Jack Cope | |
|---|---|
| Gebore | Robert Knox Cope 3 Junie1913 Mooirivier,Natal |
| Sterf | 1 Mei1991 Stevenage,Hertfordshire |
| Beroep | Skrywer, digter, redakteur |
| Nasionaliteit | Suid-Afrika |
| Noemenswaardige toekennings | CNA-prys |
Robert Knox ″Jack″ Cope (1913–1991) was 'nSuid-Afrikaanseskrywer vanromans,kortverhale engedigte, asook ’nredakteur. Hy is bekend vir die romantiese verhouding wat hy in die vroeë 1960’s met die Suid-Afrikaanse digteresIngrid Jonker gehad het. Van 1960 af het hy ’n 20 jaar lange verbintenis met die tweetalige literêre tydskrifContrast gehandhaaf. Hy het agt romans geskryf (onder meerThe Fair House,The Golden Oriole,Albino enThe Rain-Maker), asook drie digbundels en verskeie kortverhaalbundels (insluitendeThe Tame Ox,The Man Who Doubted and Other Stories enAlley Cat and Other Stories).[1] In 1971 het hy dieCentral News Agency-prys vir Letterkunde virThe Rain-Maker ontvang.
Robert Knox Cope is op3 Junie1913 inMooirivier in die destydseNatal gebore en is tuis onderrig. Van 12 studeer hy aan die Durban Hoërskool en word daarna 'njoernalis vir dieNatal Mercury en toe 'n politieke korrespondent vir Suid-Afrikaanse koerante inLonden. Met die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog keer hy na Suid-Afrika terug. Hy trek naKaapstad waar hy van 1941 tot 1955 virThe Guardian in verskeie hoedanighede werk, insluitend as kulturele kritikus en 'n algemene redakteur.[2]
In 1942 trou hy met die kunstenaar Lesley de Villiers. Hulle is in 1958 uit mekaar en skei in die vroeë 1960's. Hulle het twee seuns, Raymond (1948–1977) enMichael (gebore 1952) gehad.
Cope is op1 Mei1991 inStevenage,Hertfordshire oorlede.
Van sy werke sluit in: