'n Tekening van die Irannese AirbusDie kaart dui die vertrekpunt en die bestemming van die Irannese Airbus aan asook die posisie waar dit neergeskiet is. DieUSS Vincennes het binne Iran se maritieme sone gevaar toe dit sy vuurpyle afgevuur hetDieUSS Vincennes
Iran Air-vlug 655 (IR655) was 'n geskeduleerde vlug tussenTeheran enDoebai,Verenigde Arabiese Emirate, met 'n tussenlanding in dieIrannese hawestadBandar Abbas. Op3 Julie1988 is hierdie roete deur 'nAirbus A300B2-straler met die vlugkode EP-IBU bedien. Die passasiersvliegtuig is op die tweede deel van die roete oor diePersiese Golf naby die Irannese eilandQesjm deur dieAmerikaanse oorlogskipUSS Vincennes (CG-49) met twee vuurpyle neergeskiet. Al 274 passasiers, waaronder 66 kinders en 38 buitelanders, en 16 bemanningslede is in die voorval dood.
Volgens 'n verklaring, wat deur die Amerikaanse regering uitgereik is, is die passasierstraler deur dieUSS Vincennes se bemanning valslik as 'n vyandelikeF-14 Tomcat geïdentifiseer wat besig was om die skip aan te val. Die Irannese Airbus was egter juis besig om op te styg toe dit neergeskiet is. Die Irannese straler is deur dieUSS Vincennes se verkenningstelsels korrek as Airbus geïdentifiseer, en dit was net die skip se foutiewe elektronieseAegis-gevegstelsel wat vals gegewens getoon het. Die bemanning het liewer op die gevegstelsel vertrou.
Die voorval het internasionale proteste uitgelok. Die Irannese regering het dit as 'n "barbaarse handeling" beskryf, en Teheran beweer steeds dat die straler opsetlik neergeskiet is ofskoon dit duidelik 'n siviele vliegtuig was. Tydens 'n toespraak by dieVerenigde Nasies het die destydse Amerikaanse adjunkpresidentGeorge H.W. Bush die voorval as 'n handeling in oorlogstye verdedig. Volgens hom het die Amerikaanse bemanning in hul omstandighede korrek gereageer, en hy het dus geweier om Iran namens die Verenigde State om verskoning te vra.
Die voorval was besonder traumaties vir die Irannese regering en bevolking aangesien die land in Julie 1988 nog in 'n oorlog met sy buurlandIrak gewikkel was. Iraniërs het sodoende onder die indruk gekom dat die VSA bereid was om tot die oorlog toe te tree en die land aan te val – 'n stryd wat vir Iran uitsigloos moes lyk.
International Court of Justice, (2001), "Case Concerning the Aerial Incident of July 3, 1988: v. 1: Islamic Republic of Iran v. United States of America", United Nations,ISBN 92-1-070845-8
Rochlin, Gene I. (1997).Trapped in the Net: The Unanticipated Consequences of Computerization. US: Princeton University Press.ISBN0-691-01080-3.
Rogers, Sharon, (1992)Storm Center: The USSVincennes and Iran Air Flight 655: A Personal Account of Tragedy and Terrorism, U.S. Naval Institute Press,ISBN 1-55750-727-9