Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Honsjoe

Koördinate:36°N138°O / 36°N 138°O /36; 138
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Honsjoe
Inheemse naam: 本州
Nasa-Satellietbeeld van Honsjoe
Nasa-Satellietbeeld van Honsjoe
Geografie
LiggingOos-Asië
Koördinate36°N138°O / 36°N 138°O /36; 138
ArgipelJapanse Argipel

Oppervlakte225 800 km²
Hoogste puntFoedji 3 776 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan
PrefektureHiroshima,Okayama,Shimane,Tottori,Yamaguchi,Hyogo,Kioto,Mie,Nara,Osaka,Shiga,Wakayama,Chiba,Gunma,Ibaraki,Kanagawa,Saitama,Tochigi,Tokio,Akita,Aomori,Fukushima,Iwate,Miyagi,Yamagata,Aichi

HoofstadTokio
Grootste stadTokio (13 617 445)

Demografie
Bevolking104 000 000

BevolkingsgroepeJapanners
Die wêreld se sewende grootste eiland en die grootste eiland van Japan

Honsjoe (Japannees: 本州,Honshū / Honsyū, [hoꜜɯ̃ɕɯː],luister(hulp·inligting), letterlik: "Hoofeiland" of "Hoofprovinsie") is die grootste en mees bevolkteeiland vanJapan. Dit is suid vanHokkaido, wat aan die ander kant van die Tsoegaroe-seestraat geleë is, noord vanSjikokoe aan die ander kant van dieBinnelandse See en noordoos vanKioesjoe aan die ander kant van die Kanmon-seestraat. Dit is die sewende grootste eiland ter wêreld volgens oppervlakte en die eiland met die tweede grootste bevolking ter wêreld náJava. In Honsjoe se suidooste isTokio, Japan sehoofstad en grootste stad, geleë.

Tokio,Japan se hoofstad en grootste stad op Honsjoe

Honsjoe vorm saam met Hokkaido, Kioesjoe en Sjikokoe die vier hoofeilande van dieJapanse Argipel tussen dieSee van Japan in die weste en die oopStille Oseaan in die ooste. Dié eiland grens in die noordweste aan die See van Japan, in die ooste aan die oop Stille Oseaan en in die suide aan dieFilippynse See.[1]

Honsjoe is ongeveer 1 300 km lank en wissel in wydte tussen 50 en 230 km met 'n totale oppervlakte van 225 800 km², omtrent 60% van die totale oppervlakte van Japan. Dit is groter as die eilandGroot-Brittanje en effens groter as dieAmerikaansedeelstaatMinnesota. Honsjoe se kuslyn is 5 450 km lank.

Honsjoe is bergagtig en vulkanies en loop gereeld onderaardbewings deur. Die Groot Kanto-aardbewing het Tokio byvoorbeeld in September 1923 erg beskadig. Die hoogste bergpiek op dié eiland is die aktiewevulkaanFoedji teen 3 776 m, wat dit die wêreld se sewende hoogste eiland maak. Honsjoe het talleriviere insluitend die Shinanorivier, Japan se langste rivier. Dié eiland se klimaat is gematig, maar daar is 'n merkbare verskil tussen die oostelike en suidelike kant en die westelike en noordelike (See van Japan-kus) kant. 'n Bergreeks loop oor die hele lengte van Honsjoe. Benewens Foedji is dieJapannese Alpe 'n belangrike landmerk van Honsjoe. Honsjoe se vulkane behoort tot dieRing van Vuur wat dieStille Oseaan vanNieu-Seeland totChili omsirkel.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Honshu" (in Engels).Encyclopædia Britannica.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op12 Augustus 2017.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
HierdieJapanartikel is ’nsaadjie. Voel vry om die Afrikaanse Wikipedia te help deur dituit te brei.


NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Honsjoe&oldid=2463599"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp