Indium is 'nchemiese element met die simboolIn enatoomgetal van 49. Hierdie seldsame, sagte, pletbare en laagsmeltende metaal is chemies soortgelyk aanaluminium ofgallium maar kom nouer ooreen metsink (sinkertse is die hoofbron van hierdie metaal). Die hooftoepassing van die element is om deursigtige elektrodes te vervaardig vanuit indiumtinoksied invloeistofkristal vertooneenhede. Dit word baie gebruik in dunfilms om smeringslae te vorm (dit is tydens dieTweede Wêreldoorlog gereeld gebruik om die laers in hoë-werkverrigtingsvliegtuie te bedek). Dit word ook gebruik om buitengewoon lae smeltpunt legerings te maak en is 'n komponent van sommige loodvrye soldeersels.
Indium is 'n baie sagte, silwerwit, seldsame ware metaal met 'n helder glans. As suiwer indium-metaal gebuig word gee dit 'n skril klank af. Beidegallium en indium het die vermoë omglas tebenat.
Een buitengewone eienskap van indium is dat sy mees algemeneisotoop effens radioaktief is; dit verval baie stadig deurbeta-verval natin. Hierdie radioaktiwiteit word nie as gevaarlik beskou nie, hoofsaaklik omdat die halfleeftyd 4.41 x 1014 jaar is. Anders as sy periode 5-buurelement,kadmium, is indium nie 'n kumulatiewe gifstof nie.
Die eerste grootskaalse gebruik van indium was om dielaers in hoë-werkverrigting vliegtuigenjins te bedek tydens dieTweede Wêreldoorlog. Daarna het produksie van die element stadig toegeneem soos nuwe toepassings gevind is in laagsmeltendelegerings,soldeersels en in dieelektronika. In die 1950's is klein balletjies daarvan gebruik as die emitters en kollektors van PNPlegeringvoegvlak transistors. In die middel en laat 1980's het die ontwikkeling vanhalfgeleiers enindiumtinoksied dun films virvloeistofkristal vertooneenhede baie belangstelling verwek. Teen 1992 het dunfilmtoepassings die grootste eindgebruiker van indium geword.
Ander gebruike sluit in:
Vir die vervaardiging van laagsmeltendelegerings. 'n Legering bestaande uit 24% indium en 76%gallium isvloeibaar teen kamertemperatuur.
Sommige indiumverbindings soos indiumantimonied, indiumfosfied en indiumnitried ishalfgeleiers met nuttige eienskappe.
Word gebruik vir die sintese van die halfgeleier koperindiumgalliumselenied, wat gebruik word in die vervaardiging van dun-film sonselle.
Word gebruik inligemissiediodes (LED) en laserdiodes wat gebaseer is op saamgestelde halfgeleiers wat vervaardig word met die Metaalorganiese dampfase epitaksie tegnologie.
Dit kan ook geplateer word op metale en verdamp word om op glas neergeslaan te word om 'nspieël te vorm wat net so goed is as dié wat metsilwer vervaardig word maar 'n hoër korrosiebestandheid het.
Indiumoksied (In2O3) word gebruik as 'n deursigtige geleidende substraat op glas in die vervaardiging vanelektroluminiserende panele.
Word gebruik as 'n ligfilter in laedruk natriumdamplampe.
Indium se vriespunt van 156.5985 °C is 'n vaste punt wat gebruik word op die internasionale temperatuurskaal.
Indium se hoë neutronvangs deursnee vir termiese neutrone maak dit geskik vir gebruik in beheerstawe vir kernreaktore, tipies in 'n legering wat 80% silwer, 15% indium en 5% kadmium bevat.
Inkerningenieurswese word die (n,n') reaksies van113In en115In gebruik om die grootte van 'n neutronfluks te bepaal.
111In straalgammastrale uit en word gebruik in scintigrafie, 'n mediese beeldtegnologie. Scintigrafie het baie toepassings, insluitende die vroeë ontwikkelingsfase van medisynes en die monitering van witbloedsel aktiwiteite.
Baie klein hoeveelhede in galvaniese aluminiumlegering elektrodes vir soutwatertoepassings word gebruik ompassivering van die aluminium te voorkom.
In die vorm van draad word dit gebruik as vakuumseëls in kriogeniese toepassings.
Word gebruik as 'n kalibrasiemateriaal vir termogravimetriese analise toestelle.
Indium is 61ste op die lys van volopste elemente in die Aarde se kors teen ongeveer 0.25 dpm,[1] wat beteken dat dit drie keer meer volop is as silwer wat teen konsentrasies van 0.075 dpm voorkom.[2] Tot en met1924 is slegs omtrent 'n gram van indium geïsoleer. Indium word vervaardig uit die residu van die verwerking van sinkertse maar kan ook inyster-,lood- enkoperertse aangetref word.Kanada is die voorste vervaardiger van indium. Die Teck Cominco raffinadery in Trail, Brits Columbia is die grootste enkele bron met 'n produksie van 32 500 kg in 2005, 41 800 in 2004 en 36 100 kg in 2003.
Die hoeveelheid indium wat verbruik word is grootliks 'n funksie van wêreldwye vervaardiging vanLCD-skerms. Wêreldwye vervaardiging beloop tans 476 ton per jaar vanuit mynbou en 'n verdere 650 ton per jaar uit herwinningsbronne.[3] Aanvraag vir die element het in die afgelope paar jaar skerp gestyg met die groeiende gewildheid van LCD rekenaarskerms en televisies, wat tans verantwoordelik is vir bykans 50% van die totale verbruik.[4] Meer doeltreffende vervaardiging en herwinning (veral inJapan) sorg vir 'n balans tussen vraag en aanbod. Die vraag na die metaal het toegeneem met die toenemende gebruik daarvan inLCD-skerms en televisies en die aanbod het afgeneem toe 'n aantalChinese mynmaatskappye opgehou het om indium uit die uitskot van sinkverwerking te onttrek. In 2002 was die prys 94 V.S.A dollar per kilogram. Die onlangse wisseling in vraag en aanbod het gelei tot hoë en skommelende pryse vir indium wat tussen 2005 en 2007 gewissel het tussen $700/kg tot $1 000/kg.[5] Die vraag na indium gaan waarskynlik toeneem met die grootskaalse vervaardiging van koperindiumgalliumselenied gebaseerde dun-film sonsel tegnologie deur verskeie maatskappye in 2008 soos onder andereNanosolar enMiasole.
Uit die indium-inhoud van sinkertsneerslae kan afgelei word dat die wêreldwye reserwes van die metaal ongeveer 6 000 ton ekonomies ontginbare indium beloop.[5] Hierdie syfers het aanleiding gegee tot beramings dat daar teen huidige verbruikstempos ongeveer slegs 13 jaar se ontginbare indium oor is.[6] Die Indium Corporation, die grootste verwerker van indium, beweer egter dat gegewe die toenemende herwinningsrendemente tydens ontginning asook die herwinning uit 'n groter verskeidenheid basismetaal ertse (insluitende tin, koper en ander polimetalliese neerslae) en nuwe mynbou beleggings, dat die langtermyn verskaffing van indium volhoubaar, betroubaar en voldoende sal wees om die toenemende vraag te kan voorsien.[7] Hierdie gevolgtrekking wil redelik klink in die lig daarvan dat silwer, 'n element wat minder volop is, tans teen 'n tempo van ongeveer 18 300 ton per jaar ontgin word,[8] wat ongeveer 40 keer hoër is as die huidige indium ontginningstempo is.
Suiwer indium in metaalvorm word as nie-giftig deur die meeste bronne beskou. In diesweiswerk- enhalfgeleiernywerhede waar indium blootstelling relatief hoog is, was daar tot op hede nog geen verslae van enige giftige nagevolge nie.
Dit mag egter nie die geval wees vir indiumverbindings nie: daar bestaan onbevestigde bewyse wat daarop dui dat indium 'n lae-vlak vangiftigheid mag hê. Watervrye indiumtrichloried (InCl3) is byvoorbeeld ietwat giftig, terwylindiumfosfied (InP) giftig is en ook vermoedelikkankerwekkend kan wees.