'nISSN (Engelse afkorting virInternational Standard Serial Number) is 'n unieke nommer wat gebruik word om periodiese publikasies te identifiseer. Dit word gebruik omtydskrifte, dagblaaie, asook weeklikse en jaarlikse publikasies te identifiseer, maar kan ook vir ander tipes media, soos 'n periodiese disket oflaserskyf gebruik word. As dieselfde periodiese publikasie in beide gedrukte en elektroniese formate beskikbaar is, kan dit moontlik twee ISSN-kodes hê - 'n p-ISSN (print of gedrukte ISSN) en 'n e-ISSN (elektroniese ISSN).
'n ISSN het agt syfers wat uit twee groepe van 4 syfers bestaan en deur 'n strepie geskei word. Die laaste syfer is 'n kontrolesyfer, maak kan ook 'n 'X' wees. 'n Voorbeeld van so 'n kode is: "ISSN 1240-2346".
Dit is in 1975 geskep asISO-standaard 3297. ISO-subkomiteeTC 46/SC 9 is vir die standaard verantwoordelik.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.