'nInryteater (ofinry) is 'nrolprent-teater wat uit 'n groot skerm, projektorkamer en 'n parkeerarea virmotors bestaan. Kliënte kan in 'n inry rolprente vanuit dieprivaatheid en gemak van hulle motors geniet.
Die skerm word gewoonlik op 'nstaalstuktuur gemonteer, hoewel 'n eenvoudige muur wat wit geverf is ook soms gebruik word. Die area tussen die skerm en eerste ry karre word dikwels as 'n speelarea vir kinders ingerig of vir ander vermaaklikheid gebruik. Advertensies word gewoonlik op die agterkant van die skerm aangebring om ekstra inkomste te verseker.
Die film word vanuit die projektorkamer op die skerm geprojekteer. 'nSnoepwinkel word soms aan die projektorkamer gebou om kliënte van verversings te voorsien.
Oorspronklik is dieklank deur luidsprekers wat op die skerm gemonteer is gespeel, maar later is individuele luidsprekers gebruik wat aan die motors se ruite kon hak. Die stelsel is later vervang deur lae frekwensieradiouitsendings wat op die motor se radio opgevang kon word.
Inryteaters was gewild in die laat 1950's en vroeë 1960's. Die koms vantelevisie en kostes verbonde aan groot landareas het geleidelik tot die uitfasering van inrye gelei. Vandag is slegs enkele inryteaters steeds in gebruik.
Suid-Afrika se laaste inry, dieMenlyn Park-inryteater, het aangekondig dat hulle op 28 Februarie 2014 gaan sluit. Die inry op die Menlyn Park-winkelsentrum se dak was die laaste van sy soort in die land nadat die Velskoen-inry in Randburg sy deure in Junie 2012 gesluit het.[1]
In2014 het die 'nAmerikaanse restaurantgroep, Johnny Rockets, aangekondig dat hulle 'n vennootskap met die inryteatermaatskappy 'VSA Drive-ins' aangegaan het, met die doel om 200 splinternuwe inryteaters teen2018 in dieVSA oop te maak.[2]