Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Iere

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sienIers-Gaelies.
Iere





Totale bevolking:ca. 70–80 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 36 miljoen[2]

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 14 miljoen[3][4]

Vlag van Australië Australië 7 miljoen[5]
Flag of Ireland Ierland 5,15 miljoen
Vlag van Kanada Kanada 4,6 miljoen[6]
Vlag van Meksiko Meksiko 600 000[7]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 600 000[8]
Vlag van Argentinië Argentinië 500 000[9]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 330 000
Vlag van Chili Chili 120 000[10]
Vlag van Brasilië Brasilië 100 000[11][12]
Vlag van Duitsland Duitsland 35 000[13]
Vlag van Frankryk Frankryk ~24 000[14]

Taal:Iers,Engels (Hiberno-Engelsedialekte),Ulster-Skots,Shelta
Geloofsoortuiging:HoofsaaklikChristendom (MeerderheidRooms-Katolieke; minderheidProtestantisme, veralPresbiterianisme,Anglikanisme,Metodisme)
Verwante etniese groepe:AnderKeltiese volke soosBretonners,Korniese,Skotte enWalliesers;Anglo-Iere,Engelse,Pavee,Yslanders[15] enWikings

DieIere (Engels:Irish ofIrish people,Iers-Gaelies:Muintir na hÉireann ofNa hÉireannaigh) is 'nKeltiesenasie enetniese groep inheems aanIerland en die omliggendeeilande. Volgensargeologiese studies is Ierland sedert sowat 9 000 jaar bewoon. Vir die grootste deel van die geskiedenis van Ierland het die Iere hoofsaaklik 'n Gaeliese volk gevorm. Anglo-Noormanne het dele van Ierland in die 12de eeu verower, terwyl na dieEngelse (her)verowering en kolonisering van Ierland in die 16de en 17de eeue 'n groot aantalEngelse en Laeland-Skotte op dele van die eiland gevestig het, veral inNoord-Ierland, waar hulle 'n afsonderlike en aparte etniese groep vorm.

Die Ierse diaspora wêreldwyd:

   Ierland en Noord-Ierland

   +1 000 000

   +100 000

   +10 000

   +1 000

Deur die geskiedenis heen het baie bekende Ierse mense verskyn. Die6de eeuse Ierse monnik en sendelingColumbanus word as een van die "vaders vanEuropa" beskou,[16] gevolg deurKilianus enVirgilius van Salzburg. Die wetenskaplikeRobert Boyle word as die "vader vanchemie" beskou. Bekende Ierse ontdekkingsreisigers sluit inBrendan,Robert McClure,Ernest Shackleton enTom Crean. Volgens sommige berigte was die eerste Europese kind wat inNoord-Amerika gebore is aan beide kante van Ierse afkoms[17] en 'n Ier was die eerste Europeër wat sy voet opAmerikaanse bodem gesit het tydensColumbus se ekspedisie van 1492.[18]

Ierland het 'n bevolking van sowat 5,7 miljoen, maar dit word beraam dat sowat 70 tot 80 miljoen mense wêreldwyd Ierse voorouers het. Histories gesien was emigrasie van Ierland die gevolg van konflikte,hongersnood en ekonomiese kwessies. Mense van Ierse afkoms het hoofsaaklik in Engelssprekende lande, veral dieVerenigde Koninkryk, dieVerenigde State,Kanada,Australië enNieu-Seeland, gevestig. Daar is ook 'n beduidende aantal inArgentinië enMeksiko. Die Verenigde State het die meeste mense van Ierse afkoms, terwyl Australië 'n hoër persentasie van mense met Ierse afkoms as enige ander land het.[19] BaieYslanders het Ierse enSkots-Gaeliese voorouers.[20]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)ceu@scotland.gsi.gov.uk, Scottish Government, St. Andrew's House, Regent Road, Edinburgh EH1 3DGTel:0131 556 8400 (29 Mei 2009)."The Scottish Diaspora and Diaspora Strategy: Insights and Lessons from Ireland".www.scotland.gov.uk.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op8 September 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. (en)American FactFinder, United States Census Bureau."U.S. Census Bureau, 2007". Factfinder.census.gov. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op30 Mei 2010.
  3. (en)"One in four Britons claim Irish roots".BBC. 16 Maart 2001.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op8 September 2018.
  4. (en)Bowcott, Owen (13 September 2006)."More Britons applying for Irish passports".The Guardian. London.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op8 September 2018.
  5. (en)Minister for Foreign Affairs, Dermot Ahern T.D., announces Grants to Irish Community Organisations in the Southern Hemisphere
  6. (en)"Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Statistics Canada. 2011. Besoek op8 September 2018.
  7. (en)"LOS IRLANDESES-MEXICANOS: The Irish in Mexico".thewildgeese.irish. 20 Julie 2013. Besoek op8 September 2018.
  8. (en)"The Irish in New Zealand: Historical Contexts and Perspectives – Brian Easton".www.eastonbh.ac.nz.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op8 September 2018.
  9. (en)"An Irish Argentine in the Easter Rising". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 31 Maart 2016. Besoek op8 September 2018.
  10. (es)O'Higgins Tours."Los irlandeses en Chile". Besoek op10 Januarie 2010.
  11. (en)Murray, Edmundo (1 Julie 2006)."Brazil and Ireland". Society for Irish Latin American Studies. Besoek op13 Oktober 2016.
  12. (en)"Links between Brazil & Ireland". 16 Oktober 2004. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Oktober 2004. Besoek op30 September 2020.
  13. "estimated 35,000-more than 1 million enjoy Irish culture". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Maart 2023. Besoek op20 Augustus 2023.
  14. (en)"Who are the Irish in France, and what are they doing there?". Irish Times. 18 Januarie 2019. Besoek op4 Julie 2019.
  15. (en)Helgason, Agnar (2000). "Estimating Scandinavian and Gaelic ancestry in the male settlers of Iceland".The American Journal of Human Genetics.67 (3): 697–717.doi:10.1086/303046.
  16. (en)"Pope Calls Irish Monk a Father of Europe". Zenit. 11 Julie 2007. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 31 Maart 2012. Besoek op15 Julie 2007.
  17. (en) Smiley, bl. 630
  18. (en) MacManus, bl. 343–344
  19. (en)"Dáil Éireann – 29/Apr/1987 Ceisteanna — Questions. Oral Answers. - Australian Bicentenary". Oireachtasdebates.oireachtas.ie. 29 April 1987.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2017. Besoek op1 Maart 2014.
  20. (en) Ann C. Humphrey. "They Accuse Us of Being Descended from Slaves". Settlement History, Cultural Syncretism, and the Foundation of Medieval Icelandic Identity. Rutgers University, 2009.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Iere&oldid=2618971"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp