Visualisering van 'n gedeelte van die InternetGetal internetgebruikers volgens lande in 2012Persentasie internetgebruikers volgens lande in 2015Internetsensuur en toesig volgens lande in 2017:██ Deurlopende sensuur en/of toesig██ Aansienlike sensuur en/of toesig██ Selektiewe sensuur en/of toesig██ Min of geen sensuur en/of toesig██ Nie geklassifiseer nie/geen data nie
DieInternet is ’n wêreldwye stelsel vanrekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is endata uitruil met behulp van die gestandaardiseerdeTCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbarerekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deuroptiese vesel- enkoperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings.
Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na dieWêreldwye web te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is. Ander sluit ine-pos, lêeroordrag (FTP), geselsdienste en aanlynspeletjies.
Die voorloper tot die Internet wasARPANET – ’n netwerk van militêre netwerke, en later ook universiteitsnetwerke, wat in 1969 in dieVerenigde State ontstaan het. Op 1 Januarie 1983 het ARPANET oorgeskakel van die ou NCP-protokol na TCP/IP en so die weg gebaan vir die ontstaan van die moderne Internet.
Dit was egter eers in die negentigerjare dat die publiek die Internet "ontdek" het. In Augustus 1991 hetTim Berners-Lee enRobert Cailliau dieWêreldwye web-projek gepubliseer nadat hulle ’n paar jaar aanHTTP enHTML gewerk het. Die eerste webbladsye het verskyn byCERN inSwitserland, waar hulle albei gewerk het.
Met die uitvinding van bladsye wat aan mekaar verbind word deur klikbare skakels (HTML/WWW) het Tim Berners-Lee die Internet inderwaarheid vir die groot publiek beskikbaar gestel. Hy word dus beskou as die uitvinder/grondlegger van die huidige Internet.
Sedertdien het dit ’n wêreldwye fenomeen geword met die karakter van ’n massamedium. Dit is die mees gebruikte kommunikasiemiddel ooit. Een van die bydraende faktore tot die Internet se sukses is waarskynlik dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is.
Daar is verskeie metodes om toegang tot die Internet te kry, soos inbelverbindings, breëband (oor ’n koaksiale, optiese vesel- of koperkabel),Wi-Fi,satelliet en3G-selfone.
Engels is verreweg die oorheersende taal op die Internet (met 30% van gebruikers), gevolg deurChinees, (17%),Spaans (9%),Japannees (7%),Frans (5%) enDuits (5%).[1]
Internettegnologie het in die laaste jare so goed ontwikkel, veral in die gebruik vanUnicode, dat daar tans in feitlik enige taal gekommunikeer kan word, selfs dié wat ander skryfstelsels as dieLatynse alfabet gebruik.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Wêreldwye web.
Grafiese voorstelling van ’n baie klein deeltjie van dieWêreldwye web om hiperskakels te demonstreer.
Soos reeds genoem, is die terme "Internet" en "Wêreldwye web" (soms net die Web genoem) nie sinonieme nie, hoewel dit dikwels so gebruik word.
Die Wêreldwye web is ’n groot stelsel dokumente,beelde en ander bronne wat deur hiperskakels enURL's verbind word. Hierdie skakels en URL's stelwebbedieners en ander masjiene waarop die oorspronklikes data gestoor word, in staat om die data te stuur met behulp vanHTTP (Hypertext Transfer Protocol). HTTP is slegs een van die kommunikasieprotokols op die Internet.
Met behulp vanwebblaaiers soosWindows Internet Explorer,Mozilla Firefox,Opera en ander kan Internetgebruikers toegang kry tot webbladsye. Hulle kan ook tussen webbladsye of webwerwe navigeer met behulp van hiperskakels. Webdokumente kan feitlik enige kombinasie van rekenaardata bevat, onder andere grafika, klank, video's, gewone teks, multimedia en interaktiewe inhoud soos webspeletjies, sagteware en demonstrasies.
Deur sleutelwoord-soektogte metsoekenjins soosYahoo! enGoogle het miljoene mense vinnige, maklike toegang tot ’n oneindige verskeidenheid aanlyninligting. In vergelyking met gedrukteensiklopedieë en tradisionelebiblioteke het die Wêreldwye web ’n skielike en geweldige desentralisasie van inligting en data tot gevolg gehad.
Buiten webwerwe waarmee individue, organisasies en adverteerders ’n ontsaglike hoeveelheid mense kan bereik, word belangstelling in die Web ook aangevuur deur verskynsels soos webjoernale of blogs, asook versamelings persoonlike webbladsye soos dié op GeoCities,Facebook enMyspace. So word miljoene mense in staat gestel om op die Internet te kommunikeer sonder ’n groot kennis van onder andereHTML-teks.
Met meer moderne stelsels sooswiki-sagteware kan mense ook met behulp van vooraf ontwerpte bladsye bydra tot ’n gemeenskaplike doel soos die skep van ’n ensiklopedie soosWikipedia.