Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Indus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Indus
Die Indus naby Skardu, Indië
Die Indus naby Skardu,Indië
Die Indus naby Skardu,Indië

Die stroomgebied van die Indus

OorsprongSênggêkanbab, naby die bergKailash in die Trans-Himalaja,Tibet (Volksrepubliek China)
MondingnabySindh,Pakistan, in dieArabiese See
Indiese Oseaan
StroomgebiedVolksrepubliek China,Indië enPakistan
Lengte3 200 km (2 000 myl)
Oorspronghoogte5 300 m (17 389 voet)
Mondinghoogte0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop6 600 m³/s (230 000 vt³/s)
Stroomgebiedopp.1 165 000 km² (450 000 myl²)
Kaart van die Indus-bekken in Asië
Kaart van die Indus-bekken in Asië

DieIndus (Sanskrit: सिन्धु;Oerdoe: دریائے سندھ,Darya-e Sindh;Hindi: सिन्धु नदी,Sindhu Nadi;Sindhi: سنڌوSindhu;Panjabi: سندھSindh;Persies:Nilau "blou water" enAb-e-sind "water van Sindh";Arabies: نهر السند,Al-Sind;Tibettaans: སེང་གེ།་གཙང་པོ;Chinees: 森格藏布/狮泉河/印度河;Grieks: ΙνδόςIndós;Turks:Indus Nehri) is 'n grootsuid-vloeienderivier inAsië. Dié rivier, met 'n lengte van 3 200 km (2 000 myl), is die langste rivier inSuid-Asië en mond in dieArabiese See uit.[1] Saam met vier ander riviere kenmerk die Indus die streekPunjab, "die land van vyf riviere".

Nasa-Satellietbeeld van die Indus

Die Indus ontstaan deur die saamvloei van die Sênggê Zangbo met verdere spruite in die Trans-Himalaja in dieChinese outonome gewesTibet, naby die bergKailash. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur die omstrede en outonomeNoord-Indiese deelstaat Jammu en Kasjmir en verder deurPakistan. In die noorde van dié land maak die Indus 'n boog in 'n suidwestelike rigting en vloei deur die provinsies Punjab en Sindh. Hier bereik dié rivier die stadHyderabad, die grootste stad aan dié rivier. Verder suid mond die Indus net suidoos vanKaratsji in die Arabiese See uit.

Die Indus is die belangrikste rivier in Pakistan en word as lewenslyn van dié land beskou. Die rivier is veral bekend vir die antiekeIndusvalleibeskawing en as oostelike grenslyn vanAlexander die Grote se groot ryk. Na die Indus is dieIndiese subkontinent, Indië en die Pakistanse provinsie Sindh genoem.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Saamvloei van Indus en Zanskar in Jammu en Kasjmir, Indië
    Saamvloei van Indus en Zanskar in Jammu en Kasjmir, Indië
  • Die Indus naby Leh, Indië
    Die Indus naby Leh, Indië
  • Die Indus soos vanaf die Karakoram-grootpad in Pakistan gesien
    Die Indus soos vanaf die Karakoram-grootpad in Pakistan gesien
  • Ou brug oor die Indus in Pakistan
    Ou brug oor die Indus in Pakistan

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Indus River" (in Engels).Encyclopædia Britannica. 3 Augustus 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Indus&oldid=2208340"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp