfontein) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus en die vierdeStaatspresident van dieOranje-Vrystaat, van 2 Februarie 1864 tot en met sy dood in1888. Sy leuse was "Alles sal regkom as elkeen sy plig doen".[1]
Hy was die seun vanSir Christoffel Brand (1797–1875),speaker van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie, en Catharina Frederica Küchler.
Hy is in Kaapstad gebore in die dae toe lordCharles Somerset nog goewerneur was.
Hy het aan dieSuid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad studeer en het daarna (1845) sy studies aan dieUniversiteit van Leiden inNederland voortgesit. Daarna is hy na Engeland en het in 1849 inInner Temple 'nadvokaat geword.
Jan het in1851 met Johanna Sibella Zastron getrou. Sy was die dogter van die Akteregistrateur in Kaapstad. Die egpaar het 8 seuns en 3 dogters gehad.
Na sy terugkeer na Suid-Afrika het Brand hom in Kaapstad gevestig waar hy as advokaat in die Hooggeregshof van dieKaap die Goeie Hoop gepraktiseer het tot in 1863.
In 1858 is Brand by dieSuid-Afrikaanse Kollege aangestel as professor in die regte. Vanweë sy simpatie met die republikeinse ideale van die burgers van die Oranje-Vrystaat, het hy daarheen geëmigreer. In 1863 is hy tot staatspresident van die Oranje-Vrystaat verkies en daarna weer vir opeenvolgende vyf-jaartermyne in 1869, 1874, 1879 en 1884. In 1864 het hy druk deur die Basoeto's op die grens onderdruk en na mislukte pogings omMoshoeshoe, die Basoeto-hoofman, te oorreed om sy mense binne sy grense te hou, het Brand die wapens teen Moshoeshoe in 1865 opgeneem. Die eerste oorlog is beëindig met dieVerdrag van Thaba Bosigo wat op 3 April 1866 onderteken is; 'n tweede oorlog, wat beëindig is met dieVerdrag van Aliwal-Noord, het op 12 Februarie 1869 geëindig. In 1871 het Brand Britse anneksasie van die dorpKimberley onsuksesvol teengestaan.
In 1871 is Brand deur 'n groot groep mense gevra om die president van dieZuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) te word en sodoende die twee Boererepublieke te verenig. Aangesien die projek vyandig teenoorGroot-Brittanje was, het hy besluit om dit nie te doen nie en het hy op dié manier sy beleid van neutraliteit teenoor Engeland gehandhaaf. In 1882 is hy vir sy moeite in hierdie opsig beloon en die Orde van Sint-Michaël en Sint-George (GCMG) is aan hom toegeken.
Jan Brand was 'n diep gelowige mens en was in sy openbare en private lewe onberispelik. Hy was besonder gewild onder die burgers van die Oranje-Vrystaat. Brand se uitdrukking"alles zal recht komen als elkeen zijn plicht doet" is in Afrikaans opgeneem as 'n idioom. Ná sy dood is 'n standbeeld inBloemfontein opgerig met geld wat van die publiek gekom het. Hy was ook bekend as die " Vader des Volks". Die hoofstraat in Bloemfontein se middestad is tot sy eer "President Brandstraat" genoem.