Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Hoogduitse tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hoogduitse tale
Hoogduitse dialekte
Geografiese
verspreiding:
Middel- en Suid-Duitsland,Liechtenstein,Luxemburg, Noord- en Sentraal-Switserland,Oostenryk,Pole,Elsas enSuid-Tirool
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Germaans
  Hoogduitse tale
Onderafdelings:

Die Hoogduitse tale is 'n onderafdeling van dieWes-Germaanse tale

 Nederduits (Wes-Germaans)

 Nedersaksies (Wes-Germaans)

 Middelduits (Wes-Germaans)

 Opperduits (Wes-Germaans)

 Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

 Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

 Oos-Noord-Germaans

 Wes-Noord-Germaans

 Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei

DieHoogduitse tale ofHoogduitse dialekte (Duits:Hochdeutsch) is enige van die spreekvorme vanStandaard Duits,Luxemburgs enJiddisj sowel as die plaaslike Duitsedialekte wat in sentraal en suidelikeDuitsland, inOostenryk, inLiechtenstein, inSwitserland, inLuxemburg en in naburige dele vanBelgië,Frankryk (Elsas en noordelikeLotaringe),Italië enPole gepraat word. Dit word ook in voormalige koloniale nedersettings soos byvoorbeeld inRoemenië (Transsilvanië),Rusland,Verenigde State enNamibië gepraat.

"Hoog" verwys na diebergagtige dele van sentraal en suidelike Duitsland en dieAlpe, teenoorNederduits wat 'n die plat kusgebiede van die noorde gepraat word. Hoogduits kan onderverdeel word inOpperduits enMiddelduits (Oberdeutsch, Mitteldeutsch).

Die Duitse termHochdeutsch word ook losweg gebruik, maar nie deur taalkundiges nie, om nastandaard geskrewe Duits te verwys in teenstelling met die dialekte, omdat die standaard taal uit Hoogduits eerder as Nederduits ontwikkel het.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Hoogduits soos in suidelike Duitsland, Beiere en Oostenryk gepraat was 'n belangrike basis vir die ontwikkeling van Standaardduits.

Die historiese vorms van die taal isOud-Hoogduits enMiddel-Hoogduits.

Klassifikasie

[wysig |wysig bron]

Hoogduits word van ander Wes-Germaanse varieëteite onderskei deur die deelname daarvan in dieTweede Germaanse klankverskuiwing (c. n.C 500).

Om dit waar te neem, vergelyk DuitsPfanne metAfrikaans enEngelspan ([pf] na[p]), Duitszwei met Afrikaanstwee en Engelstwo ([ts] na[t]), Duitsmachen met Afrikaansmaak en Engelsmake ([x] na[k]).

In dieHoogalemanniese dialekte is daar 'n verdere verskuiwing;Sack (soos Engels "sack") word uitgespreek as[z̥akx] ([k] to[kx]).

Stamboom

[wysig |wysig bron]
Kaart wat die verspreiding vanOpperduits (groen),Middelduits (blou) enNederduits (geel) aandui. Die hoofisoglosse, die Benrath- en Speyerlyne, word in swart aangedui
Die hedendaagse verspreiding van vastelandse Hoog-Duitse tale:

 Sentraal-Duitse dialekte

 Hoog-Duitse dialekte

Let daarop dat die skeiding tussen subfamilies vanGermaans meestal nie presies gedefinieer kan word nie; meeste vorm kontinue gradiënte, met naburigedialekte wat onderling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar is nie. In besonder was daar nooit 'n oorspronklike "Proto-Hoogduits" nie. Om die en ander redes is die ideë om die verwantskap tussen die Wes-Germaanse taalvorms enigsins in 'n boom diagram voor te stel onder taalkundiges omstrede; die onderstaande verdeling moet dus met die voorbehoud gelees word:

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metHoogduitse tale.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Hoogduitse_tale&oldid=2861779"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp