Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Isis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Antieke Egiptiese godin Isis. Vir die djihadiese militante groep "Islamitiese Staat in Irak en die Levant" soms afgekort as ISIS, sienIslamitiese Staat.
Isis
Die godin Isis uitgebeeld as ’n vrou met ’n kopstuk in die vorm van ’n troon en met ’n anch in haar hand.
Die godin Isis uitgebeeld as ’n vrou met ’n kopstuk in die vorm van ’n troon en met ’nanch in haar hand.
Soort godin Egipties
Godin vanGesondheid, die huwelik en liefde
Naam in hiërogliewe
stt
H8
B1
 of 
stt
y
I12
Kultussentrum Philae, Abydos
SimboolDie troon, die sonskyf met horings, swaeltjie, kobra, aasvoël
OuersGeb enNoet
SibbesOsiris,Set,Nephthys,Haroeris
MetgeselOsiris,Ra en somsAnoebis
KindersHorus,Bastet en somsAmmit
Portaal Portaalicoon Antieke Egipte

Isis (die oorspronklike Egiptiese uitspraak was meer waarskynlik "Aset" of "Iset") was in dieEgiptiesemitologie ’n godin wat aanbid is as die ideale ma en vrou, en as die beskermer van die natuur en toorkrag. Sy was die vriendin van slawe, sondaars en vertraptes, maar het ook die gebede van die rykes, maagde, aristokrate en heersers aangehoor.[1] Sy word dikwels uitgebeeld as die ma vanHorus, maar soms is Horus se maHathor. Isis is ook bekend as die beskermer van die dooies en die godin van kinders.

Die naam Isis beteken "troon"[2] en haar kopstuk is ’n troon. As die verpersoonliking van die troon was sy ’n belangrike verteenwoordiger van diefarao se mag. Die farao is uitgebeeld as haar kind, wat op ’n troon sit wat sy verskaf het.

Haar kultus was gewild regdeur Egipte, maar haar belangrikstetempels was by Behbeit El-Hagar in dieNyldelta en later op die eilandPhilae inBo-Egipte.

Mite

[wysig |wysig bron]
Van links: Isis, haar man, Osiris, en hul seun, Horus – die karakters van die Osiris-mite – in ’n standbeeld uit die22ste Dinastie van Egipte.
Beeld van ’n vrou, waarskynlik Isis, wat rou; 15de of 14de eeu v.C.

Die mite oor die dood en herlewing vanOsiris is die eerste keer in diePiramidetekste genoem en het gegroei tot een van die uitgebreidste en invloedrykste mites van Egipte.[3] Isis speel die aktiefste rol in die mite en namate dit van dieNuwe Ryk (omstreeks 1550-1070 v.C.) tot diePtolemeïese tydperk (305-30 v.C.) in dieletterkunde ontwikkel het, het sy een van die mees komplekse mitologiese karakters geword.[4] Terselfdertyd het sy eienskappe van ander godinne opgeneem, wat haar aansien tot ver buite die Osiris-mite uitgebrei het.[5]

Isis is deel van dieEnnead vanHeliopolis, ’n familie van nege gode wat van die skeppergod,Atoem ofRa, afstam. Sy en haar sibbes – Osiris,Set enNephthys – is die laaste geslag van die Ennead en die kinders vanGeb, god van die aarde, enNoet, godin van die lug. Die skeppergod, die wêreld se oorspronklike heerser, se mag word van seun tot seun van die Ennead oorgedra, sodat Osiris eindelik koning word. Isis, wat Osiris se suster is, is ook sy vrou en koningin.[6]

Set vermoor Osiris en sny sy liggaam, in verskeie weergawes van die mite, in stukke op. Isis en Nephthys, asook ander gode soosAnoebis, soek na die stukke van sy liggaam en sit dit weer aanmekaar. Hulle daad is ’n mitiese prototipe vanmummifikasie en ander Egiptiese begrafnisrituele.[7] Isis is die perfekte voorbeeld van die rouende weduwee. Haar en Nephthys se liefde vir en hartseer oor hulle broer, en Isis se opsê van towerspreuke, help om hom weer te laat lewe.[8] Antieke Egiptiese begrafnistekste bevat toesprake deur Isis waarin sy haar hartseer oor Osiris se dood uitspreek, asook haar seksuele begeerte na hom en selfs woede omdat hy haar verlaat het. Al hierdie emosies speel ’n rol in sy herlewing, omdat hulle bedoel is om hom tot aksie aan te spoor.[9]

Eindelik wek Isis vir Osiris op en het seks met hom, waartydens hulle seun, Horus, verwek word.[7] Hierna lewe Osiris net voort in dieDoeat, of onderwêreld. Maar deur ’n seun en erfgenaam vir hom te baar wat sy dood kan wreek en begrafnisrituele vir hom kan uitvoer, maak Isis seker haar man sal in diehiernamaals bly bestaan.[10]

Isis se rol in oortuigings oor die hiernamaals is op hierdie mite gebaseer. Sy het gehelp om die siele van afgestorwe mense tot heelheid te herstel nes sy vir Osiris gedoen het. Nes ander godinne, soosHathor, het sy ook die rol vertolk van moeder vir die dooies deur beskerming en voeding te verskaf.[11]

Vir ’n groot deel van die Egiptiese geskiedenis is geglo manlike gode soos Osiris verskaf herskeppende kragte, onder meer seksuele vermoë, wat noodsaaklik vir hergeboorte was. Daar is geglo Isis het hom bloot gehelp deur sy krag te stimuleer.[11] In dieNuwe Ryk het vroulike goddelike mag belangriker in oortuigings oor die hiernamaals geword.[12] Verskeie Ptolemeïese tekste lê klem daarop dat Isis die aktiewe rol vertolk het in die verwekking van Horus deur haar onaktiewe manseksueel te stimuleer,[13] sommige grafversierings uit die Romeinse tydperk beeld Isis uit in ’n sentrale rol in die hiernamaals,[14] en volgens ’n begrafnisteks uit dié tydperk is geglo vroue kan in die hiernamaals by die gevolg van Isis en Nephthys aansluit.[15]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. R.E Witt,Isis in the Ancient World, p. 7, 1997,ISBN 978-0-8018-5642-6
  2. "Isiopolis essay by M. Isidora Forrest (Isis Magic, M. Isidora Forrest, Abiegnus House, 2013,[[Spesiaal:Booksources/978-1-939112-00-2|ISBN 978-1-939112-00-2]]) on Isis' name origin and pronunciation" (in Engels). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 November 2012. Besoek op30 Julie 2014.{{cite web}}:URL–wikilink conflict (hulp)
  3. Wilkinson 2003, p. 119.
  4. Vinson 2008, pp. 313–316.
  5. Dunand& Zivie-Coche 2004, pp. 235–237.
  6. Pinch 2004, pp. 66, 68, 76–78.
  7. 12Pinch 2004, pp. 79–80, 178–179.
  8. Assmann 2005, pp. 32–36, 115–118.
  9. Smith 2009, pp. 54–55, 97–99.
  10. Assmann 2001, pp. 129–131, 144–145.
  11. 12Cooney 2010, pp. 227–228.
  12. Cooney 2010, pp. 235–236.
  13. Smith 2009, pp. 119, 141.
  14. Venit 2010, pp. 98, 107.
  15. Smith 2017, p. 386.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Assmann, Jan (2001) [Duits 1984].The Search for God in Ancient Egypt. Vertaal deur David Lorton. Cornell University Press.ISBN 978-0-8014-3786-1.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Assmann, Jan (2005) [Duits 2001].Death and Salvation in Ancient Egypt. Vertaal deur David Lorton. Cornell University Press.ISBN 978-0-8014-4241-4.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Cooney, Kathlyn M. (Desember 2010). "Gender Transformation in Death: A Case Study of Coffins from Ramesside Period Egypt".Near Eastern Archaeology.73 (4):224–237.JSTOR 41103940.{{cite journal}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Dunand, Françoise; Zivie-Coche, Christiane (2004) [Frans 1991].Gods and Men in Egypt: 3000 BCE to 395 CE. Vertaal deur David Lorton. Cornell University Press.ISBN 978-0-8014-8853-5.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Eusebius,Kronikon 32.9–13, 40.7–9, 43.12–16
  • Ovidius,Metamorfose i.588–747
  • Pinch, Geraldine (2004) [1ste uitg. 2002].Egyptian Mythology: A Guide to the Gods, Goddesses, and Traditions of Ancient Egypt. Oxford Univ. Press.ISBN 978-0-19-517024-5.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Smith, Mark (2009).Traversing Eternity: Texts for the Afterlife from Ptolemaic and Roman Egypt. Oxford University Press.ISBN 978-0-19-815464-8.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Smith, Mark (2017).Following Osiris: Perspectives on the Osirian Afterlife from Four Millennia. Oxford University Press.ISBN 978-0-19-958222-8.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Venit, Marjorie S. (2010). "Referencing Isis in Tombs of Graeco-Roman Egypt: Tradition and Innovation". In Bricault, Laurent; Versluys, Miguel John (reds.).Isis on the Nile: Egyptian Gods in Hellenistic and Roman Egypt. Proceedings of the IVth International Conference of Isis Studies, Liège, November 27–29, 2008. Brill. pp. 89–119.ISBN 978-90-04-18882-2.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Vinson, Steve (2008). "Through a Woman's Eyes, and in a Woman's Voice: Ihweret as Focalizor in theFirst Tale of Setna Khaemwas". In McKechnie, Paul; Guillaume, Philippe (reds.).Ptolemy II Philadelphus and His World. Brill. pp. 303–351.ISBN 978-90-04-17089-6.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
  • Wilkinson, Richard H. (2003).The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. Thames & Hudson.ISBN 978-0-500-05120-7.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Gode
AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawet
Geskrifte
Ander
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Isis&oldid=2862455"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp