Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ioonenjin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Ioonenjintoets.

'nIoonenjin (ofioniese aandrywer) is een van vele tipesruimtetuig aandrywers. Dit gebruik ioonstrale om 'n aandrywings krag te veroorsaak. Die presiese metode waarop ioone versnel word kan verskil van ontwerp tot ontwerp, maar alle ontwerpe maak staat op dielading/massa verhouding van ioone om hulle tot baie hoë snelhede te versnel met die gebruik van 'n hoë-spanningelektriese veld. Ioonenjins kan om hierdie rede 'n baie hoëspesifieke impuls bereik, wat die hoeveelheid benodigdereaksie massa verminder maar die hoeveelheid benodigdekrag vermeerder in vergelyking met chemiese vuurpyle. Ioonenjins kan tien keer beteraandryfstof effektiwiteit as tradisionelevloeistof brandstof vuurpyl enjins bied, maar is bedwing tot baie lae versnellings deur diekrag/gewig verhouding van beskikbare kragstelsels. Kragvlakke wat deur die ioonenjins gebied word is maar op die skaal van 50mN.

Die eerste ioonenjins, bekend as kaufman-tipe ioonenjins, was ontwikkel deurHarold R. Kaufman wat in die 1960's virNASA gewerk het en was gebaseer op dieDuoplasmatron.

Tipes ioonenjins

[wysig |wysig bron]

Daar is talle tipes ioonenjins tans in ontwikkeling; sommige word tans gebruik, wyl ander nog nie op ruimtetuie geïnstalleer was nie. Sommige van dié ioonenjins sluit in:

Basiese Ontwerp

[wysig |wysig bron]

Inelektrostatiese ioonenjins word onreaktieweelemente soosargon,kwik ofxenongeïoniseer deur hulle te bombardeer met elektrone wat deur 'n katode filament uitgestraal word. In sommige ander ontwerpe word die onreaktiewe elemente op ander maniere geïoniseer, soos bv. deurmikrogolwe. Diekatione word dan versnel deur 'n hoëspanning elektriese veld met 'n katode rooster wat stroomaf geleë, die katione versnel dan deur die gapings in die rooster waarna hul hoëmomentum hul toelaat om die katode se aantrekking te ontsnap en in 'n stroom die enjin verlaat. Die elektrone wat vroeër van die katodes verwyder was word dan stroomaf van die katode-rooster in diekatioon-stroom gesprooi, dit laat dan die enjin neutraal.

As gevolg van dieversnelling van diemassiewe ione word 'n reaksie-krag gegenereer wat die enijin dan voerntoe laat versnel.

Voordele

[wysig |wysig bron]
  • Die belangrikste voordeel van ioonenjins is hul lae aandryfstof gebruik. Dit is as gevolg van die hoë lading/massa verhouding van die atome wat die aandryfstof opmaak. Dié verhouding beteken dat die katione teen baie hoësnelhede deur die katode-rooster by die enjin uitgestraal word, daarom is die katione se momentum so hoog dat min ione nodig is om die ruimtetuig ver te neem.
  • Alhoewel die laekragvlakke van die enjin oor die algemeen as 'n nadeel beskou word hou dit wel ook 'n voordeel in. Die klein kragte wat deur die enjin gebied word is perfek vir die presiese veranderinge wat nodig is omsatelliete in hul wentelbane te hou.

Nadele

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metIoniese aandrywing.
  • Die hoë effektiwiteit van die enjins laat dit toe om baie langer afstande, goedkoper af te lê as tradisionele vuurpyle.
  • Die lae kragvlakke wat ioonenjins bied beperk die afstand wat ruimtetuie, berus met ioonenjins, prakties kan aflê ten spyte van die uiters hoë effektiwiteit wat dit andersins sou toe laat om baie lang afstande af te lê. Die lae kragvlakke maak dit ook onmooontlik vir ioonenjins om ruimtetuie te lanseer, daar sal dus steeds op duurder en onveiliger vuurpyle staatgemaak word vir lanserings.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ioonenjin&oldid=2393089"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp