Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Hotazel

Koördinate:27°12′0″S22°57′0″O /27.20000°S 22.95000°O /-27.20000; 22.95000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hotazel
Dorp
Hotazel se welkombord
Hotazel se welkombord
Hotazel is in Noord-Kaap
Hotazel
Hotazel
 Hotazel se ligging in Noord-Kaap
Koördinate:27°12′0″S22°57′0″O /27.20000°S 22.95000°O /-27.20000; 22.95000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikJohn Taolo Gaetsewe
MunisipaliteitJoe Morolong
Oppervlak
  Totaal20,08 km2 (7,75 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 756
  Digtheid87/km2 (230/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
  Wit mense22.6%
  Indiërs/Asiërs0.9%
  Bruin mense14.6%
  Swart mense61.8%
  Ander0.2%
Taal(2011)
  Tswana48.8%
  Afrikaans37.9%
  Engels5.0%
  Suid-Sotho2.8%
  Ander5.6%
Poskode(strate)
8490
Poskode(posbusse)
8490
Skakelkode053

Hotazel is 'n dorpie in die noordeooste van dieNoord-Kaap,Suid-Afrika, 60 km vanKuruman.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Reeds sedert die 1870's is vermoed dat daar groot neerslaemangaan,ystererts enasbes in die omgewing is. In die volgende 70 jaar het geoloë van die Britse, Kaapse en Suid-Afrikaanse regerings en privaat maatskappye die gebied verken. Teen die einde van dieTweede Wêreldoorlog is die ontsaglike rykdom inminerale bevestig en grootskaalse ontginning het eers in 1958 begin. Twee jaar later is die spoorlyn vanSishen na Hotazel verleng.

Die dorp het sy naam gekry toe twee landmeters die gebied uitgemeet het gedurende 1917. Hulle was Dirk Roos en J.W. Waldeck. Een aand na 'n warm dag het Roos in die hotel in sy stoel gaan sit en sy kaart voor hom oopgevou. Nadat hy die posisie na aan die Ga-Mogararivier gemerk het, het hy die plaas wat hy pas opgemeet het "Hot as hell" genoem. Hy het nie geweet dat hy op die rykste mangaanneerslag ter wêreld sit nie.

Distrik

[wysig |wysig bron]

Daar is mangaanmyne by Hotazel en byBlack Rock. Mangaanmynbou is die belangrikste deel van die ekonomie.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
Van Zylsrus
  Hotazel   
OlifantshoekKathu
Postmasburg
Kuruman
Setel:Kuruman
Joe Morolong
John Taolo Gaetsewe District within South Africa
John Taolo Gaetsewe District within South Africa
Ga-Segonyana
Gamagara
  1. 1234"Hoofplek Hotazel".Sensus 2011.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Hotazel&oldid=2862200"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp