Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Honderdjarige Oorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Honderdjarige Oorlog

Skildery uit die Romantiek vanJohanna van Arkel by die Beleg van Orléans.
Datum1337–1453
LiggingHoofsaaklikFrankryk en dieLae Lande
ResultaatFranse oorwinning
Gebieds-
veranderinge
Frankryk verkry beheer oor al die Engelse kontinentale besittings behalweCalais
Strydende partye
Huis van Valois
Ondersteun deur:
Frankryk
Kastilië
Skotland
Genua
Majorka
Bohemië
Kroon van Aragon
Bretagne (Blois)
Huis van Plantagenêt
Ondersteun deur:
Engeland
Boergondië
Bretagne (Montfort)
Portugal
Navarra
Vlaandere
Hainaut
Akwitanië
Luxemburg
Heilige Romeinse Ryk

DieHonderdjarige Oorlog het betrekking op die periode van 116 jaar (1337 tot1453) waartydensFrankryk enEngeland in talle konflikte gewikkel was, afgewissel deur tydperke van kort of langere wapenstilstande. Die oorlog het begin toeEduard III van Engeland 'ndéfi (oorlogsverklaring) aan die koning van FrankrykFilips VI van Valois gestuur het. DieVerdrag van Picquigny, wat op29 Augustus1475 byPicquigny inPicardie onderteken is dui die amptelike einde van die oorlog aan. Die jaar 1453, toe die Engelse uit die hele Frankryk behalweCalais verjaag is, word ook dikwels as die einde van die oorlog beskou.

Historiese agtergrond

[wysig |wysig bron]

Die Honderdjarige Oorlog moet as die laaste fase van 'n politieke stryd beskou word wat reeds in1066 met die troonbestyging vanWillem die Veroweraar, hertog vanNormandië, as heerser oor Engeland 'n aanvang geneem het. Die koning van Engeland het sedertdien oor uitgestrekte besittings in Frankryk beskik en is deur die Franse konings as 'n ongewensde mededinger beskou in hulle pogings om hul magsposisie in die land uit te brei.

Tot en met die jaar1250 was die meeste Engelse besittings in Frankryk weer onder die gesag van die Franse Kroon – met die uitsondering van die hertogdomAkwitanië (ofGascogne), 'n gebied wat destyds groot hoeveelhede wyn (claret) na Engeland uitgevoer het. In die 1290's het Filip die Skone byna daarin geslaag om die Engelse koningEduard I van Engeland ook uit hierdie geweste te verdryf en dit by die Franse Kroondomein in te lyf. Die beleid vanFilip VI van Frankryk, 'n neef van die Engelse koning Eduard III, het in die 1330's weereens 'n bedreiging vir die Engelse heerskappy oor die gebied ingehou.

Frankryk in 1330

   Engelse gebied in 1330

   Koninkryk van Frankryk

   Besittings van die Plantagenête in 1180

Die Honderdjarige Oorlog was dus aanvanklik veral 'n Franseburgeroorlog waarin die Franse koning gepoog het om van sy belangrikste vasaal ontslae te raak. Maar in die14de eeu het ook ander moondhede by die oorlogsgebeure betrokke geraak. Die Skotte het as gevolg van hulle vryheidsstryd teen Engeland bondgenote van Frankryk geword.

Filips VI het dit in1334 duidelik gestel dat 'n skikking met Engeland oor Gascogne net bereik kon word indien dieselfde verdrag ook die regte van die Skotse monarg sou bevestig. Eduard III het op sy beurt geprobeer om die steun van dieLae Lande vir sy saak te verseker – die Engelse wolembargo teen die Vlaamse stede met hul welvarende lakenbedryf was 'n doeltreffende drukmiddel om vanVlaandere 'n geallieerde nasie te maak.

Maar uiteindelik het in1336 die Franse koning se planne om in Engeland in te val en militêre bystand aanSkotland te verleen die politieke spanninge verskerp. Die Engelse het die aansienlike Franse Vloot, wat in Franse seehawens langs dieEngelse Kanaal geanker en volgens amptelike bewerings vir 'nkruistog bestem sou wees, as 'n ernstige bedreiging beskou.

Eduard III was vasbeslote om hierdie bedreiging af te weer en het die Engelse parlement oorreed om 'n hoë oorlogsbelasting goed te keur. Met Frankryk se voorkomende inval in Gascogne het die Honderdjarige Oorlog 'n aanvang geneem.

In teenstelling met sy voorgangers het Eduard III in sy stryd teen Frankryk oor 'n magtige wapen beskik, naamlik sy aanspraak op die Franse troon. Die Capet-dinastie wat die Franse troon sedert die jaar987 in 'n ononderbroke suksessie aan die eersgebore koninklike seuns vererwe het, het in1328 onverwags in sy manlike linie uitgesterf. Die drie seuns van Filips die Skone, wat almal as troonopvolgers geregeer het, het sonder kinders gesterf. Die Franse kroon is aan Filips VI van Valois, 'n neef van die laaste drie Capet-heersers (maar ook van Eduard III), oorgedra.

Deur sy moederIsabella van Frankryk was Eduard III ook die grootseun van Filips die Skone. Maar alhoewel hy in 1328 nie in 'n posisie verkeer het om werklik aanspraak op die Franse troon te maak nie (die vroulike vorstelike linie se erfreg is deur dieParyse parlement verwerp), het hy in 1337, toe Filips Gascogne verbeur verklaar het, sy reg op die Franse troon bevestig. In1340 het Eduard III formeel aanspraak gemaak op die Franse koningstitel en die Franse koninklike simbool, diefleur-de-lis, by sy mantel gevoeg.

Johanna van Arkel

[wysig |wysig bron]

Johanna van Arkel, 'n jong boeremeisie uitLotharinge, het beweer dat sy visioene vanGod gehad het waarin sy deur "hemelse stemme" aangesê is om haar land vanEngelse oorheersing te bevry laat in die Honderdjarige Oorlog. Die kroonprins, ongekroonde FranseKoning Karel VII ,het haar ná die beleg byOrléans gestuur as deel van 'n sending om die stad te bevry. Sy het bekendheid verwerf toe sy die minagtende houding van die ervare bevelvoerders oorkom het en die beleg in slegs nege dae opgehef het. Verskeie ander snelle oorwinnings het gelei tot Karel VII se kroning byReims.

Sy het 'n keerpunt in die oorlog gebring: die Franse soldate het onder haar inspirerende leiding moed geskep. Die wankelmoedige, dadelose kroonprins het op sy eie bene begin staan. Die verskillende partye in Frankryk het hul twiste op die agtergrond geskuif.

Vanaf 1428 is die Engelse vernederend verslaan en die Franse kon uiteindelik die indringers verdryf. Johanna is deur haar Franse vyande aan die Engelse verkoop, wat haar deur dieinkwisisie laat verhoor het. Nadat die regters besluit het dat haar "stemme" nie van God nie, maar van die duiwel kom, is sy in1431 asheks verbrand.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metHundred Years' War.

Historiese agtergrond

[wysig |wysig bron]
  • Hallam, Elizabeth (red.):Chronicles of the Age of Chivalry. Londen: Guild Publishing 1989, bl. 238-239
Voorgeskiedenis
Klassieke oudheid
Middeleeue
Vroegmoderne
Modern
Sien ook
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Honderdjarige_Oorlog&oldid=2759858"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp