Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ierse Rugbyvoetbalunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ierse Rugbyvoetbalunie
Kenteken van die Ierse Rugbyvoetbalunie
Kenteken van die Ierse Rugbyvoetbalunie
Engelse naamIrish Rugby Football Union
AfkortingIRFU
Iers-Gaeliese naamCumann Rugbaí na hÉireann
LandeFlag of Ireland Ierland enVlag van Noord-Ierland Noord-Ierland
SportsoorteRugby,Sewesrugby
Stigting1879
Gestig inDublin, Ierland
Lid vanWêreldrugby
Aangesluit in1886 (Stigtingslid)
Vastelandse beheerliggaamRugby Europa
PresidentDeclan Madden
SetelLansdowne Road, Dublin, Ierland
Amptelike taleEngels en Iers-Gaelies
Amptelike webwerfirishrugby.ie

DieIerse Rugbyvoetbalunie (Engels:Irish Rugby Football Union, afgekort “IRFU”;Iers-Gaelies:Cumann Rugbaí na hÉireann) is die bestuursliggaam watrugby ensewesrugby inIerland (beide dieRepubliek Ierland enNoord-Ierland) beheer. Die beheerliggaam is in 1879 gestig en byLansdowne Road inDublin gesetel. Sedert 1886 verteenwoordig dit Ierland byWêreldrugby en sedert 1999 ook byRugby Europa (“RE”).

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die Ierse Rugbyvoetbalunie het in 1879 met die samesluiting van twee beheerliggame ontstaan.[1] In 1886 het die IRFU saam met dieSkotse Rugbyunie (SRU) en dieWalliese Rugbyunie (WRU) die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby) gestig.[2] In 1999 het Ierland met die aansluiting van dieFédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nouRugby Europa) by die IRVR ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword.[3]

Taak

[wysig |wysig bron]
Vlag van die Ierse Rugbyvoetbalunie
Die vier provinsiale beheerliggame van die Ierse Rugbyvoetbalunie

Die Ierse Rugbyvoetbalunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitendIerland se nasionale seniormansrugbyspan (“Mans in groen”),vroue (“Vroue in groen”) en jeug. Die IRFU hou ook toesig oor sewesrugby in Ierland en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Britse en IerseNasionale Olimpiese Komitees saam. Naas die amptelike nasionale span roep die IRFU ook ander keurspanne byeen.Ireland Wolfhounds is die tweede nasionale span van Ierland, gevolg deurEmerging Ireland (“Opkomende Ierland”). Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Ierland. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Ierland beskik oor ’n nasionale span vir studente, dieSchoolboys, wat as ’n voorbereiding op die Ierse nasionale rugbyspan dien. Net soos ander rugbylande beskik Ierland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die o/20-Sesnasies-toernooi en dieWêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[4][5]

Die Ierse Rugbyvoetbalunie bestaan uit die vier provinsiale beheerliggameConnacht Rugby,Leinster Rugby,Munster Rugby enUlster Rugby, wat elkeen met sy eie span deelneem aan die internasionale ligaVerenigde Rugbykampioenskap, saam met spanne uit Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Benede word die All-Ireland League tussen 50 spanne uit die hele Ierland beslis. Bo die Verenigde Rugbykampioenskap word jaarliks saam met klubs uit Engeland, Frankryk, Italië, Skotland en Wallis die Europese Rugbykampioenskapbeker en die Europese Rugbyuitdagingsbeker beslis. Die belangrikste vrouerugbytoernooi is dieIRFU-vroueinterprovinsiale reeks wat tussen die vier provinsiale spanne beslis word.

Die Ierse Rugbyvoetbalunie organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van dierugbywêreldbekertoernooie in1991 en1999 (albei saam met die ander destydse Vyfnasies). Daarbenewens het hulle dievrouerugbywêreldbekertoernooi in2017 aangebied. Saam met dieEngelse Rugbyvoetbalunie, dieFranse Rugbyfederasie, dieItaliaanse Rugbyfederasie, dieSkotse Rugbyunie en dieWalliese Rugbyunie organiseer hulle die jaarlikseSesnasies-toernooi en dieSesnasies-vrouetoernooi, die vernaamste rugbytoernooie in dieNoordelike Halfrond.

Aangesien die Ierse nasionale rugbyspan beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland verteenwoordig, gebruik hulle – nes die soortgelyke Ierse nasionale hokkiespan en dieIerse nasionale krieketspan – nie ’n nasionale vlag nie. Derhalwe gebruik die Ierse Rugbyvoetbalunie nóg een van die lande se volksliedere, nóg een val hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale rugbyspan sy eie vlag – dié van die Ierse Rugbyvoetbalunie – en himne.

Dit word as ’n groot prestasie beskou om saam met dieBritse en Ierse Leeus na dieSuidelike Halfrond te toer, waar hulle sowat al om die vier jaar teen dieNieu-SeelandseAll Blacks, dieSuid-AfrikaanseSpringbokke of dieAustralieseWallabies speel.[6]

Kenteken

[wysig |wysig bron]

Die Ierse Rugbyvoetbalunie se kenteken toon ’n klawerblaar (Shamrock) en ’n rugbybal; ’n klawerblaar is al tydens die eerste wedstryd van ’n Ierse span in 1874 op hul embleem vertoon.

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Rugbyportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Tony Collins (2018).The Oval World: A global history of rugby. Londen: Bloomsbury. p. 122.ISBN 978-1-4088-4372-7.
  2. (en)"Ireland".Wêreldrugby. Besoek op9 Junie 2025.
  3. (en)"About us".Rugby Europa. 2020. Besoek op9 Junie 2025.
  4. (en)"Ireland U20".Sesnasies. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 23 Augustus 2023. Besoek op23 Augustus 2023.
  5. (en)"World Rugby U20 Championship".Wêreldrugby. Besoek op9 Junie 2025.
  6. (en)"British & Irish Lions".Britse en Ierse Leeus. Besoek op9 Junie 2025.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Nasionale Rugbyunies vanWêreldrugby
Afrika
Algerië • Benin • Botswana • Burkina Faso • Burundi • Demokratiese Republiek die Kongo • Egipte • Eswatini • Gaboen • Ghana • Guinee •Ivoorkus • Kameroen •Kenia • Lesotho • Madagaskar • Malawi • Mali • Marokko • Mauritius •Namibië • Niger • Nigerië • Republiek die Kongo • Rwanda • Senegal • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Seychelle •Suid-Afrika • Tanzanië • Togo • Tsjad • Tunisië • Uganda • Zambië •Zimbabwe
Asië
Afghanistan • Bahrein • Bangladesj • Broenei • Filippyne • Guam •Hongkong • Indië • Indonesië • Irak • Iran •Japan • Jordanië • Kambodja •Kasakstan • Katar • Kirgisië •Korea • Laos • Libanon • Macau • Maleisië • Mongolië • Nepal • Oesbekistan • Oman • Pakistan • Palestina •Republiek China • Saoedi-Arabië • Singapoer • Sirië • Sri Lanka • Thailand • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China
Europa
Andorra • Belarus •België • Bosnië en Herzegowina • Bulgarye • Denemarke •DuitslandEngeland • Estland • Finland •FrankrykGeorgië • Hongarye •Ierland • Israel •Italië • Kosovo • Kroasië • Letland • Liechtenstein • Litaue • Luxemburg • Malta • Moldowa • Monaco • Montenegro •Nederland • Noorweë • Oekraïne • Oostenryk • Pole •PortugalRoemeniëRusland • San Marino • Serwië • Siprus •Skotland • Slowakye • Slowenië •SpanjeSwede • Switserland • Tsjeggië • Turkye •Wallis • Ysland
Noord-Amerika
Bahamas • Barbados • Belize • Bermuda • Britse Maagde-eilande • Curaçao • Dominikaanse Republiek • Frans-Guyana • Guadeloupe • Guyana • Jamaika • Kaaimanseilande •Kanada • Kuba • Martinique • Meksiko • St. Lucia • St. Vincent en die Grenadine • Trinidad en Tobago • Turks- en Caicoseilande •Verenigde State
Oseanië
Amerikaans-Samoa •Australië • Cookeilande •Fidji • Kiribati • Nauru • Nieu-Kaledonië •Nieu-Seeland • Niue • Papoea-Nieu-Guinee • Salomonseilande •Samoa • Tahiti •Tonga • Tuvalu • Vanuatu • Wallis en Futuna
Suid-Amerika
Argentinië • Bolivië •BrasiliëChili • Colombia • Costa Rica • Ecuador • El Salvador • Guatemala • Honduras • Nicaragua • Panama •Paraguay • Peru •Uruguay • Venezuela
Vetdruk dui op vlak-een-lede enskuinsdruk op vlak-twee- en vlak-drie-lede metrugbywêreldbekerervaring
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ierse_Rugbyvoetbalunie&oldid=2811029"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp