Hugo Maurice Julien Claus (Nederlands:ˈɦyɣoː ˈklʌu̯s;5 April1929 –19 Maart2008) was 'n toonaangewendeVlaamse skrywer wat onder sy eie naam gepubliseer het sowel as onder verskeie skuilname. Claus se literêre bydrae deurkruis die genres van drama, die roman, en ook poësie. Hy het ook 'n beduidende erfenis gelaat as 'nskilder en rolprentregisseur. Hy het meestal inNederlands geskryf. Sy dood by wyse vaneutanasie, welke wettig is inBelgië , het tot aansienlike konsternasie gelei.
Hugo Claus is op5 April1929 in Sint-Janshospitaal inBrugge,België gebore.[1] Hy was die oudste van vier seuns van wie die vader Jozef Claus was en die moeder Germaine Vanderlinden. Jozef het gewerk as 'n drukker, maar was ook gaande oor teater.[2]
Hugo het skoolgegaan aan 'n kosskool en die Duitse okkupasie van België tydens dieTweede Wêreldoorlog meegemaak. Die ondervinding sou 'n formatiewe rol speel in Claus se ontwikkeling, en sou later deur Claus aangepas word tot sy semi-outobiografiese romanHet verdriet van België.[3][4] Baie van Claus se onderwysers was deel van die Vlaamse Beweging, die groep nasionaliste wat simpatiekgesind was tot fascisme, en Claus het aangesluit by die pro-Duitse jeugvlerk van die Vlaamse Nasionale Unie. Sy vader was ook vlugtig aangehou na die bevryding van België op aanklagte dat hy saamgewerk het met dieSpilmoondhede teen dieGeallieerdes.[2] Claus was op 'n meer gevorderde stadium van sy lewe simpatiekgesind teenoor dielinkses. Claus sou na bewering in 1960's die sosialistiese model lof toeswaai na 'n besoek aanKuba.[2]
Die begin van Claus se aansien in letterkundige kringe, en sy buiging as 'n romansier, het in 1950 op die ouderdom van een-en-twintig plaasgevind met die publikasie vanDe Metsiers. Sy eerste gepubliseerde gedigte was eintlik reeds in 1947 deur sy vader gedruk.[5] Hy het van 1950 tot 1952 in Parys gewoon waar hy baie lede van dieCoBrA-kunsbeweging ontmoet het.[6]
Van 1953 tot die begin van 1955 het Hugo Claus in Italië gewoon waar sy vriendin Elly Overzier (gebore in 1928) gespeel het in 'n paar rolprente. Hulle is getroud op 26 Mei 1955. Hul seun Thomas is op 7 Oktober 1963 gebore. In die vroeë 1970's het Claus 'n verhouding gehad met die aktriseSylvia Kristel, wat 23 jaar jonger as hy was, en saam met wie hy in 1975 'n seun genaamd Arthur gehad het. Die verhouding het egter geëindig in 1977 toe Kristel vir Claus gelos het vir die akteurIan McShane.[7]
Hugo Claus is beskou as een van die belangrikste kontemporêre Vlaamse skrywers.[8][9][10] Claus het die romanSchola Nostra (1971) onder die skuilnaamDorothea Van Male gepubliseer. Hy het ook die skuilnameJan Hyoens enThea Streiner gebruik. Die 1962 romanDe verwondering en 1983 seHet verdriet van België is van Claus se belangrikste werke asromansier.[11] Lee beskouHet verdriet van België as 'npostmodernistiese kritiek van nasionale identiteit.[12]
Hy het egter die meeste werke gelewer in sy literêre hoedanigheid as dramaturg. Claus het 35 oorspronklike stukke en 31 vertalings van Engelse,Griekse,Latynse,Franse enSpaanse toneelstukke en romans geskryf. Sy dramatiese sketsMasscheroen is aanvanklik opgevoer by dieKnokke Casino.[13] Die werk is aangeval as godslasterlik en as nadelig vir die publiek se morele welstand. Die opvoering van die toneelstuk het 'n regsaak tot gevolg gehad waarin Claus vervolg en skuldig bevind is aan klagte van openbare onsedelikheid. Claus is beveel om 'n boete van tienduisend Belgiese franc te betaal en om tronkstraf van vier maande uit te dien.[1][2][13] Die vonnis is later versag tot 'nopgeskorte vonnis na 'n suksesvolle openbare mosie.[2]
Claus het ook die draaiboek van 'nsatiriesestrokiesverhaal, "De Avonturen van Belgman" in 1967 geskryf. Die strokiesverhaal is geteken deur die kunstenaarHugoké (Hugo de Kempeneer).[14]
Hugo Claus se naam is verskeie kere genoem in verband met dieNobelprys vir Letterkunde, waarop hy terloops en ongeërg kommentaar gelewer het: "hierdie prysgeld sal my welgeval".[15]
As 'n skilder was Claus vanaf 1950 'n deelnemer aan die CoBrA kunsbeweging. Hy het vriendskappe ontwikkel met sommige van die beweging se lede, en het in 1949 'n boek deur Pierre Alechinsky geïllustreer.[16] Hy het met sleutelfigure saamgewerk in die beweging, insluitende Karel Appel en Guillaume Cornelis van Beverloo[17] en deelgeneem aan sommige uitstallings.[16] Hy het later sy ondervindinge van die tydperk gebruik in sy boekEen zachte vernieling.[18]
Claus was tussen 1964 en 2001 die regisseur van sewe rolprente. Sy rolprentHet sacrament is gewys in dieUn Certain Regard-afdeling tydens die 1990 Cannes Filmfees.[19]
Claus het gelei aanAlzheimersiekte en versoek dat sy lewe deureutanasie beëindig word. (welke 'n wettige prosedure in België is) Hy het op 19 Maart 2008 in Middelheim Hospitaal inAntwerpen gesterf.[20]
Bert Anciaux, die destydseVlaamse Minister van Kultuur,[21] het gekonstateer; "Ek het hom goed genoeg geken om te weet dat hy met trots en waardigheid wou heengaan."[22] Die voormalige Belgiese eerste minister,Guy Verhofstadt het gesê dat hy hom kon verbeel dat die aanvang van Alzheimer se siekte "onvermydelike en onuitstaanbare marteling" veroorsaak het. "Ek kan saamlewe met die feit dat hy dus so besluit het" het hy gesê, "want hy het ons verlaat as 'n groot gloeiendester, net betyds, net voordat hy sou verval het in 'ngravitasiekolk."[7]
Sy dood deur genadedood het kritiek van dieRooms Katolieke Kerk en die Belgiese Alzheimer Liga ontvang.[23] DieRooms Katolieke Kerk het die mediadekking gekritiseer en die Belgiese kardinaal Godfried Danneels het verwys na Claus se genadedood in sy Paasfees boodskap.[24] Die Belgiese Alzheimer Liga respekteer Claus se besluit, maar glo dat die mediadekking van sy dood veel te wense oorlaat, omrede dit ander opsies vir Alzheimer pasiënte verwaarloos.
Claus het meer as 'n duisend bladsye poësie, meer as sestig toneelstukke, meer as twintig romans, rolprentdraaiboeke, librettos en vertalings geskryf.