Jan Barnard (*21 Oktober1929 – †21 Oktober2012) was ’n Springbok-marathonatleet wat Suid-Afrika by dieOlimpiese Spele in 1956 en by dieStatebondspele in 1954 en 1958 verteenwoordig het. Hy was ’n joernalis van beroep en het ook vir baie jare in die kommunikasiewese gewerk, hoofsaaklik in die tabakindustrie, insluitende by Rembrandt. Hy is op 21 Oktober 2012 op sy 83ste verjaardag in Pretoria in sy slaap oorlede. Hy word deur vyf kinders en nege kleinkinders oorleef.[1]