Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. DieHongaarse opstand van 1956 was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig teengestaan. Ná die val van dieSowjetunie is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by dieNoord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidland van dieEuropese Unie.
Die inheemse landsnaam verskil sterk van die name wat in die buiteland vir Hongarye gebruik word. Die termmagyar [madjar] kom reeds in 9de en 10de eeuseIslamitiese bronne voor en is waarskynlik 'n samestelling vanmagy (Oegries:*mańćε = "mens, man, geslag") ener(i) (eweneens "man, mens, geslag"). Hierdie naam het oorspronklik slegs naeen van sewe halfnomadiese stamme verwys wat in die 9de en vroeë 10de eeu rooftogte inEuropa onderneem en tot by diePireneë-bergreeks getrek het. Dié stamme het asMegyer (Magyar),Tarján,Jenő,Kér,Keszi,Kürt-Gyarmat enNyék bekend gestaan. Daarnaas is die sambreeltermhétmagyar gebruik om na hulle te verwys. Teen die einde van die 10de eeu het die Magyare-stam – dit wil sê die nakomelinge van Árpád – daarin geslaag om al die Hongaarse stamme onder hul heerskappy te verenig. Vanaf hierdie tydperk is na die hele volk as Magyare verwys.
Die naamHongarye, wat in Europese tale ingeburger geraak het, is vermoedelik uitSlawiese tale ontleen en het sy oorsprong in die Bolgaroturkse stamnaamonogur (afgelei vanon = "tien" +ogur = "stam"). Die voorvaders van die Hongaarse volk het in die 5de en 6de eeu noue bande met die Onogure-ryk gehandhaaf. Die "H-" in dieLatynse termhungarus is vervolgens ook in ander tale, waaronderAfrikaans, oorgeneem nadat dit valslik aan dieHunne (Hunni) gelykgestel is.
Monument ter herdenking van die Pan-Europese Piekniek in September 1989. Destyds het Oostenryk en Hongarye ooreengekom om dieYstergordyngrens tussen die twee lande drie ure lank simbolies te open. Honderde Oos-Duitsers het hul kans gegryp en na die weste gevlug. Die politieke omwenteling van 1989, die val van dieBerlynse Muur en die Duitse hereniging is grotendeels aan Hongarye se besluit te danke[10]
Volgens tradisie is Hongarye gevestig deurÁrpád, wat in die 9de eeu die Magyare in die vlaktes vanPannonia gelei het. Die Koninkryk Hongarye is gestig in 1000 deurStefan die Grote.
Geleidelik het Hongarye verander in 'n groot, onafhanklike koninkryk, wat 'n gematigde Sentraal-Europese kultuur geskep het, as deel van die Europese samelewing.
Die Goue Eeu het geëindig met dieOttomaanse oorname aan die begin van die 16de eeu, toe die res van Hongarye onderOostenrykse beheer geval het en Oostenryk uiteindelik Hongarye teen die 17de eeu geheel en al beset het.
Hongarye is verdeel in 40 administratiewe gebiede. Van hierdie is 19graafskappe (megyék, enkelvoud –megye) en 20 is sogenaamde landelikegraafskappe (enkelvoud –megyei jogú város), en daar is een hoofstad (főváros):Boedapest. Die ander 39 is:
Sokker is die gewildstesportsoort in Hongarye.[11] Die Hongaarse nasionale sokkerspan het aan verskeie internasionale toernooie deelgeneem, insluitende die eerste sokkertoernooi op dieOlimpiese Somerspele 1912 inStockholm, negeFIFASokker-Wêreldbekertoernooie en tweeUEFA Europa-bekertoernooie. Hul beste prestasies was die goue medaljes op dieOlimpiese Somerspele in1952,1964 en1968, asook naaswenner tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in1938 en1954. Die span was ook die eerste nie-Britse span wat Engeland kon klop, toe hulle opWembley met 6–3 geseëvier het. Maande later het hulle die Engelse in Boedapest met 7–1 hul ergste nederlaag ooit toegedien.[12][13]
↑(en) University of British Columbia. Committee for Medieval Studies,Studies in medieval and renaissance history, Committee for Medieval Studies, University of British Columbia, 1980, bl. 159
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.