Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Jacksonville Internasionale Lughawe

Koördinate:30°29′39″N081°41′16″W /30.49417°N 81.68778°W /30.49417; -81.68778
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jacksonville Int. Lughawe
IATA:JAXICAO:KJAXFAA:JAX
Opsomming
Tipe lughaweBurgerlik/militêr
Eienaar/OperateurJacksonville Aviation Authority
BedienJacksonville metropool
Geopen1 September 1968; 57 jaar gelede (1968-09-01)
Hoogte boseevlak30vt / 9m
Koördinate30°29′39″N081°41′16″W /30.49417°N 81.68778°W /30.49417; -81.68778
Webtuistewww.flyjax.com
Landkaart
FAA lughawediagram
FAA lughawediagram
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
vtm
08/2610 0003 048Beton
14/327 7012 347Beton
Statistieke (2022/23)
Lugbewegings99 616
Passasiers7 306 171
Tuislughawe72 vliegtuie
Bronne:Federale Lugvaartadministrasie, lughawe webblad[1][2]

Jacksonville Internasionale Lughawe(IATA:JAX,ICAO:KJAX,FAA LID:JAX) is 'n burgerlike-militêre openbare lughawe 21 km noord van DowntownJacksonville, in Duval County,Florida, Verenigde State. Dit word besit en bedryf deur die Jacksonville Aviation Authority.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
'n Lugfoto van Jacksonville Internasionale Lughawe omstreeks 1968 wat afsonderlike areas toon vir vertrekkende en aankomende passasiers aan verskillende kante van die terminaal

Konstruksie het in 1965 begin aan 'n nuwe lughawe om reis na nabygeleë vlootbasisse te hanteer. Die nuwe lughawe is op 1 September 1968 ingewy en het Imeson Field vervang wat dieselfde IATA-kode van JAX gedra het.[3] Beperking in oppervlakterrein het die verlenging van die aanloopbane by Imeson verhinder, 'n noodsaaklikheid met die ontstaan van kommersiële straalvliegtuie.

'n Nuwe idee by JIA was om vertrekkende en aankomende passasiers aan verskillende kante van die terminaal te skei. Dit is nie meer die geval nie, en die lughawe gebruik nou die meer tipiese uitleg met vertrekkende passasiers op 'n boonste vlak met 'n verhewe pad, en aankomende passasiers op die onderste vlak.

Die nuwe lughawe het aanvanklik stadig uitgebrei en teen 1982 net twee miljoen passasiers per jaar bedien, maar dit het teen 1999 meer as vyf miljoen jaarliks bedien en 'n uitbreidingsplan is in 2000 goedgekeur. Die eerste fase, wat die herbou van die landkantterminaal, die sentrale plein en hoofkonsessiegebied ingesluit het, asook die konsolidasie van die veiligheidskontrolepunte op een plek, en meer parkeerkapasiteit is in 2004–2005 voltooi. In 2007 is 6 319 016 passasiers hanteer.

Jacksonville ANGB is basies 'n klein lugmagbasis, al is dit sonder die militêre behuising, militêre hospitaal of ander infrastruktuur van groot Amerikaanse lugmaginstallasies . Die Air National Guard verskaf 'n volledig toegeruste USAF Crash Fire Rescue-stasie om die lughawe se eie brandweer aan te vul vir beide strukturele brande op die lughawe en vliegtuigredding en brandbestryding (ARFF) doeleindes. Die basis het ongeveer 300 voltydse militêre personeel en 1 000 deeltydse militêre personeel in diens wat tradisionele lugwagte is.[4]

Wandelgang C
Hek A3

Statistiek

[wysig |wysig bron]
JAX Jaarlikse passasiersverkeer 2017/2018 tot hede[5][6]
Fiskale JaarPassasiers
2017/20186 221 827
2018/20197 073 228
2019/20203 960 498
2020/20214 162 825
2021/20226 387 924
2022/20237 306 171
2023/2024

Top bestemmings

[wysig |wysig bron]
Besigste binnelandse roetes vanaf JAX (Januarie 2024 – Desember 2024)[7]
RangStadPassasiersRederye
1Atlanta, Georgia730 000Delta, Southwest
2Charlotte, Noord-Carolina329 000American
3Dallas/Fort Worth, Texas283 000American
4New York-JFK, New York183 000Delta, JetBlue
5Baltimore, Maryland174 000Southwest
6Philadelphia, Pennsilvanië169 000American, Frontier
7Miami, Florida160 000American
8Newark, New Jersey156 000United
9Chicago–O'Hare, Illinois146 000American, United
10Washington-Nasionaal, DC135 000American

Lugdiens markaandeel

[wysig |wysig bron]
Grootste lugrederye by JAX
(Junie 2023 – Mei 2024)
[8]
RangLugdiensPassasiersDeel
1American Airlines1 835 00024,94%
2Delta Air Lines1 692 00023,00%
3Southwest Airlines1 177 00016,00%
4United Airlines915 00012,43%
5JetBlue Airways471 0006,41%
Ander1 267 00017,22%

Landvervoer

[wysig |wysig bron]

Jacksonville Internasionale Lughawe het direkte openbare vervoerdiens na Jacksonville Transportation Authority se busnetwerk. Die Roete 1[9] -bus verbind die lughawe met die middestad van Jacksonville, met verbindings met Greyhound-busroetes en met die Jacksonville Skyway-enkelspoorstelsel.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Jacksonville International Airport".www.flyjax.com. Besoek op13 April 2023.
  2. JACKSONVILLE INTERNATIONAL AIRPORT TRAFFIC SUMMARY REPORT(Report).December 2023.https://www.flyjacksonville.com/PDFs/enplanements.pdf. 
  3. "Dedication program, Jacksonville International Airport
  4. Pike, John."125th Fighter Wing[125th FW]".GlobalSecurity.org.
  5. "JAX Airport Annual Passengers by Fiscal Year"(PDF). Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 26 Januarie 2022. Besoek op22 Junie 2024.
  6. "JAX Annual Passenger Traffic by Fiscal Year"(PDF).flyjacksonville.com. Besoek op22 Junie 2024.
  7. "Transtats". Bureau of Transportation Statistics. Besoek op31 Maart 2025.
  8. "Jacksonville International". Bureau of Transportation Statistics. Besoek op29 Augustus 2024.
  9. "Map - Jacksonville Transportation Authority Schedules and Routes".schedules.jtafla.com. Besoek op8 Desember 2022.[dooie skakel]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Jacksonville_Internasionale_Lughawe&oldid=2772600"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp