Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Indië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Indië
भारत गणराज्य (Hindi)
Republic of India (Engels)
Vlag van IndiëEmbleem van Indië
VlagEmbleem
Nasionale leuse:Satyameva Jayate
(Sanskrit vir: "Die waarheid alleen triomfeer")
Volkslied:Jana Gana Mana[1]
(Sanskrit vir: "Heerser oor die gees van die mense")

Nasionale lied:
Vande Mataram[1]
(Sanskrit vir: "Ek buig vir jou, Moeder")
Ligging van Indië
HoofstadNieu-Delhi

28°37′N77°13′O / 28.617°N 77.217°O /28.617; 77.217

Grootste stadMumbai

18°58′N72°49′O / 18.967°N 72.817°O /18.967; 72.817

Amptelike taleHindi enEngels[2]a
RegeringFederale parlementêre
grondwetlikerepubliek
Droupadi Murmu
Venkaiah Naidu
Narendra Modi
Onafhanklikheid
• Dominium
• Republiek
van dieVerenigde Koninkryk
15 Augustus1947
26 Januarie1950
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 287 263[2] km2  (7de)
1 269 219 myl2
9,6
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2011-sensus
 -Digtheid
 
1 407 563 842[3][4] (2de)
1 210 854 977[5][6]
416,4 / km2 (19de)
1 078,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$11 745 miljard[7] (3de)
$8 358[7](128de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$3 535 miljard[7] (5de)
$2 515[7](142ste)

MOI (2019) 0,645[8] (131ste)  – medium
Gini (2011)35,7[9](98ste) – medium
GeldeenheidRoepee (₹) (INR)
Tydsone
 -Somertyd
IST (UTC+5:30)
nie toegepas nie (UTC+5:30)
Internet-TLD.in
Skakelkode+91
a.21 andere inheemse tale word as nasionale tale erken.

Indië (Hindi: भारत,Bhārat;Engels:India), amptelik dieRepubliek Indië (Hindi: भारत गणराज्य,Bhārat Gaṇarājya, [ˈbʱaːɾət̪],luister(hulp·inligting); Engels:Republic of India), is 'nrepubliek inSuid-Asië. Met 'n bevolking van 1 407 563 842 (2021) is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná dieVolksrepubliek China.

Indië is op dieIndiese Subkontinent geleë en is vir die grootste deel 'nskiereiland, wat in die weste aan dieArabiese See, in die suide aan dieIndiese Oseaan en in die ooste aan dieGolf van Bengale grens. In die noorde grens dié land (van wes na oos) aanPakistan, die Volksrepubliek China (Tibet),Nepal,Bhoetan,Mianmar enBangladesj. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan is dieeilandnasieSri Lanka en ten suidweste is dieMaledive geleë. Indië seAndaman- en Nicobar-eilande deel 'n maritieme grens metThailand enIndonesië in dieAndamanse See.

Diehoofstad van Indië isNieu-Delhi en die grootste stad isMumbai. Indië is 'n federale republiek wat bestaan uit 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied. Indië is 'n multi-etniese land en die meesbevolktedemokrasie ter wêreld.

Indië het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak vanBrits-Indië en met dieVerdeling van Indië het dit van sy buurland Pakistan geskei. Indië is 'n lidland van dieBritse Statebond met 'npresident asstaatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Indië teen Pakistan en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaatKasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Naam

Nasa-Satellietbeeld van Indië
Kaart van Indië
Topografiese kaart van Indië

Die Vedanta het geen naam gegee vir Indië nie. Die naam Indië is afgelei van Sindhu, die plaaslike naam vir die rivierIndus (van die Sanskrit stam ind: druppel). Die ou Ariërs het dié land āryāvarta (आर्यावर्त) genoem, wat ookSentraal-Asië ingesluit het. Die Sanskrit-woord Arya beteken 'respek almal' en in later tye 'iemand van die eerste drie kaste' (in tegenoverstelling tot 'śūdra'). Omgekeerd beteken anārya 'iemand van die oorspronklike donkerkleurige bevolking' wat ook DASA of dasyu genoem. (DieRig Veda doen daar enigsins denigrerend oor maar dit oorspronklike volk is vanuit die ouSumerië met meluhha of mleccha aangedui, wat verwys na dieIndusvalleibeskawing.) Die woord Varta beteken in Sanskrit 'verplaatsingsgebied', 'land', 'verblyf', 'kostwinning' of 'bestaansmiddel'. Die afkorting Varta is tot Barta verbaster en later totBhārat ([ˈbʱaːrət̪]luister(hulp·inligting).

DiePerse het ('n deel van) dié landHindoestan ([ɦɪnd̪ʊˈst̪aːn]luister(hulp·inligting)), dié land van die Indus, genoem. Dit is deur dieGrieke tot Indië (ινδιη) gewysig. Die verskillende politieke partye het wel ander voorkeursname vir dié land soos Hindoestan, Hindu Rashtra en Bharat. Die naam Bharat sou afstam van twee ou konings wat Bharata genoem word. Die naam Hindoestan word amptelik opgegee na die onafhanklikheid op 15 Augustus 1947. Die naam word nog wel gebruik in die daaglikse spraakgebruik. 'n Gewilde patriotiese lied, geskryf deur 'n IndiëseMoslem, Muhammad Iqbal, begin met die sin: "Sare jahaan se acchaa, Hindustan hamaaraa" (Onse Hindoestan is beter as die res van die wêreld).

Die term Indië het veral gebruiklik geword in navolging van die Engelse benaming. Die term Indië is 'n lang tyd gebruiklik inBelgië, maar word naNederlands voorbeeld nou ook geleidelik vervang deur India. Indië het in die noorde sinoniem geword virNederlands-Indië, wat in werklikheid opIndonesië dui.

Geografie

Indië se geografie word gekenmerk deur dieHimalaja in die verre noorde, dieGanges-,Indus- enBrahmaputra-vlaktes in die weste, noorde en ooste asook dieWes- enOos-Ghats.Kangchenjunga is met 'n hoogte van 8 586 m Indië se hoogste berg en is in die deelstaatSikkim geleë.

Indië se heilige rivier, die Ganges, is ook dié land se langste river, gevolg deur dieGodavari, die Ganges-sytakYamuna,Narmada en dieKrisjna.

Geskiedenis

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Geskiedenis van Indië.

Ekonomie

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Ekonomie van Indië.

Indië is ekonomies in opkoms. In die 1960's was daar nog bitter armoede en selfs hongersnode, maar dié land is nou ná China een van die grootste opkomende ekonomiese magte, lid van dieBRICS en dieGroep van 20.

Demografie

Amptelike tale van Indië

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Lys van nasionale tale van Indië.

Amptelike tale (Sentraal administratief)

  1. Hindi
  2. Engels (samewerkendeamptelike taal)

Erkende nasionale tale van Indië (Geskeduleerde lys vir amptelike gebruik)

Indiese deelstate volgens mees verspreide tale
  1. Assamees (amptelike taal vanAssam)
  2. Bengaals (amptelike taal vanTripura enWes-Bengale)
  3. Bodo (amptelike taal vanAssam)
  4. Dogri (amptelike taal vanJammu en Kasjmir)
  5. Engels (amptelike taal vanNagaland)
  6. Gujarati (amptelike taal vanDadra en Nagar Haveli,Daman en Diu enGujarat)
  7. Hindi (amptelike taal vanArunachal Pradesh,Andaman- en Nicobar-eilande,Bihar,Chandigarh,Chhattisgarh,Delhi,Haryana,Himachal Pradesh,Jharkhand,Madhya Pradesh,Rajasthan,Uttar Pradesh enUttaranchal)
  8. Kannada (amptelike taal vanKarnataka)
  9. Kasjmiri (amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  10. Konkani (amptelike taal vanGoa)
  11. Maithili (amptelike taal vanBihar)
  12. Malayalam (amptelike taal vanKerala enLakshadweep)
  13. Manipuri (Meithei) (amptelike taal vanManipur)
  14. Marathi (amptelike taal vanMaharashtra)
  15. Nepalees (amptelike taal vanSikkim)
  16. Oerdoe (amptelike taal vanJammu en Kasjmir, en ook sommige distrikte inAndhra Pradesh,Delhi enUttar Pradesh)
  17. Oriya (amptelike taal vanOrissa)
  18. Pandjabi (amptelike taal vanPundjab, tweede amptelike taal vanDelhi)
  19. Sanskrit
  20. Santali
  21. Sindhi
  22. Tamil (amptelike taal vanTamil Nadu enPondicherry)
  23. Telugu (amptelike taal vanAndhra Pradesh)

Religie

Verspreiding van godsdienste in Indië volgens Indiese distrikte, 2011-sensus:

   Hindoe

   Moslems

   Christene

   Sikhs

   Boeddhiste

   Ander

ReligieBevolking
% 1951
Bevolking
% 1961
Bevolking
% 1971
Bevolking
% 1981
Bevolking
% 1991
Bevolking
% 2001
Bevolking
% 2011[10]
Hindoeïsme84,1%83,45%82,73%82,30%81,53%80,46%79,80%
Islam9,8%10,69%11,21%11,75%12,61%13,43%14,23%
Christendom2,3%2,44%2,60%2,44%2,32%2,34%2,30%
Sikhisme1,79%1,79%1,89%1,92%1,94%1,87%1,72%
Boeddhisme0,74%0,74%0,70%0,70%0,77%0,77%0,70%
Djainisme0,46%0,46%0,48%0,47%0,40%0,41%0,37%
Zoroastrisme0,13%0,09%0,09%0,09%0,08%0,06%n/a
Animisme, ander0,43%0,43%0,41%0,42%0,44%0,72%0,9%

In Indië bly sowat 195 miljoen Moslems (14,2% van die totale Indiese bevolking),[11][12] die hoogste Moslembevolking in 'n nie-Islamitiese land en amper dieselfde aantal Moslems as inPakistan.[13][14] Indië beskik oor die derde hoogste Moslembevolking wêreldwyd, dwarsdeur die land,[15] en met sowat 300 000 aktiewe moskees meer as enige ander land, selfs meer as in die Islamitiese wêreld. Net inIndonesië bly meer Moslems.[16]

Sport

Die Indiese nasionale hokkiespan tydens dieOlimpiese Somerspele 1936 inBerlyn, wenner van die goue medalje
DieIndiese nasionale krieketspan in aksie op Wankhedestadion in 2006

Die meeste en gewildstesportsoorte wat in Indië beoefen word, het hul oorsprong in dieVerenigde Koninkryk en tydens die bestaan van Brits-Indië op die Indiese subkontinent gevestig.

Veldhokkie is die naasgewildste sportsoort, word as Indië se nasionale sport beskou[17][18] en is ook dié land se suksesvolste Olimpiese sportsoort: Die Indiese nasionale hokkiespan het tot dusver agt goue, een silwer en twee bronsmedaljes tydensOlimpiese Somerspele verower. Indië het die Hokkiewêreldbeker in 1975 gewen en was die naaswenner van die Hokkiewêreldbeker 1973. Indië het ook drie van dié toernooie gehuisves: in 1982, 2010 en 2018.

Krieket is Indië se gewildste sport.[19] DieIndiese nasionale krieketspan het diekrieketwêreldbekertoernooie in1983 en2011, dieT20I-wêreldbekertoernooie in2007 en2024, asook die Kampioenetrofeë in2002 (gedeel met Sri Lanka),2017 en2025 gewen. Hulle het ook die Asiatiese Bekertitel in 1984, 1988, 1990, 1995, 2010, 2016, 2018 en 2023 ingepalm. Indië het ook twee keer die eindstryd van dieWêreldtoetskampioenskap gehaal, maar in2021 teenNieu-Seeland en in2023 teenAustralië verloor. Die Indiese Premierliga (IPL) word beskou as die gewildste krieketliga wêreldwyd en lok veral toeskouers van die Indiese subkontinent, maar ook uit Suid-Afrika, dieBritse Eilande enWes-Indië. As gevolg van die tydsverskil metAustralië enNieu-Seeland en die nagtelike uitsaai van wedstryde is die IPL in dié twee lande minder gewild.[20]

Indië was gasheer of medegasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele in 1951 en 1982; die krieketwêreldbekertoernooie in1987,1996, 2011, 2023 en2031; dieKampioenetrofee in2006 en2029; dieT20I-wêreldbeker in2016 en2026; die Hokkiewêreldbeker in 2010 en dieStatebondspele in 2010. Van 2011 tot 2013 is dieIndiese Grand Prix op dieBuddh Internasionale Renbaan inUttar Pradesh aangebied, al drie wedrenne is deurSebastian Vettel gewen.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,01,1(en)"National Symbols | National Portal of India". Indiese regering. Besoek op28 Julie 2022.
  2. 2,02,1(en)"Profile | National Portal of India". Indiese regering. Besoek op28 Julie 2022.
  3. (en)"World Population Prospects 2022". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op28 Julie 2022.
  4. (en)"World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100" (Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanafdie oorspronklike(XSLX) op 6 Maart 2023. Besoek op28 Julie 2022.
  5. (en)"Population Enumeration Data (Final Population)". Sensus van Indië.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2016. Besoek op30 April 2018.
  6. (en)"A – 2 DECADAL VARIATION IN POPULATION SINCE 1901"(PDF). Sensus van Indië.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2016. Besoek op30 April 2018.
  7. 7,07,17,27,3(en)"India".Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op28 Julie 2022.
  8. (en)"Human Development Report 2020"(PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op28 Julie 2022.
  9. (en)"Gini Index".Wêreldbank. Besoek op28 Julie 2022.
  10. (en)"Population by religious community – 2011".Sensus van Indië. Office of the Registrar General & Census Commissioner. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Augustus 2015. Besoek op25 Augustus 2015.
  11. (en)NW, 1615 L. St; Suite 800Washington; Inquiries, DC 20036USA202-419-4300 | Main202-857-8562 | Fax202-419-4372 | Media."The countries with the 10 largest Christian populations and the 10 largest Muslim populations".Pew Research Center. Besoek op28 Julie 2022.{{cite web}}: CS1 maint: numeric names: authors list (link)
  12. (en)"Muslim Population in India – Muslims in Indian States".www.indiaonlinepages.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op28 Julie 2022.
  13. (en)"Population by Religion"(PDF).www.pbs.gov.pk.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020. Besoek op15 Januarie 2019.
  14. (en)"Pakistan".The World Factbook.Central Intelligence Agency. Besoek op28 Julie 2022.
  15. (en)"Multicultural India has more mosques than any Muslim country – Bollywood news, wallpapers, vidoes, Canadian immigration, Indian diaspora news I News East West". Newseastwest.com. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Desember 2017. Besoek op11 Augustus 2015.
  16. (en)"Indonesia".The World Factbook.Central Intelligence Agency. Besoek op28 Julie 2022.
  17. (en)M. Ilyas Khan (8 Augustus 2012)."Pakistan's Olympic humiliation in national sport".BBC. Besoek op23 Junie 2023.
  18. (en)Abbott, David (2015).Changing World: Pakistan.Encyclopædia Britannica. p. 21.ISBN 978-1-62513-321-2.
  19. (en)Bill Russell (8 Augustus 2017)."Top 10 Most Popular Sports In India". Besoek op23 Junie 2023.
  20. (en)"Thrills, spills, yawns". ESPNcricinfo. 1 Junie 2008. Besoek op23 Junie 2023.

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels

Wikimedia Commons bevat media in verband metIndië.
Deelstate
Vlag van Indië
Uniegebiede
Lande en gebiede inAsië
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Indië&oldid=2744546"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp