Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Hortjies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Groot Constantia met donkergroen oop hortjies voor die skuifraamvensters.
Hortjies voor die vensters; teAken.
Hortjies met hartjies

Hortjies (enkelvoud 'hortjie') is 'n raamwerk vanhout,metaal ofplastiek met dwarsstroke, of dikwels net soliede planke, wat gewoonlik voor 'nvenster metskarniere aangebring word omreën ensonlig uit te hou, maarlug enklank deur te laat, maar ook dwalende oë en diewerige hande op hul plek te hou. Die hortjies word van binne die huis gesluit met 'n skuiwer of skuifhaak. InAfrikaans verwys hortjies spesifiek na die enkele paneel of twee panele voor die venster wat oop- en toemaak; indien die dwarsstroke opgerol word (met of sonder afstandbeheerder), word dit 'nrolluik,blinding ofblinder genoem.[1]

Woordherkoms

[wysig |wysig bron]

Die vraag ontstaan waarom die Afrikaanse "hortjie" soveel afwyk van die Nederlandse benaming,luik.

Teorie 1: E.P. du Plessis voer aan die woordhortjie het oorspronklik na die dwarsstrook van dieluik verwys, maarhortjie het met verloop van tyd 'n betekenisverruiming ondergaan. Vandag verwys dit in Afrikaans na dieluik met dwarsstroke self. Hortjies word meestal in die meervoud gebruik, net soos wat daar twee luike in Nederlands is.Twee luike moet egter nie verwar word met 'ntweeluik nie, want dit verwys weer na 'n skildery wat uit twee luike bestaan, dus, 'n diptiek.[2] Daarmee dan ishortjie dus eintlik 'n sinekdogee; 'n klein deeltjie wat na die groter geheel verwys.

Teorie 2: Boshoff & Nienaber bevind egter in hulAfrikaanse etimologieë (1967) dat hortjies, as 'n raamwerk van latwerk, en gewoonlik in die verkleinwoord en meervoud gebruik, eintlik terugkyk ophorde/horre/hor (Middelnederlands:horde/hurde en dialektieshort/hurt), die Hoogduitshürde, die Engelshurdle, wat almal verband hou met die Latynsecratis "vlegwerk", die Grieksekurtia (vlegwerk).[3]

Boshoff en Nienaber bring die leser op die spoor van Philippa, Debrabandere, Schoonheim en Van der Sijs (2009), wat die volgende in dieEtymologisch Woordenboek van het Nederlands uiteensit (let op die opmerklike verskil in die moderne Nederlands):[4]

Eenhorde in de algemene betekenis 'vlechtwerk' kon dienen als al dan niet verplaatsbare afscheiding, als slaapmat, om vis of andere waar op te drogen te leggen, als vlot, als dijkversterking, als mat waarop misdadigers of heksen werden verbrand, etc. etc. De horde alsvensterbedekking verschijnt in de 16e eeuw; ze kan dienen ter bescherming van het glas, of tegen inkijk, of,zoals in de hedendaagse taal gebruikelijk is, om insecten tegen te houden. Omdat horden voor vensters meestal kleiner waren dan andere horden, werd vaak het verkleinwoord gebruikt.

Hier vind die totstandkoming in die moderne tyd van 'nvalse vriend plaas. 'n "Hor", in Nederlands en Nedersaksies, is vandag in Afrikaans gewoongaas,insektegaas ofdraadgaas om goggas soos muskiete, vlieë of bye mee uit te hou by 'n venster. Albei, sowelhor ashortjie, het egter metvlegwerk te doen.

DieWoordenboek der Nederlandsch Taal definieer "horde" so:[5]

Een, van latwerk of traliën, vlechtwerk of gaas voorzien raampje dat men voor de ramen of in de vensteropening zet tot bescherming van het glas, om het inkijken te beletten, het inwerpen van vuil te verhinderen enz.

In een voorkamertje aan een venster met eenhordetje bedekt, V. EFFEN, Spect. 5, 203 [1733].
Koussen … breijen, en door dehorretjes gluuren, WOLFF en DEKEN, Leev. 6, 376 [1785].
Over hethorretje kijken, BEETS, C.O. 158 [1840].


Streng volgens bovermelde definisie is dit presies wat 'n hortjie in Afrikaans is. Hoe 'n Nederlandssprekende en 'n Afrikaanssprekende die definisie interpreteer is in die praktyk egter twee verskillende dinge.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Woordeboek van die Afrikaanse Taal, s.v. rolluik, blinding, blinder
  2. Du Plessis, E.P. 1979.Die Kennis gids tot Moderne Afrikaans. Kaapstad: Human & Rousseau, pp. 81 & 175.
  3. Boshoff, S.P.E. & Nienaber, G.S. 1967.Afrikaanse etimologieë. Pretoria: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, s.v. hortjies, bl. 292.
  4. etymologiebank.nl s.v. hor (gaas voor raam tegen insecten)
  5. WNT, s.v. horde
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Hortjies&oldid=2667291"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp