Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Homo ergaster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Homo ergaster
Tydperk:Pleistoseen,1.8–1.3 m. jaar gelede
Die skedel KNM-ER 3733, wat in 1975 inKenia ontdek is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. ergaster
Binomiale naam
Homo ergaster
(Colin Groves en Vratislav Mazák, 1975)

Homo ergaster is ’nuitgestorwespesie vanHomo wat tydens die vroeëPleistoseen inOos- enSuider-Afrika geleef het.[1] OfH. ergaster 'n spesie op sy eie vorm en of dit in die spesieH. erectus opgeneem moet word, is 'n deurlopende en onopgeloste dispuut tussenpaleoantropoloë. Voorstanders van 'n gesamentlike spesie praat gewoonlik vanH. ergaster as "Homo erectus uit Afrika"[2] of "Homo erectus ergaster".[3]

Die naamHomo ergaster kan rofweg vertaal word as "werkende man",[1] 'n verwysing na die meer gevorderde gereedskap wat die spesie gebruik het in vergelyking met dié van hulle voorouers. Die fossielomvang vanH. ergaster strek van sowat 1,7 miljoen tot 1,4 miljoen jaar gelede, hoewel 'n groter omvang moontlik is.[4]

Hoewelfossiele uit die heleOos- enSuider-Afrika bekend is, is die meesteH. ergaster-fossiele aan die oewers van dieTurkanameer inKenia ontdek. Daar is latere Afrika-fossiele, waarvan sommige jonger as 'n miljoen jaar is, wat dui op langtermyn- anatomiese kontinuïteit, maar dit is onseker of hulle amptelik beskou kan word asH. ergaster-spesimens. As 'n aaneenlopende spesie konH. ergaster gelewe het tot so laat as 600 000 jaar gelede, toe nuwe linies vanHomo in Afrika ontstaan het.

Dié wat gloH. ergaster moet inH. erectus opgeneem word, reken daar is te min verskille tussen die twee om hulle as aparte spesies te beskou. Voorstanders van twee aparte spesies haalmorfologiese verskille aan tussen die fossiele vanAfrika en dié vanAsië, en reken verder dat vroeëHomo-evolusie veel ingewikkelder is as om die twee spesies as een te beskou. Daarbenewens kan morfologiese verskille tussen spesimens wat almal asH. ergaster beskou word, daarop dui datH. ergaster self nie 'n samehangende spesie verteenwoordig nie. Ongeag die beste klassifikasie vir hulle, toonH. ergaster primitiewe weergawes van eienskappe wat later inH. erectus voorgekom het en hulle is dus dalk die direkte voorouers van die latereH. erectus-bevolkings in Asië. Hulle is ook waarskynlik die voorouers van die laterehominiene inEuropa en Afrika, soos diemoderne mense en dieNeanderdallers.

Verskeie eienskappe onderskeiH. ergaster vanAustralopithecus, sowel as van vroeëre, meer basaleHomo-spesies, soosH. habilis. Daaronder tel groter liggaamsmassa, relatief lang bene, verpligtetweevoetigheid, relatief klein kakebene en tande (wat dui op 'n groot verandering in eetgewoontes), sowel as liggaamsafmetings en lewenstyle wat meer met dié van die moderne mens ooreenstem as met dié van vroeëre of kontemporêre hominiene. Daarom beskou sommige navorsersH. ergaster as die vroegste ware verteenwoordiger van diegenusHomo. Richard Dawkins het dit verkies en bygevoeg: "Ek sal hulle Ergasts eerder as Erects noem, deels omdat ek glo die meeste van ons gene kom van die Afrika-vorm en deels omdat hulle nie enigsins meer regop as hulle voorouers was nie".[5]

H. ergaster het op diesavanne van Afrika gewoon, 'n unieke omgewing wat tot die behoefte aan nuwe en unieke gedrag kon gelei het. VroeëHomo-lede het waarskynlik, nes moderneprimate, van teenaanvalstegnieke gebruik gemaak om roofdiere weg te hou. Teen die tyd vanH. ergaster het dié gedrag moontlik gelei tot die ontwikkeling van warejagter-versamelaarsgedrag, 'n eerste onder primate.H. ergaster was 'n toproofdier.[6] Nog gedrag wat eerste in dié spesie kon begin het, sluit in die verdeling van mans en vroue in kosversameling en waremonogame bande tussen pare.H. ergaster het ook gevorderderAcheuleense gereedskap gebruik, onder meer die eerste bekende handbyle. Hoewel onbetwiste bewyse ontbreek, konH. ergaster ook die eerste hominien gewees watvuur beheer het.

Taksonomie

[wysig |wysig bron]
Hominini-tydlyn
Hierdie kas: sien  bespreking  wysig
-10 —
-9 —
-8 —
-7 —
-6 —
-5 —
-4 —
-3 —
-2 —
-1 —
0 —
(miljoen jaar gelede)

The image above contains clickable links

Navorsingsgeskiedenis

[wysig |wysig bron]
'n Replika van KNM ER 992, dieholotipespesimen vanHomo ergaster.

