Ivoorkus ofCôte d'Ivoire (Frans: [kot divwaʁ],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Ivoorkus ofRepubliek Côte d'Ivoire (République de Côte d'Ivoire), is 'nland inWes-Afrika. Dit grens aanLiberië,Guinee,Mali,Burkina Faso, enGhana in die weste, noorde en ooste, en grens aan dieGolf van Guinee in die suide. Ivoorkus is een van die mees welvarende lande van die tropiese Wes-Afrikaanse lande. Die land se ekonomiese ontwikkeling is deur politiese onrus veroorsaak deur amptelike korrupsie en weiering om noodsaaklike hervormings te implementeer, ondergrawe.
Die land het aanvanklik inEngels asIvory Coast, bekend gestaan met ooreenstemmende vertalings in ander tale:Elfenbeinküste inDuits,Costa de Marfil inSpaans,Costa do Marfim inPortugees,Ivoorkust inNederlands,Ivoorkus inAfrikaans en so aan. In Oktober 1985 versoek die regering dat die land asCôte d'Ivoire moet bekendstaan in alle tale. Om die waarheid te sê, volgens nasionale wetgewing kan die naam van die land nie uit Frans vertaal word nie. Die wet kan natuurlik net in die land self toegepas word.
Ondanks die Ivoorse regeringsbepaling is Ivoorkus en die Engelse "Ivory Coast" (soms "the Ivory Coast") steeds die mees algemene naam wat onderskeidelik in Engels en Afrikaans gebruik word. Regerings gebruik egter "Côte d'Ivoire" vir diplomatieke redes. Journalistiekestylriglyne beveel gewoonlik (maar nie altyd nie) Ivoorkus of die Engelse ekwivalentIvory Coast" aan:
The Guardian koerant seStylriglyne sê: "Ivory Coast, not "the Ivory Coast" or "Côte D'Ivoire"; its nationals areIvorians".
DieBBC gebruik gewoonlik "Ivory Coast" beide in nuusverslae en op hulle webwerf oor die land[1].
DieUnited States Department of State gebruik "Côte d'Ivoire" in formele dokumente, maar gebruik "Ivory Coast" in baie algemene verwysings, toesprake en voorligtingstukke[2].
Pre-Europese koninkrykeLouis-Gustave Binger van Frans-Wes-Afrika het in 1892 'n verdrag onderteken met Famienkro-leiers, in hedendaagse N'zi-Comoé-streek, IvoorkusAankoms van die nuwe Frans-Wes-Afrikaanse goewerneur Louis-Gustave Binger in Kong, 1892Samori Touré – stigter en leier van die Wassoulou-ryk, 'ndjihadistiese land in Wes-Afrika wat die Franse regering weerstaan het
Nie veel is bekend oor Côte d'Ivoire voor die aankoms van dieEuropese skepe in die 1460's nie. Die hoof-etniese groepe arriveer redelik laat uit naburige gebiede: dieKru-bevolking migreer uit Liberië in omtrent 1600; dieSenoufo enLobi beweeg suidwaarts vanuit Burkina Faso en Mali. Eers in die 18de en 19de eeue migreer dieAkan-bevolkingsgroepe, insluitende dieBaoulé, van Ghana na die oostelike gebied van dié land en dieMandinka vanuit Guinee na die noordweste.
In vergelyking met die naburige Ghana het Côte d'Ivoire minder gelei onder dieslawehandel. Europese slaaf- en handelsskepe het ander gebiede langs die kus met beter hawens verkies.Frankryk raak in die 1840's in die gebied geïnteresseerd en haal lokale hoofmanne oor om Franse kommersiële handelaars 'n monopolie langs die kus toe te staan. Daarna bou die Franse vlootbasisse om nie-Franse handelaars uit te hou en begin 'n stelselmatige verowering van die binneland. Hulle verrig dit slegs na 'n lang oorlog in die 1890's teen Mandinka-magte, meestal vanuitGambië.Guerillaoorlogvoering deur die Baoulé en ander oostelike groepe duur voort tot 1917.
Die Franse het een oorheersende doelwit gehad: om die produksie van uitvoere te stimuleer.Koffie,kakao enpalmolie-gewasse is spoedig aan die kus aangeplant. Côte d'Ivoire het opgeval as die enigste Wes-Afrikaanse land met 'n beduidende bevolking 'setlaars'; elders in Wes- en Midde-Afrika was dieFranse enEngelse meestal burokrate. Gevolglik het 'n derde van die kakao-, koffie- enpiesang-plantasies aan Franse burgers behoort en 'n gehate dwangarbeid die ruggraat van die ekonomie geword.
Die seun van 'n Baoulé-hoofman,Félix Houphouët-Boigny, sou Côte d'Ivoire se vader van onafhanklikheid word. In 1944 vorm hy die land se eerste lanbouhandelsvereniging vir Afrika-kakaoboere soos hy. Gegrief met die koloniale beleid wat Franse plantasie eienaars bevoordeel, verenig hulle om trekarbeiders te werf vir hulle eie plase. Houphouët-Boigny kom spoedig op die voorgrond en binne 'n jaar word hy verkies tot die Franse parlement in Parys. 'n Jaar later skaf die Franse dwangarbeid af. Soos Houphouët-Boigny liewer vir geld en mag word en meer bemin raak met die Franse, laat hy geleidelik die meer radikale standpunte uit sy jeug vaar. Frankryk vergoed hom deur hom die eerste persoon uit Afrika te maak wat 'n minister in 'n Europese regering word.
