Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Irak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Irak
جمهورية العـراق
Jumhūriīyet al-ʿIrāq (Arabies)
کۆماری عێراق
Komarî Êraq (Koerdies)
Vlag van IrakWapen van Irak
VlagWapen
Volkslied: موطني
Mawtini
(Arabies vir: "My vaderland")
Ligging van Irak
HoofstadBagdad

33°20′N44°23′O / 33.333°N 44.383°O /33.333; 44.383

Grootste stadBagdad
Amptelike taleArabies enKoerdies[1]
RegeringFederale parlementêre
grondwetlikerepubliek
Latif Rashid
Mohammed Shia' Al Sudani
Onafhanklikheid
• Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet
van dieVerenigde Koninkryk
3 Oktober1932
14 Julie1958
15 Oktober2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
438 317 km2  (58ste)
169 235 myl2
4,62 (2015)[2]
Bevolking
 - 2022-skatting
 -Digtheid
 
40 462 701[3] (36ste)
82,7 / km2 (125ste)
214,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$524,210 miljard[4] (48ste)
$12 408[4](114de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$282,876 miljard[4] (47ste)
$6 696[4](111de)

MOI (2021) 0,686[5] (121ste)  – medium
Gini (2012)29,5[6] – medium
GeldeenheidDinar (IQD)
Tydsone
 -Somertyd
AST (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD.iq
Skakelkode+964

Irak (Arabies: العراق,al-‘Irāq;Koerdies: عێراق,Eraq), amptelik dieRepubliek Irak (Arabies: جُمُهورية العِراق;,Jumhūrīyyat al-‘Irāq,luister(hulp·inligting); Koerdies: کۆماری عێراق,Komari Eraq), is 'nland in dieMidde-Ooste enSuidwes-Asië. Irak grens aanTurkye in die noorde,Iran in die ooste,Koeweit in die suidooste,Saoedi-Arabië in die suidweste, en beideSirië enJordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan diePersiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.

Nasa-Satellietbeeld van Irak
Kaart van Irak
Topografiese kaart van Irak

Irak, vroeër bekend asMesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teenPersië (nou Iran) en dieOttomaanse Ryk (nou Turkye). Irak, onder die bewind van die voormaligepresidentSaddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu, dieIran-Irakse Oorlog (1980–1988), dieGolfoorlog (1991) en dieIrakse Oorlog (2003), onderskeidelik ook as die Eerste, die Tweede en die Derde Golfoorlog bekend.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uitGrieks, weens sy ligging tussen dieEufraat- enTigrisriviere), ook bekend as die wieg van die beskawing. Omstreeks 4 000 v.C. het dieSumeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, diespykerskrif, ontwerp.

In 2340 v.C. het dieAkkadiese militêre leierSargon die gebied verower.

Onlangs

[wysig |wysig bron]

Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe dieVerenigde State en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën vanVerenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die Verenigde State aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.

Politiek

[wysig |wysig bron]

Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesein het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'nstaatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, dieIran-Irakse Oorlog, die Golfoorlog en die Irakse Oorlog.

Onder die bewind van die Ba'ath-party is dieSoenni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. DieSjiiete enKoerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n beweerde bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiiete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.

Provinsies

[wysig |wysig bron]
Kaart van Irak se 18 provinsies

Irak bestaan uit 18 provinsies:

1.Bagdad
2. Salah ad Din
3. Diyala
4. Wasit
5. Maysan
6. Al Basrah
7. Dhi Qar
8. Al Muthanna
9. Al Qadisyah

10. Babil
11. Karbala
12. An Najaf
13. Al Anbar
14. Ninawa
15. Dhok
16. Arbil
17. At Ta'mim
18. As Sulaymaniyah

Geografie

[wysig |wysig bron]
Die Sharpark inArbil (IrakseKoerdistan) is in 2010 opgeknap

Die grootste dele van Irak iswoestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golfoorlog.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Irak het die vyfde grootste bekenderuoliereserwes ter wêreld.[7][8]

Demografie

[wysig |wysig bron]

Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiiete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uitArabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) enTurke.

Ongeveer 97% van die bevolking isMoslems (Sjiiete 64% en Soenniete 31%), 3%Gnostisisme/Jesiede en sowat 1% isChristene.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Iraq, Ministry of Interior – General Directorate for Nationality: Iraqi Constitution (2005)"(PDF). Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 4 Maart 2011. Besoek op4 Maart 2011.
  2. (en)"Surface water and surface water change".OESO. Besoek op28 Oktober 2022.
  3. (en)"Iraq".Central Intelligence Agency. Besoek op28 Oktober 2022.
  4. 4,04,14,24,3(en)"Iraq".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op28 Oktober 2022.
  5. (en)"Human Development Report 2021/2022"(PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op28 Oktober 2022.
  6. (en)"Gini Index – Iraq".Wêreldbank. Besoek op28 Oktober 2022.
  7. (en)http://www.eia.gov/cfapps/ipdbproject/IEDIndex3.cfm?tid=5&pid=57&aid=6
  8. (en)http://www.opec.org/opec_web/en/data_graphs/330.htm

Bronne

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metIrak.
Lande en gebiede inAsië
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Afrika
Asië
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Irak&oldid=2532722"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp