IAI Kfir | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig, bomwerper |
Vervaardiger | Israel Aerospace Industries |
Nooiensvlug | 19 Oktober 1970 |
Vrygestel | 1976 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Israeliese Lugmag(histories) Amerikaanse Vloot(histories) Colombiaanse Lugmag Sri Lankaanse Lugmag |
Aantal gebou | 220+ |
DieIsrael Aircraft Industries Kfir is 'n Israeliesvervaardigde alle weerstoestand, multirolvliegtuig wat gebaseer is op die Franse Dassault Mirage 5 se romp, toegerus met Israelieseavionika en 'n Israeliesvervaardigde weergawe van die General Electric J79turbostraalmotor soos gebruik in dieMcDonnell Douglas F-4 Phantom II.
Teen die tyd wat die produksiemodelle vervaardig is, is die romp wat gebruik was dié van die Israeliesvervaardigde Mirage 5 (Nesher) en toegerus met Israeli elektronika. Slegs 27 model C1's is gebou en 25 is verkoop aan dieAmerikaanse Vloot en dieAmerikaanse Marinierskorps. Hulle het dit gebruik in 'n aggressor-opleidingsrol; hier is die vliegtuig die F-21A genoem. Die eerste van 185 Kfir C2's is in 1976 in diens gestel, die prototipe het reeds in 1974 gevlieg. Daar is twee kanardvlerke aan die neusgedeelte (voor die luginlate) geheg. Alle C1's is later opgegradeer na die C2-standaard.
Die Kfir C-7 is in 1983 in diens gestel, 'n verbeterde weergawe van die C-2. Dit het oor 'n kragtiger motor beskik met verbeterde vermoëns. Dit kan ook dieslim wapens dra, die kajuit is gesofistikeerd en dit beskik oor invlughervulling.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | IAI/General Electric J79 turbostraal metnabrander |
Kraglewering per motor | 8 112 kg stukrag |
Vlerkspan | 8,22 m |
Lengte | 15,65 m |
Hoogte | 4,55 m |
Vlerkoppervlakte | 34,8 m2 |
Maks. opstygmassa | 16 500 kg |
Maks. snelheid | 2 440 km/h |
Operasionele hoogte | 17 690m |
Togafstand | 882 km |
Klimvermoë | 13 989 m per minuut |
Bewapening | Twee 30 mm kanonne 5 punte onder romp en 2 onder vlerke |