Houston is 'n stad in die deelstaatTexas (Verenigde State). Dit is die vierde grootste stad van die VSA met 2,3 miljoen inwoners en naasDallas-Fort Worth een van die twee groot ekonomiese sentrums van Texas. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van meer as sewe miljoen.
Houston staan veral bekend vir sy petrochemiese en lug- en ruimtevaartnywerhede.NASA het sy belangrikste kontrolesentrum in die stad opgerig, sodat "Houston" ook die eerste woord geword het wat op diemaan gepraat is. Die metropolitaanse gebied van Houston beskik oor die grootste konsentrasie van mediese navorsingsinstitute in die VSA soos byvoorbeeld dieTexas Medical Center en een van die besigste Amerikaanse seehawens aan dieGolf van Meksiko.
Sam Houston
Met 'n bevolking, wat tussen1900 en2005 van 45 000 tot meer as 5,2 miljoen gegroei het, is die metropolitaanse gebied van Houston een van die snelgroeiendste van die VSA. Die agglomerasie strek nou oor tiencounties en is die sewende grootste in die land.
Houston is in Augustus1836 deur die broers Augustus Chapman Allen en John Kirby Allen gestig en is genoem naSam Houston, die gewilde generaal van die Slag van San Jacinto tydens dieTexaanse Onafhanklikheidsoorlog, wie in September 1836 tot die president van dieRepubliek van Texas gekies is. Die stad is op5 Junie1837 geïnkorporeer en James S. Holman het die eersteburgemeester geword. In dieselfde jaar het Houston die hoofstad van die Republiek van Texas geword.