Ten tye van Côte d'Ivoire se onafhanklikheid in 1960 was die land gemaklik Frans-Wes-Afrika se mees welgestelde land en dra meer as 40% van die gebied se totale uitvoere by. Toe Houphouët-Boigny die land se eerste president word gee sy regering die boere goeie pryse om produksie verder te stimuleer. Koffieproduksie styg dan ook heelwat, wat Côte d'Ivoire na die derde plek in totale uitset, naBrasilië enColombia, laat skiet. Met kakao gebeur dieselfde; teen 1979 is die land die wêreld se nommer een produsent. Dit word ook Afrika se voorste uitvoerder van pynappels en palmolie. Agter die skerms was Franse tegnici die brein agter die program, waarna gereeld as die 'Ivoorse wonderwerk' bestempel is. In die res van Afrika is Europeërs na onafhanklikheid uitgedryf; in Côte d'Ivoire het hulle ingestroom. Die Franse gemeenskap groei van 10 000 tot 50 000, meestal onderwysers en raadgewers. Vir 20 jaar handhaaf die ekonomie 'n jaarlikse groeitempo van byna 10% – die hoogste van Afrika se nie-olie uitvoer lande.
Polities het Houphouët-Boigny met 'n ysterhand regeer. Die pers was nie vry nie en slegs een party is verdra. Houphouët-Boigny was ook Afrika se nommer een skepper van 'skou' projekte. Soveel miljoene dollars is gespandeer op die transformasie van sy tuisdorp,Yamoussoukro, na die nuwe hoofstad dat dit die onderwerp van grappe geword het. Niemand lag egter teen die begin van die 1980's toe wêreld resessie en 'n lokale droogte skokgolwe deur die Ivoorse ekonomie stuur. Danksy die oor afkap van hout en suikerpryse wat ineenstort vermeerder die land se buitelandse skuld drievoudig. Stygende misdaad inAbidjan haal die nuus in Europa. Die wonderwerk was verby.
In 1990 staak honderde staatsamptenare waarby studente wat teen institusionele korrupsie betoog aansluit. Die onrus dwing die regering om veelparty demokrasie te ondersteun. Houphouët-Boigny word al hoe swakker en sterf in 1993. Sy keuropvolger isHenri Konan Bédié.
In Oktober 1995 wen Bédié oorweldigend in 'n herverkiesing teen 'n gefragmenteerde en swak georganiseerde opposisie. Hy verstewig sy houvas op die politieke lewe en stuur verskeie opposisie leiers tronk toe. In kontras hiermee verbeter ekonomiese vooruitsigte, ten minste oppervlakkig beskou, met dalende inflasie en 'n poging om van buitelandse skuld ontslae te raak.
Anders as Houphouët-Boigny, wat baie versigtig was en enige etniese konflik probeer vermy het en toegang tot Ivoorse nasionaliteit wyd oop gelos het vir immigrante van naburige lande, beklemtoon Bedié die konsep van Ivoirité om sy mededingerAlassane Ouattara, wat slegs een ouer het van Ivoorkus nasionaliteit, uit te sluit uit toekomstige presidensiële verkiesings. Omdat mense met hulle oorsprong in Burkina Faso 'n groot deel van die Ivoorse bevolking uitmaak lei die beleid tot uitsluiting van baie mense met Ivoorse nasionaliteit en raak verhoudings tussen verskeie etniese groepe gespanne.
Terselfdertyd sluit Bédié baie politieke opponente uit die weermag uit. In laat 1999 voer 'n groep ontevrede offisiere 'n militêre staatsgreep uit en plaas GeneraalRobert Guéi aan bewind. Bédié vlug in ballingskap na Frankryk. Die staatsgreep het die gevolg dat misdaad en korrupsie daal, en die generaals oefen druk uit vir spaarsamigheid en voer 'n openlike veldtog in die strate van die land vir 'n minder verkwistende samelewing.
'n Verkiesing word in Oktober 2000 gehou waarinLaurent Gbagbo met Robert Guéi meeding vir die presidentskap, maar dit was nóg vreedsaam nóg demokraties. Die aanloop tot die verkiesing is gekenmerk deur militêre en burgerlike onrus. Guéi se pogings om die verkiesing te dokter lei tot publieke opstand wat 180 sterftes en sy vinnige vervanging met die gunsteling om te wen, Gbagbo, tot gevolg het.Alassane Ouattara is deur die land se hooggeregshof gediskwalifiseer gegrond op sy ongeskiktheid spruitende uit sy Burkinabé-nasionaliteit. Die diskwalifikasie veroorsaak gewelddadige betogings waarin sy ondersteuners, hoofsaaklik van die land seIslamitiese noorde, met die onluste polisie in die hoofstad, Yamoussoukro, veg.
Op 19 September 2002 muit troepe en wen beheer van die land se noorde. In Abidjan is diegendarmerie in beslag geneem deur die rebelle en voormalige president Guéi met 15 ander in sy huis vermoor. Alassane Ouattara neem skuiling in die Franseambassade. Dit is nie heeltemal duidelik presies wat die nag van 19 September gebeur het nie; sommige verslae berig die gebeure as 'n militêrestaatsgreeppoging, maar ander bronne berig dat die opponente deur pro-Gbagbomoordbendes aangeval is en dat die rebellie 'n onbeplande reaksie daarop was.
'n Vroeëskietstilstand met die rebelle wat die volle ondersteuning van die noordelike bevolking het (meestal met Burkinabé oorsprong), blyk kortstondig te wees en gevegte oor die hoof kakao gebied word hervat. Frankryk stuur troepe om die skietstilstandgrense te handhaaf. Burgermagte, met inbegrip van warlords en vegters van Liberië enSierra Leone, buit die krisis uit om dele van die weste oor te neem.
In Januarie 2003 teken President Gbagbo en rebelleleiers verdrae om 'n 'regering van nasionale eenheid te skep'. Aandklokreëls word opgehef en Franse troepe ruim die wettelose westelike grens van die land op. Maar die sentrale vraagstukke bly onopgelos en nie een van die kante bereik hulle doelwitte nie.
Sedertdien het dienasionale eenheidsregering uiters onstabiel blyk te wees. In Maart 2004 is 120 mense in 'n opposisie-optog dood. 'n Verslag wat later gepubliseer word kom tot die gevolgtrekking dat die sterftes beplan is. Alhoewel dieVerenigde Nasies vredebewaarders ontplooi het, het verhoudings tussen Gbagbo en die opposisie aanhou versleg.
Sedert 1983 isYamoussoukro die amptelike hoofstad;Abidjan bly egter die administratiewe sentrum. Meeste lande hou hulle ambassades in Abidjan. Die bevolking lei steeds onder die voortgesetteburgeroorlog. Internasionalemenseregteorganisasies wys op probleme met die behandeling van gevangene nie-stryders aan beide kante en die herverskyning van kinderslawerny onder werkers in kakaoproduksie.
Sedert die voorval op 19 September 2002 het 'n burgeroorlog uitgebreek, en is die noorde van die land deur rebelle, dieNew Forces (FN) in besit geneem. 'n Nuwe presidensiële verkiesing sou in Oktober 2005 gehou word. Die nuwe verkiesing kon egter nie op skedule gehou word nie as gevolg van vertragings in voorbereidings.
Abidjan, grootste stad en voormalige hoofstad van Ivoorkus
Côte d'Ivoire is 'n land in westelikeAfrika suid van die Sahara. Dit grens aan Liberië en Guinee in die weste, Mali en Burkina Faso in die noorde, Ghana in die ooste, en die Golf van Guinee (Atlantiese Oseaan) in die suide.
Met nou bande aan Frankryk sedert onafhanklikheid sedert 1960, diversifikasie van landbou vir uitvoer, en aanmoediging van buitelandse belegging is Côte d'Ivoire een van die mees welgestelde van die tropiese Afrikastate.
76% van die bevolking word as Ivoriane beskou. Hulle behoort tot baie verskillende groepe wat taalgewys opgesom kan word as die onder die Kwa, Kru, Mande en Gur-taalgroepe.
As gevolg van Cote d'Ivoire se vestiging is as een van die mees suksesvolle lande in Wes-Afrika, bestaan ongeveer 20% van die bevolking uit werkers uit die naburige Liberië, Burkina Faso en Guinee. Dit het in die afgelope paar jaar geleidelik gelei tot stygende spanning, veral aangesien die meeste van die werkersMoslems is terwyl die inheems gebore bevolking oorwegendChristen (hoofsaaklikRooms-Katoliek) enanimiste is. 4% van die bevolking is van nie-Afrika afkoms. Baie isFrans,Brits, enSpaanse burgers, sowel as Protestante sendelinge van dieVerenigde State enKanada. In November 2004 is omtrent 10 000 Franse en ander buitelanders na veiligheid uit Cote d'Ivoire gebring as gevolg van die aanvalle deur regeringsgesinde jeugdige militias.
Rugby is ook 'n gewilde sportsoort en dieIvoriaanse nasionale rugbyspan het vir dieRugbywêreldbeker 1995 inSuid-Afrika gekwalifiseer, maar tydens die groepfase in die laaste plek geëindig. Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-AfrikaanseSpringbokke en die NamibieseWelwitschias beskou en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Afrikabeker mee. Hulle kon dié toernooi nog nie wen nie, hul beste prestasie tot dusver was die vierde plek in 2007.
In die Ivoriaanse stad Abidjan is die AfroBasket in 1985 en 2013 beslis en die Ivoriaanse nasionale basketbalspan het die AfroBasket in 1981 en 1985 beklink.