Die sistematiek en taksonomie vanHomo in die vroeë tot middelstePleistoseen is een van die mees betwiste gebiede van paleoantropologie.[7] In vroeë paleoantropologie en tot laat in die 20ste eeu is algemeen aanvaarHomo sapiens is die eindresultaat van geleidelike veranderings binne 'n enkele linie van die hominien se evolusie. Toe al hoe meer fossiele van die waargenome oorgangsvorm tussen vroeë hominiene en moderne mense,H. erectus, wat aanvanklik beskou is as argaïese menslike fossiele in Asië, ontdek word, het die uiteenlopendheid binneH. erectus daaroe gelei dat sommige mense begin vra het wat die spesie definieer en wat die omvang daarvan moet wees. Sommige navorsers, soos die paleoantropolooog Ian Tattersall hetH. erectus in 2013 bevraagteken omdat dit 'n ongelooflike getal fossiele behels het met "aansienlik verskillende vorme".[8]

In die 1970's het Richard Leakey en Alan Walker 'n reeks hominienfossiele aan die oostelike oewer van die Turkanameer in Kenia beskryf. Die merkwaardigste vondste was twee gedeeltelike skedels: KNM ER 3733 en KNM ER 3883, wat by Koobi Fora gevind is. Leakey en Walker het die skedels aanH. erectus toegeskryf en aangeteken dat hulle breinvolumes (onderskeidelik 848 en 803 cm3) goed vergelyk met dié van die veel jonger tipespesimen vanH. erectus (950 cm3). Nog 'n belangrike fossiel was 'n fossiele kaak met die naam KNM ER 992 wat in 1972 by Ileret ontdek is en deur Leaky beskryf is as "Homo van onbepaalde spesie".[9]

’n Rekonstruksie van die Turkana-seun se gesig.

In 1975 het Colin Groves en Vratislav Mazák die fossiel KNM ER 992 beskryf as dieholotipespesimen van 'n aparte spesie, wat hulleHomo ergaster genoem het.[10] Die naam "ergaster" is afgelei van die antiekeGriekse ἐργαστήρ (ergastḗr, "werker" of "werksman").[11][12] Groves en Mazák het ook baie van die Koobi Fora-fossiele, soos KNM ER 803 ('n gedeeltelike skelet en 'n paar geïsoleerde tande) ingesluit in die nuwe spesie, maar het geen vergelyking met die Asiatiese fossielrekord vanH. erectus in hulle beskrywing ingesluit nie. Dit het 'n deel van die taksonomiese verwarring oor die spesie veroorsaak.[13]

'n Byna volledige fossiel, wat as 'n jong man beskou is (hoewel die geslag eintlik nooit vasgestel is nie) is in 1984 deur die Keniaanse argeoloog Kamoya Kimeu aan die westelike oewer van die Turkanameer ontdek.[12] Leakey en Walker, saam met Frank Brown en John Harris, het dit in 1985 beskryf as KNM-WT 15000 (met die bynaam "Turkana-seun"). Hulle het die feitlik volledige skelet as lid vanH. erectus beskou.[14] Die Turkana-seun was die eerste goed bewaarde spesimen vanH. ergaster/erectus wat ontdek is en is 'n belangrike fossiel in die vasstelling van die verskille en ooreenkomste tussen vroeëHomo en moderne mense.[15] Die paleoantropoloog Bernard Wood het die Turkana-seun in 1992 inH. ergaster geplaas.[12] Dit word vandag, saam met ander fossiele in Afrika, wat vroeër asH. erectus gereken is, algemeen beskou as verteenwoordigend vanH. ergaster deur diegene wat die twee as aparte spesies beskou.[16]

Klassifikasie

[wysig |wysig bron]

H. ergaster word maklik van vroeëre en meer basale spesies vanHomo, veralH. habilis enH. rudolfensis, onderskei deurdat verskeie eienskappe en hulle lewenstyl nader aan dié van die moderne mens was as aan vroeëre en kontemporêre hominiene. In vergelyking met hulle verwante, wasH. ergaster se liggaamsproporsies meer soortgelyk aan die latere lede van die genusHomo. Hulle het relatief lang bene gehad, wat hulle verpligtend tweevoetig gemaak het. Hulle tande en kake was ook kleiner as dié vanH. habilis enH. rudolfensis, wat dui op 'n groot verandering in eetgewoontes.[17] In 1999 het die paleoantropoloë Bernard Wood en Mark Collard gesê die konvensionele kriteria wat gebruik word om spesies aan die genusHomo toe te ken, is foutief en dat vroeë en basale spesies soosH. habilis enH. rudolfensis dalk herklassifiseer moet word as voorouers vanAustralopithecus. Volgens hulle wasH. ergaster die eerste ware verteenwoordiger vanHomo.[18]



Au. africanus



Au. garhi






H. habilis



H. rudolfensis





H. ergaster




H. erectus




H. antecessor





H. heidelbergensis



H. neanderthalensis




H. sapiens







Kladogram deur Strait, Grine & Fleagle (2015)[19]

Sedert die beskrywing vanH. ergaster as 'n aparte spesie in 1975, word die klassifikasie van fossiele daarin betwis.H. ergaster is dadelik verwerp deur Leakey en Walker en baie ander invloedryke navorsers, soos die paleoantropoloog G. Philip Rightmire, wat in 1990 'n uitgebreide verhandeling oorH. erectus geskryf het. Hy het 'n inklusiewerH. erectus verkies.

Oor die algemeen is daar min twyfel dat die groep fossiele watH. erectus enH. ergaster uitmaak, die fossiele van 'n min of meer samehangende stel nabye verwante van argaïse mense verteenwoordig. Die vraag is eerder of hierdie fossiele verskillende spesies verteenwoordig of 'n enkele, hoogs uiteenlopende spesie oor die verloop van byna twee miljoen jaar.[10] Dié deurlopende debat bly onopgelos. Navorsers gebruik gewoonlik die term "Homo erectussensu stricto" vir die AsiatieseH. erectus en "Homo erectussensu lato" vir die groter spesie wat beide die Afrika-weergawe (H. ergaster) en die Asiatiese weergawe insluit.[20][21]

'n Rekonstruksie van die kopbene vanHomo ergaster (links, geskoei op KNM ER 3733) en die latereHomo erectus (regs, geskoei op diePekingmens).

Om vanselfsprekende redes deelH. ergaster baie eienskappe metH. erectus, soos lang, vooruitstekende kakebene, groot wenkbrouriwwe en 'n kop wat skuins na agter loop.[22] Baie eienskappe vanH. ergaster is duidelik primitiewer weergawes van eienskappe wat later inH. erectus voorgekom het, en dit verduister die verskille tussen die twee effens.[23] Daar is subtiele, moontlik belangrike, verskille tussen die fossiele van Oos-Afrika en dié van Oos-Asië. Twee daarvan isH. ergaster se kopbene met 'n ietwat hoër koepel en dunner wande, en die selfs groter wenkbrouriwwe en gesigte vanH. erectus.[22]

Die vraag word bemoeilik omdat dit betref hoe groot die verskille in 'n enkele spesie kan wees voordat dit in meer spesies verdeel moet word, en daarvoor is daar nie 'n duidelike antwoord nie. In 'n ontleding in 2008 deur die antropoloog Karen L. Baab van fossiele van verskeieH. erectus-subspesies, asook ander wat inH. ergaster val, is bevind die intraspesifieke verskille inH. erectus is groter was wat verwag kan word vir 'n enkele spesie wanneer dit vergelyk word met moderne mense ensjimpansees. As dit metgorillas vergelyk word, val dit binne die verwagte variasie, en ook binne die omvang van 'n enkele subspesie wanneer dit met dieorangoetang vergelyk word (hoewel dit deels vanweë die grootgeslagsdimorfie in gorillas en orangoetangs is).[24] Baab het tot die gevolgtrekking gekomH. erectus s.l. is óf 'n enkele, maar veranderlike spesie óf verskeie subspesies wat deur tyd en geografie verdeel is óf verskeie geografies verstrooide, maar nabyverwante spesies.[25]

In 2015 het die paleoantropoloë David Strait, Frederick Grine en John FleagleH. ergaster gelys as een van sewe "algemeen erkende" spesies vanHomo, saam metH. habilis,H. rudolfensis,H. erectus,H. heidelbergensis,H. neanderthalensis enH. sapiens. Hulle het bygevoeg ander spesies, soosH. floresiensis enH. antecessor, is minder bekend.[19]

Variasie in die fossielmateriaal

[wysig |wysig bron]
KNM ER 3733
KNM ER 3883
KNM-WT 15000 ("Turkana-seun")

Toe Ian Tattersall in 2013 verskeie fossiele vanH. ergaster vergelyk met dié vanH. erectus, veral die tipespesimen, het hy tot die gevolgtrekking gekom om na die materiaal in Afrika asH. ergaster te verwys eerder as na die "H. erectus uit Afrika", is 'n "aansienlike verbetering", omdat daar baie eienskappe is wat die materiaal van die twee kontinente onderskei.[26] Tattersall het geglo dit is passend om die termH. erectus net vir Oos-Asiatiese fossiele te gebruik in plaas van vir fossiele in Asië én Afrika. Hoewel hy gereken het dieH. ergaster-materiaal verteenwoordig die fossiele van 'n aparteklade vanHomo, het hy ook bevind daar is aansienlike diversiteit binne die klade: KNM ER 992 se kaak stem goed ooreen met ander fossiele kake uit die streek, soos dié van OH 22 van Olduvai en KNM ER 3724 van Koobi Fora, maar stem nie noodwendig ooreen met die skedels nie, soos dié van KNM ER 3733 en KNM ER 3883, en ook nie met die kaak van die Turkana-seun nie omdat die tande grootliks verskil.[26]

Die "ikoniesste" fossiel vanH. ergaster is die skedel KNM ER 3733, wat deur 'n paar eienskappe skerp van die AsiatieseH. erectus onderskei word, insluitende dat die wenkbrouriwwe boontoe én vorentoe uitsteek en dat die harsingskas taamlik lank in vergelyking met sy breedte is, met die kantwande wat 'n boog maak. KNM ER 3733 kan ook van KNM ER 3883 onderskei word deur 'n paar eienskappe, veral dat die kante van KNM ER 3883 se wenkbrouriwwe baie verdik is en wel vorentoe uitsteek, maar effens na onder en nie na bo nie.[27] Albei skedels verskil van dié van die Turkana-seun, wat net effens verdik is, maar nie vertikaal verdik is soos KNM ER 3883 s'n of baie ver vorentoe uitsteek soos KNM ER 3733 s'n nie. Daarby is die Turkana-seun se gesigstruktuur smaller en langer as die ander skedels. Dit het ook hoër neusopenings en waarskynlik 'n platter profiel van die boonste deel van die gesig. Dit kan wees omdat hy net tussen sewe en 12 jaar oud was.[28] Verder is die veronderstelling dat KNM ER 3733 die skedel van 'n vrou was en die Turkana-seun aanvanklik vermoedelik manlik was, wat beteken geslagsdimorfie kan vir van die verskille verantwoordelik wees.[15]

Die verskille tussen die Turkana-seun se skedel en beide KNM ER 3733 en KNM ER 3883, sowel as die verskille in die tande van die seun en KNM ER 992 is al deur sommiges, soos die paleoantropoloog Jeffrey H. Schwartz, vertolk as dat die Turkana-seun en die res van dieH. ergaster-materiaal nie noodwendig dieselfdetakson verteenwoordig nie. Schwartz het ook opgemerk dat nie een van die fossieleH. erectus verteenwoordig nie en dat die materiaal aansienlik hersien moet word.[29] In 2000 het die Franse paleoantropoloog Valéry Zeitoun voorgestel daar moet na KNM ER 3733 en KNM ER 3883 as twee aparte spesies verwys word, wat hyH. kenyaensis (tipespesimen KNM ER 3733) enH. okotensis (tipespesimen KNM ER 3883) genoem het, maar dié name het nie algemeen byval gevind nie.[30]

Evolusionêre geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Evolusie en tydsomvang

[wysig |wysig bron]

Hoewel dikwels aanvaar word datH. ergaster in Oos-Afrika ontstaan het, word hulle oorsprong verduister deurdat die spesie soveel anders as vroeëre spesies vanHomo enAustralopithecus was; hulle het lang ledemate en moderne liggaamsverhoudings gehad en was lank. Baie gereedskap uit die Pleistoseen is in Oos-Afrika ontdek, maar dit is nie heeltemal seker datH. ergaster se oorsprong daar lê sonder nog fossielvondste nie.[31] Daar word aanvaarH. ergaster het ontwikkel uit vroeëreHomo-spesies, moontlikH. habilis. Fossiele wat ontdek is, was hoofsaaklik van Oos-Afrika in die tydsomvang 1,8 miljoen tot 1,7 miljoen jaar gelede. Die meeste is aan die oewers van die Turkanameer in Kenia gevind.[11]

Die oudste bekende spesimen vanH. ergaster is DNH 134, 'n skedel wat in dieDrimolen-grotstelsel inSuid-Afrika ontdek is; dit was van 2,04 miljoen tot 1,95 miljoen jaar gelede. Die skedel is ook die oudste bekendeH. erectus s.l.-spesimen en wys groot ooreenkomste met KNM ER 3733. Dit wys ook vroeëH. ergaster het saam met ander hominiene soosParanthropus robustus enAustralopithecus sediba bestaan.[32]

Daar is ook jonger spesimens vanH. ergaster; die Turkana-seun dateer van sowat 1,56 miljoen jaar gelede.[11] 'n Paar selfs jonger Afrika-skedels dui op langtermyn- anatomiese kontinuïteit, maar dit is onduidelik of hulle werklik asH. ergaster-spesimens beskou kan word; die "Olduvai-hominied 9"-skedel van die Olduvai-ravyn wod gedateer van sowat 1,2 miljoen tot 1,1 miljoen jaar gelede. Daar is ook skedels van Buia (naby die kus vanEritrea, sowat 1 miljoen jaar oud), die Bouri-formasie inEthiopië (sowat 1 miljoen tot 780 000 jaar oud) en 'n gedeeltelike skedel van Olorgesailie in Kenia (tussen 970 000 en 900 000 jaar oud). Die Olduvai-skedel is soortgelyk aan dié van die AsiatieseH. erectus deurdat hy swaar wenkbrouriwwe het, maar die ander verskil net effens van vroeëreH. ergaster-skedels.[33]

DieH. erectus in Asië, sowel as latere hominiene in Europa (soosH. heidelbergensis enH. neanderthalensis) en Afrika (H. sapiens) stam moontlik almal vanH. ergaster af.[11] OmdatH. ergaster vermoedelik die voorouers van hierdie latereHomo-spesies was, kon dit in Afrika bestaan het tot omtrent 600 000 jaar gelede, toe breingrootte vinnig toegeneem enH. heidelbergensis ontstaan het.[34]

Verspreiding uit Afrika

[wysig |wysig bron]
Agtereenvolgende verspreidings van    Homo ergaster /Homo erectus (geel),    Homo neanderthalensis (oker) en    Homo sapiens (rooi).

H. erectus word tradisioneel beskou as die eerste hominien wat Afrika verlaat het om in Europa en Asië te gaan woon. AsH. ergaster 'n aparte spesie vanH. erectus is, sal dié rol eerder opH. ergaster toegepas kan word.[26][11] Baie min konkrete inligting bestaan oor wanneer en watterHomo-spesie eerste in Europa en Asië aangekom het, want fossiele uit die vroeë Pleistoseen is op albei kontinente skaars. Die teenwoordigheid vanH. erectus-fossiele in Oos-Asië beteken 'n menslike spesie, heel waarskynlikH. ergaster, het Afrika meer as 1 miljoen jaar gelede verlaat.[35] Vroeër is gereken hulle is tussen 1,9 miljoen en 1,7 miljoen jaar gelede uit Afrika uit.[22] Ontdekkings inGeorgië enChina stoot die laaste moontlike datum verder terug: tot voor 2 miljoen jaar gelede. Dit werp ook twyfel op die idee datH. ergaster die eerste hominien was wat Afrika verlaat het.[36]

Die algemene aanvaarding is dat hominiene óf oor die suidekant van dieRooisee óf met dieNylvallei langs uit Afrika migreer het, maar daar is nie in een van dié streke enige fossiele hominiene uit die vroeë Pleistoseen nie. Die vroegste bekendeHomo-fossiele buite Afrika is dieDmanisi-skedels van Georgië (tussen 1,77 miljoen en 1,85 miljoen jaar oud),[36] wat óf 'n vroeëH. ergaster óf 'n nuwe takson (H. georgicus) verteenwoordig; die tande van Ubeidiya inIsrael (sowat 1,4 miljoen tot 1 miljoen jaar oud) en die fossiele van dieJavamens (H. erectus erectus, meer as 8 000 km van daar).[31] Ubeidiya is ook die oudste bevestigde vindplek buite Afrika vanAcheuleense gereedskap (iets wat metH. ergaster verbind word). Die gereedskap wat ontdek is, lyk baie soos ouer gereedskap wat in Oos-Afrika gevind is.[35]

Die vroegste fossielbewyse vanHomo in Asië is die genoemde Dmanisi-skedels, wat baie eienskappe metH. ergaster in Afrika deel. Dit dui daarop datH. ergaster so vroeg as 1,7 miljoen tot 1,9 miljoen jaar gelede uit Afrika versprei het.[37] Benewens eienskappe vanH. ergaster, stem baie van die Dmanisi-skedels se eienskappe ook ooreen met dié van vroeëre hominiene, soosH. habilis, en die terrein ontbreek bewaarde handbyle (wat metH. ergaster verbind word). Dit beteken hominiene kon selfs voorH. ergaster uit Afrika versprei het.[21] Veral skedel D2700 (Dmanisiskedel 3) lyk soos dié vanH. habilis. Dit beteken meer as twee groepe argaïese mense kon Afrika vroeg verlaat het.[33] Verder is steengereedskap wat deur hominiene gemaak is, op die Loessplato China ontdek en gedateer as 2,12 miljoen jaar oud, wat beteken hominiene moes Afrika voor dié tyd verlaat het.[36]

'n Alternatiewe historiese hipotese is datHomo in Asië ontstaan het uit vroeëre voorouers wat uit Afrika daarheen migreer het. Hulle het terug na Europa versprei, waar dit gelei het totH. sapiens. Dit was die mening van Eugène Dubois, wat die Javamens in die 19de eeu beskryf het wat toe die oudste bekende hominienfossiele was. Hy het dit gebruik om die hipotese te bewys. Hoewel die ontdekking vanAustralopithecus en vroeëreHomo in Afrika betekenHomo self se oorsprong lê nie in Asië nie, word die idee datH. erectus (ofH. ergaster) wel het, en toe terug na Afrika versprei het, soms weer opgehaal.[38]

Anatomie

[wysig |wysig bron]

Bou en voorkoms

[wysig |wysig bron]
Skelet KNM-WT 15000 (die "Turkana-seun"), 'n sewe tot 12 jaar oueHomo ergaster.

Die enigste goed bewaarde skeletfossiel vanH. ergaster is dié van dieTurkana-seun. Anders asAustralopithecus, was die verhouding tussen die seun se arms en bene nie groter as dié van lewende mense nie. Verder het die keëlvormige torso van hulle voorouers ontwikkel in 'n meer vaatjievormige bors bo smal heupe, nog 'n ooreenkoms met moderne mense.[39] Dieskeenbeen van die Turkana-seun is relatief langer as dié in mense, wat dalk beteken hulle knieë het meer gebuig wanneer hulle geloop het.[40] Die skraal, lang bou van die Turkana-seun kan verduidelik word aan die hand daarvan datH. ergaster in warm, droë omgewings gewoon het, want 'n skraal liggaam beteken groter hitteverspreiding.[41]

H. ergaster-individue was aansienlik langer as hulle voorouers. Terwyl die beroemdeAustralopithecus-fosielLucy sowat 'n meter lank sou gewees het met haar dood, was die Turkana-seun sowat 1,62 m lank, en hy sou moontlik as 'n volwassene tot 1,82 m lank geword het.[39]

OmdatH. ergaster by 'n warm, droë klimaat aangepas het, was hulle dalk die eerste menslike spesie wat 'n haarlose liggaam gehad het.[41] Hoewelsweet die algemeen aanvaarde verduideliking vir haarloosheid is, is ander moontlike redes minderparasiete[42] enseksuele seleksie.[43]

Haarverlies kon ook vroeër as byH. ergaster voorgekom het. Hoewel geen hominienfossiele velafdrukke gelaat het nie, is dit moontlik dat menslike voorsate reeds drie miljoen jaar gelede hare verloor het. Menslike voorouers het sowat drie miljoen jaar geledeplatluise van gorillas gekry en spesievorming van gorilla- na menslike platluise was dalk net moontlik omdat mense teen dié datum die meeste van hulle liggaamshare verloor het.[44]

Skedel en gesig

[wysig |wysig bron]
'n Rekonstruksie vanH. ergaster, Amerikaanse Natuurgeskiedenismuseum.

Verskille met moderne mense sou geredelik sigbaar gewees het in die gesigte en skedels vanH. ergaster. Die Turkana-seun was amper volgroei tot hy dood is, maar die volume van sy skedel (880 cm3) was net sowat 130 cm3 groter as die maksimum vanH. habilis, wat sowat 500 cm3 onder die mens se gemiddelde was. Die toename van 130 cm3 vanH. habilis af raak heelwat kleiner as 'n mens die liggaamsgrootte van die Turkana-seun enH. ergaster in ag neem.[45] Met al die skedels vanH. ergaster in ag genome, wissel die spesie se breinvolume gewoonlik tussen 600 en 910 cm3. Omdat hulle breine kleiner as mense s'n was, het hulle skedels dadelik agter die oogkaste vernou.[40]

KNM ER 3733, 'n beroemde skedel vanHomo ergaster.

Die harsingskas was lank en laag, en die Turkana-seun se voorkop was plat. 'n Merkbare verskil tussen die Turkana-seun aan die een kant enAustralopithecus enH. habilis aan die ander, sou eersgenoemde se neus gewees het. Dit sou baie soos die mens s'n gelyk het: Dit het vooruit gesteek en die neusgate was afwaarts gedraai. Dié eksterne neus kon ook 'n aanpassing by 'n warmer klimaat gewees het, want mense se neus is gewoonlik koeler as die res van hulle liggaam. Dit kondenseer klammigheid wat andersins uitgeasem sou geword en verlore sou gegaan het tydens tydperke van groter aktiwiteit.[45] Die Turkana-seun se gesig sou langer as die mens s'n gewees het, en die kakebeen sou verder vooruit gesteek het. Hoewel die kakebene en tande kleiner as dié van die gemiddeldeAustralopithecus enH. habilis was, was hulle steeds heelwat groter as moderne mense s'n.[41]

Hoewel die Turkana-seun ouer as 12 jaar was toe hy dood is, stem sy gestalte meer ooreen met 'n moderne 15-jarige s'n en sy brein met 'n moderne eenjarige s'n. Teen moderne standaarde souH. ergaster duskognitief beperk gewees het, hoewel die uitvinding van nuwe gereedskap wys hulle was intelligenter as hulle voorouers.[46]

Liggaamsmassa en geslagsdimorfie

[wysig |wysig bron]
'n Rekonstruksie van dieTurkana-seun deur Adrie en Alfons Kennis.

H. ergaster het 'n aansienlik groter liggaamsmassa gehad as vroeëre hominiene soos die vroeëHomo,Australopithecus enParanthropus.[17]Australopithecus se gewig het gewoonlik gewissel tussen 29 en 48 kg enH. ergaster s'n tussen 52 en 63 kg.[47] Dit is moontlik dat die groter liggaam die resultaat van 'n lewe in die oop savanne was, omdat meer kos in groter gebiede gesoek en groter prooi gejag kon word, en omdat dit beweeglikheid vergroot het.[17] Die groter liggaamsmassa sou ook beteken het ouers sou hulle kinders kon dra totdat hulle ouer en swaarder was.[47]

Hoewelgeslagsdimorfie histories genoem is as een van die groot verskille tussenH. ergaster en vroeëreHomo enAustralopithecus,[17][31] is dit moeilik om geslagsdimorfie in uitgestorwe spesies te bepaal, omdat die geslag van die fossiele gewoonlik nie vasgestel kan word nie.

Groei en ontwikkeling

[wysig |wysig bron]

Die dimensie van 'n 1,8 miljoen jaar oue, volwasse, vroulikeH. ergaster-bekken van Gona,Ethiopië, dui daarop datH. ergaster in staat sou gewees het om die lewe te skenk aan kinders met 'n maksimum voorgeboortelike breingrootte van 315 cm3, sowat 30-50% van 'n volwassene se brein. Dit val sowat halfpad tussen sjimansees (~40%) en moderne mense (28%).[48] DieMojokerto-kind, 'n eenjarige AsiatieseH. erectus van tussen 1,4 miljoen tot 1,5 miljoen jaar oud, het die breingrootte van sowat 72-84% van dié van 'n volwasseH. erectus gehad, wat dui op 'n breingroei wat meer met dié van andergroot ape ooreenstem as met moderne mense s'n.[49] Beide die Gona-bekken en Mojokerto-kind dui daarop dat die voorgeboortelike groei vanH. ergaster soortgelyk aan dié van die moderne mens was, maar die nageboortelike groei en ontwikkeling halfpad tussen sjimansees en moderne mense s'n.[48]

Die vinniger ontwikkelingstempo dui daarop dat 'n langer kindertyd en 'n lang tydperk van afhanklikheid van die ouers in 'n latere stadium van diemenslike evolusie ontwikkel het, moontlik in dielaaste gemeenskaplike voorsaat van Neanderdallers en moderne mense.[49] Dit kan ook beteken die verwagte lewensduur vanH. ergaster enH. erectus was korter as dié van latere en moderne mense.[50]

Kultuur

[wysig |wysig bron]
Die kakebeen vanHomo ergaster (KNM ER 992 regs bo, gemerk asHomo erectus) in vergelyking met die kakebeen van ander lede van die genusHomo.

Eetgewoontes

[wysig |wysig bron]

H. ergaster het waarskynlik meer diervet as sy voorgangers geëet. Dit het meer energie toegelaat vir breingroei en het die brein se grootte laat toeneem.[51][52]

As hulle meer energie nodig gehad het, souH. ergaster baie meer moes geëet het asAustralopithecus of sou hulle kos van veel beter gehalte moes geëet het. Die kakebene en tande vanH. ergaster was kleiner as dié vanAustralopithecus, wat dui op 'n verskuiwing in dieet weg van veselryker kos wat moeiliker was om te kou. Hulle het ook 'n klein maag gehad, wat betekenH. ergaster sou kos moes geëet het wat makliker verteerbaar was, wat ook op 'n beter gehalte dui.[53]

H. ergaster het waarskynlik meer vleis asAustralopithecus geëet.[53] Vleis is dalk bekom met 'n kombinasie van lokvalle, aktiewe jagmetodes en mededinging omaas. Vleis alleen kon egter nie voldoende gewees het vir dieH. ergaster se kosbehoeftes nie. Die topprooi wat beskikbaar was, het min vet gehad, en diëte met baie vleis verhoog die behoefte aan die inneem van water, wat moeilik sou gewees het in 'n oop, warm omgewing.

H. ergaster sou daarom benewens vleis ook 'n groot verskeidenheid ander kosse moes geëet het, soossade,heuning,neute enongewerweldes,[54] asook voedsamewortels,knolle en ander ondergrondse plantbergingsorgane.[41] Vanweë hulle klein kouvermoë sou die gebruik van gereedskap nodig gewees het om die kos te bewerk voordat dit geëet is.[55]

Sosiale struktuur en dinamika

[wysig |wysig bron]
'n Diagram van fossiele spore van twee terreine naby Ileret, Kenia, wat aanHomo ergaster /Homo erectus toegeskryf word.

H. ergaster het op die Afrika-savanne gewoon, wat gedurende die Pleistoseen die tuiste van veel meerkarnivore was as tans. Hominiene kon dalk net by die savanne aangepas het as hulle roofdiere doeltreffend afgeweer het. Dit sou beteken hulle moes in groot groepe gewoon, steen- en dalk houtgereedskap gehad en doeltreffende teenaanvalstrategieë gevestig het. Moderneprimate wat baie tyd op die savanne deurbring, soos sjimpansees enbobbejane, vorm groot groepe met baie mannetjies waarin die mannetjies doeltreffend saamwerk om roofdiere af te weer, soms met die gebruik van klippe en stokke, om die groep te beskerm. Dit is moontlik dat die vroeëHomo dieselfde gedrag geopenbaar het. Hulle kon dalk nesbonobo's en sjimpansees manlike bonde gevorm het. Weens die skaarste aan fossiele, is dit moeilik om vas te stel hoe groot die groepe van vroeëHomo was. Groepe was moontlik groot, sowat 100 individue of meer, as na groepe sjimpansees en bobbejane gekyk word.[56]

InH. ergaster het dié gedrag waarskynlik verder ontwikkel. Hulle was moontlik die eerste primate watjagter-versamelaars was.[56] Predasie (die verorbering van diere in groot groepe) het dalk 'n kaskade van evolusionêre veranderings teweeggebring wat die gang van die menslike ontwikkeling verander het. Koöperatiewe gedag soos jag in groot groepe, verdediging teen roofdiere en mededinging om aas sou kritiek gewees het vir oorlewing, en dus het 'n basiese oorgang in sielkunde moontlik geleidelik plaasgevind. Nes by moderne primate, was jag by argaïese mense vermoedelik hoofsaaklik 'n manlike aktiwiteit. Vroue was waarskynlik verantwoordelik vir die insameling van ander soorte kos, soos vrugte, neute en eiers.[57]

Die deel van kos het waarskynlik hegte bande tussen die lede van 'n groep gesmee. Dit kon gelei het tot vriendskappe tussen mans en vroue en later tot die vorming van monogame paartjies. Omdat vroue in seksuele seleksie 'n voorkeur toon vir mans wat jag, is dié gedrag deur geslagte oorgedra en versterk.[57]

Die enigste regstreekse bewys datH. ergaster in groepe gewoon het, is 'n paar terreine by Ileret in Kenia, waar 97 voetspore van 1,5 miljoen jaar gelede deur 'n groep van minstens 20 individue bewaar gebly het. Na aanleiding van die grootte van die spore, is een stel net deur mans getrap. Dit dui op 'n gespesialiseerde taak, soos jag, 'n grenspatrollie of 'n soektog na aas. Dit versterk die idee van 'n skeiding tussen mans en vroue wat verantwoordelikhede betref.[58]

Gereedskap

[wysig |wysig bron]
Sien ook:Acheuleen
Replikas van handbyle soos wat algemeen in dieAcheuleen voorgekom het.

VroeëH. ergaster het die Oldowan-gereedskapkultuur vanAustralopithecus en vroeëreHomo geërf, maar het gou geleer hoe om veel groter steenvlokkies af te skilfer as hulle voorouers en tydgenote. Teen 1,65 miljoen jaar gelede het hulle die uitvoerig afgeskilferde artefakte en vroeë handbyle gemaak wat die Acheuleense kultuur kenmerk,[11] en teen 1,6 miljoen tot 1,4 miljoen jaar gelede was die nuwe gereedskapnywerheid goed in Oos-Afrika gevestig.[59]

Die Acheuleense gereedskap verskil van dié van vroeëre beskawings, wat waarskynlik meestal gebruik is om die doppe van neute mee oop te kraak. Die meeste handbyle vanH. ergaster is gemaak om smal, skerp voorwerpe mee te splinter, meestal in 'n traandruppel-, ovaal of driehoekige vorm.[34]

Ondanks die naam het handbyle nie 'n spesifike vorm of funksie gehad nie. Dit het in alle groottes en vorms voorgekom en is vir verskeie doeleindes gebruik. Versigtig gevormde en simmetriese handbyle is dalk gebruik om prooi mee te gooi, terwyl ander bloot gedra is om klippe mee te splinter of hout mee te kap. Dit is dalk ook soms gebruik om karkasse mee af te slag.[60] Die gereedskap het nie veel verander deur die bestaan vanH. ergaster nie.[60]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Hazarika, Manji (16–30 Junie 2007). "Homo erectus/ergaster and Out of Africa: Recent Developments in Paleoanthropology and Prehistoric Archaeology".
  2. Tattersall 2013, p. 5.
  3. Tattersall 2013, p. 14.
  4. Wood, Bernard; Doherty, Dandy; Boyle, Eve (29 Mei 2020)."Hominin Taxic Diversity".Oxford Research Encyclopedia of Anthropology (in Engels).doi:10.1093/acrefore/9780190854584.013.194.ISBN 9780190854584. Besoek op19 April 2021.
  5. R. Dawkins, The Ancestor's Tale, 2004, p.59.
  6. Ben-Dor, Miki; Sirtoli, Raphael; Barkai, Ran (2021)."The evolution of the human trophic level during the Pleistocene".American Journal of Physical Anthropology.175: 27–56.doi:10.1002/ajpa.24247.PMID 33675083.
  7. Tattersall 2013, p. 1.
  8. Tattersall 2013, p. 2.
  9. Tattersall 2013, pp. 3–4.
  10. 10,010,1Tattersall 2013, p. 4.
  11. 11,011,111,211,311,411,5Klein 2005, p. 85.
  12. 12,012,112,2Roberts 2018, p. 116.
  13. Antón 2003, p. 127.
  14. Brown et al. 1985, p. 788.
  15. 15,015,1Brown et al. 1985, p. 789.
  16. Wang et al. 2004, p. 453.
  17. 17,017,117,217,3Aiello & Wells 2002, p. 324.
  18. Wood & Collard 1999, p. 65.
  19. 19,019,1Strait, Grine & Fleagle 2015, p. 2006.
  20. Antón, S. C. (2003), Natural history ofHomo erectus. Am. J. Phys. Anthropol., 122: 126–170. doi:10.1002/ajpa.10399
  21. 21,021,1Dennell & Roebroeks 2005, p. 1100.
  22. 22,022,122,2Klein 2005, p. 92.
  23. Antón 2003, p. 154.
  24. Baab 2008, p. 841.
  25. Baab 2008, p. 842.
  26. 26,026,126,2Tattersall 2013, p. 15.
  27. Tattersall 2013, p. 8.
  28. Tattersall 2013, p. 9.
  29. Schwartz 2000, pp. 55–56.
  30. Bonde 2012, p. 171.
  31. 31,031,131,2Dennell & Roebroeks 2005, p. 1099.
  32. Herries et al. 2020.
  33. 33,033,1Klein 2005, p. 104.
  34. 34,034,1Klein 2005, p. 93.
  35. 35,035,1Klein 2005, p. 101.
  36. 36,036,136,2Zhu et al. 2018, p. 608.
  37. Klein 2005, p. 103.
  38. Larick & Ciochon 1996, p. 1.
  39. 39,039,1Klein 2005, p. 87.
  40. 40,040,1Roberts 2018, p. 117.
  41. 41,041,141,241,3Klein 2005, p. 88.
  42. Pagel & Bodmer 2004, p. 329.
  43. Giles 2010, p. 326.
  44. Ruxton & Wilkinson 2011, p. 20967.
  45. 45,045,1Klein 2005, pp. 87–88.
  46. Klein 2005, p. 89.
  47. 47,047,1Aiello & Wells 2002, p. 325.
  48. 48,048,1Simpson et al. 2008, p. 1090.
  49. 49,049,1Coqueugniot et al. 2004, pp. 299–302.
  50. Caspari & Lee 2004.
  51. Ungar, Grine & Teaford 2008, pp. 208–228.
  52. Ben-Dor et al. 2011.
  53. 53,053,1Aiello & Wells 2002, p. 326.
  54. Aiello & Wells 2002, p. 327.
  55. Janssen, Sept & Griffith 2007, p. 308.
  56. 56,056,1Willems & Schaik 2017, p. 17.
  57. 57,057,1Willems & Schaik 2017, p. 19.
  58. Hatala et al. 2016, pp. 1–7.
  59. Klein 2005, p. 94.
  60. 60,060,1Klein 2005, p. 95.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Skakels

[wysig |wysig bron]
Taksonomie
(Hominini)
Gemeenskaplike voorouers
Australopithecus
Ardipithecus
Australopithecus
Paranthropus
Mense en
voormense
(Homo)
Voormense
Homo erectus
Oermense
Moderne mens
Homo sapiens
Voorouers
Ander artikels
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Homo_ergaster&oldid=2688919"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp