Islington | |
---|---|
Stadsdeel | |
![]() Die bekende kroegThe Angel, Islington | |
Koördinate:51°31′58″N0°06′22″W / 51.53278°N 0.10611°W /51.53278; -0.10611 | |
Land | ![]() |
Land | ![]() |
Graafskap | Groter Londen |
Borough | Islington |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | N1 |
Skakelkodes | 020 |
Islington [ˈɪzlɪŋtən] is 'n stadsdeel vanGroter Londen,Engeland wat net noord van die Britse hoofstad se sake- en finansiële sentrum, dieCity of London, geleë is. Dit is die sentrale naamgewende buurt vir die administratiewe distrikLondon Borough of Islington wat in 1965 met die samesmelting van twee vroeëre metropolitaanse distrikte, Islington en Finsbury, gevorm is. Die naam Islington het oorspronklik na die huidige distrik ofborough se noordelike buurte verwys. Sy etimologiese oorsprong is die Angel-Saksiese pleknaamGislandune ("Gisla se heuwel"). In dieDomesday Book van 1086 word na die nedersetting verwys asIseldone.
Islington was oorspronklik 'n herstellingsoord vir welgesteldes wat eers teen die einde van die 18de eeu minder aantreklik vir welvarende Londenaars geword het. Later, in die 20ste eeu, is Islington met literêre persoonlikhede soosEvelyn Waugh,George Orwell en Joe Orton verbind. Uiteindelik het ook Londenaars uit die hoër middelklas hulle tot die buurt aangetrokke gevoel en begin om ou woonhuise te renoveer. So was Islington ná die einde van dieTweede Wêreldoorlog een van die eerste stadsdele in Sentraal-Londen wat aangentrifikasie blootgestel is.
Vandag is Islington 'n hoofsaaklik residensiële buurt vanLonden se middestad (Inner London) wat van Islington High Street tot Highbury Fields strek en die gebied rondom die besige Upper Street, Essex Road en Southgate Road in die ooste insluit.