Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Hongkong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China
中華人民共和國香港特別行政區 (Chinees)
Hong Kong Special Administrative Region of the People's Republic of China (Engels)
Vlag van HongkongEmbleem van Hongkong
VlagEmbleem
Volkslied: 《義勇軍進行曲》
Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ(Chinees)
March of the Volunteers(Engels)
(Afrikaans: "Mars van die Vrywilligers")
Ligging van Hongkong
HoofstadHongkong

22°16′N114°9′O / 22.267°N 114.150°O /22.267; 114.150

Grootste stadHongkong
Amptelike taleChinees enEngels[1][2]
Regering


• Hoofuitvoerende Beampte
• Hoofsekretaris vir Administrasie
Spesiale Administratiewe
Streek van die
Volksrepubliek China
John Lee
Eric Chan
Onafhanklikheid
Vorming
• Britse besit
• Verdrag van Nanking
• Konvensie van Beijing
• 2de Konvensie van Beijing
• Japannese besetting

• Oordraging van die
Britse soewereiniteit aan die
Volksrepubliek China


25 Januarie1841
29 Augustus1842
18 Oktober1860
9 Junie1898
25 Desember1941 tot
30 Augustus1945


1 Julie1997
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 755[3] km2  (184ste)
1 064 myl2
59,8 (1 649 km² / 637 myl²)
Bevolking
 - 2016-skatting
 -Digtheid
 
7 409 000[4] (100ste)
6 544[5] / km2 (4de)
16 948,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$471,186 miljard[6] (44ste)
$62 969[6](10de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$342,037 miljard[6] (35ste)
$45 710[6](16de)

MOI (2015) 0,917[7] (12de)  – baie hoog
Gini (2016)53,9[8] – hoog
GeldeenheidDollar (HKD)
Tydsone
 -Somertyd
HKT (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD.hk, .香港
Skakelkode+852

Hongkong (Chinees: 香港,Xiānggǎng,Kantonees:Yale: Hē​unggóng, Jyutping: Hoeng1 gong2, Guangdong: Hêng1 gong2, [hœ́ːŋ.kɔ̌ːŋ],luister(hulp·inligting);Engels:Hong Kong; letterlik: "lieflike hawe" of "wierookhawe"[9][10]), amptelik dieHongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China (Engels:Hong Kong Special Administrative Region of the People's Republic of China, Chinees: 中華人民共和國香港特別行政區), is naasMacau een van twee spesiale administratiewe streke van dieVolksrepubliek China. Hongkong is oos van diePêrelrivierdelta en Macau aan die kus van dieSuid-Chinese See geleë en grens in die noorde aan die Chinese provinsieGuangdong.

Dit was 155 jaar lank tot 1997 'nBritse oorsese gebied, aanvanklik 'n kroonkolonie (van 1842, kragtens die Verdrag van Nanking, tot 1997). Op 30 Junie 1997 is die beheer egter aan die Volksrepubliek China teruggegee, wat nietemin belowe het dat hy nie sy eie ekonomiese stelsel op Hongkong sou afdwing nie en dat dit die daaropvolgende vyftig jaar ’n hoë mate van outonomie sou geniet. Hongkong se ekonomie word wyd in die pers die vryste ter wêreld genoem, onder meer deur dieEngelse tydskrifThe Economist.[11]

Sport

[wysig |wysig bron]
Openingseremonie van die Hong Kong Sevens in 2008

Die meeste en gewildstesportsoorte wat in Hongkong beoefen word, het hul oorsprong in dieVerenigde Koninkryk en het tydens die Britse koloniale tydperk in Hongkong gevestig. Hongkong se sporttradisies toon min ooreenkomste met dié van die Volksrepubliek China en kom egter ooreen met dié van dieBritse Statebond. Hongkong stuur sedert 1952 hul eie aparte span vir elkeOlimpiese Somerspele en neem nie onder dieChinese vlag deel nie, dit stem ooreen met die "een land, twee stelsels"-beleid. Van 1934 tot 1994 het Hongkong ook aan dieStatebondspele deelgeneem, maar nadat dit in 1997 deur die Verenigde Koninkryk aan die Volksrepubliek China oorhandig is, mag dit nie meer aan dié geleentheid deelneem nie.

Sokker is die gewildste sportsoort in Hongkong[12][13] en word sedert koloniale tye beoefen. DieHongkongse nasionale sokkerspan is in 1939 gestig en kon drie keer vir dieAFC se Asiatiese Nasiesbeker kwalifiseer met hul beste prestasie in die derde plek in 1956. Hulle kon egter nog nie vir 'nFIFASokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[14]

Rugby is die tweede gewildste sportsoort in Hongkong en is veral bekend vir die jaarliksesewesrugbytoernooi, die Hong Kong Sevens. DieHongkongse nasionale rugbyspan is tans Asië se tweede sterkste span net náJapan,[15] en ding in die Asiatiese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Hulle het dié toernooi al vyf keer gewen (in 2018, 2019, 2022, 2023 en 2024), agt keer in die derde en 15-keer in die vierde plek geëindig. Hulle kon tot dusver nog nie vir 'nrugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.

Krieket is op pad na een van die gewildste sportsoorte van Hongkong en sedert 1992 word die Hong Kong Cricket Sixes in 6-per-kant-krieket gehuisves. DieHongkongse nasionale krieketspan is tans een van Asië se sterkste spanne buite dieInternasionale Krieketraad seEDI-lande en in November 2013 is Hongkong saam metNederlandT20I-status toegeken.[16] Hongkong kon tot dusver nog nie vir 'nkrieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie en hulle het twee keer aan 'nT20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem (in2014 en2016), maar hulle kon nie die tweede rondte haal nie.

Galery

[wysig |wysig bron]
  • Nasa-Satellietbeeld van Hongkong
    Nasa-Satellietbeeld van Hongkong
  • Kaart van Hongkong
    Kaart van Hongkong
  • Besienswaardighede van Hongkong
    Besienswaardighede van Hongkong
  • Hongkong soos gesien vanaf Victoria Peak
    Hongkong soos gesien vanaf Victoria Peak
  • 'n Straattoneel in Hongkong
    'n Straattoneel in Hongkong

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Hong Kong – the Facts". Regering van Hongkong.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op14 Mei 2018.
  2. (en)"OFFICIAL LANGUAGES DIVISION". Staatsdienskantoor.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op14 Mei 2018.
  3. (en)"Hong Kong".Central Intelligence Agency. Besoek op5 Augustus 2023.
  4. (en)"HK Population for 2016".Census and Statistics Department (Hong Kong). 19 April 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op14 Mei 2018.
  5. (en) (PDF) 2011 Population Census – Summary Results (Report). Census and Statistics Department. Februarie 2012. Archived fromthe original on 21 Oktober 2019. https://web.archive.org/web/20191021224429/https://www.census2011.gov.hk/pdf/summary-results.pdf. Besoek op 14 Mei 2018. 
  6. 6,06,16,26,3(en)"Hong Kong".Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op14 Mei 2018.
  7. (en)"2015 Human Development Report"(PDF). United Nations Development Programme. 2015.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op14 Mei 2018.
  8. (en)"Thematic Report : Household Income Distribution in Hong Kong 2016"(PDF). Regering van Hongkong.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op14 Mei 2018.
  9. (en)"Aquilaria sinensis and origin of the name of Hong Kong".herbarium.gov.hk. Hong Kong Herbarium. Besoek op14 Mei 2018.
  10. (en)"Making scents: saviours of the incense tree".South China Morning Post.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op14 Mei 2018.
  11. (en)"World News, Politics, Economics, Business & Finance".The Economist.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op14 Mei 2018.
  12. (en)Chan Kin-wa (25 Januarie 2014)."'Football will die' in Hong Kong without funding under Project Phoenix". Scmp.com. Besoek op23 Junie 2023.
  13. (en)SCMP Editorial (10 Januarie 2014)."Soccer in Hong Kong needs to clean up its act to win back fans". Scmp.com. Besoek op23 Junie 2023.
  14. (en)David Bartram (8 Junie 2014)."Will Hong Kong ever reach a World Cup, or are we losing sight of the goal?". Scmp.com. Besoek op23 Junie 2023.
  15. (en)"World Rugby Rankings".Wêreldrugby. Besoek op23 Junie 2023.
  16. (en)"Hong Kong, Netherlands through to World T20". ESPNcricinfo. 28 November 2013. Besoek op23 Junie 2023.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metHongkong.
Provinsies
Outonome streke
Munisipaliteite
Spesiale administratiewe streke
Ander
Lande en gebiede inAsië
Lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Hongkong&oldid=2710033"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp